Springpoint: Gerieflik, persoonlik

finansies-geld-sente-rand-beleggings

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Dit gebeur dikwels dat mens soms aan die beste raad blootgestel word as iemand jou daarvan vertel. Dis hoe dit was met hierdie skrywer ’n klompie maande gelede, toe iemand na aan my vir my vertel het van Verifi se unieke webwerf.

Ek het onlangs ’n gesinslid aan die dood afgestaan en het hardop gewonder wat van daardie persoon se finansiële beleggings en dies meer sou word. Die gesprek het gaan draai by Verifi en ek is aangemoedig om dit te probeer.

Skepties soos altyd en skrikkerig om persoonlike besonderhede sommer-so uit te gee, veral oor die internet, het ek tog besluit om dit ’n kans te gee en het die webwerf uiteindelik besoek – onder begeleiding. Gelukkig ken ek my ID nommer uit my kop uit en het sommer myself as proefkonyn beskikbaar gemaak.

Ek was glad nie teleurgesteld nie. Trouens, ek was heel beïndruk met die vinnige uitslag. Ek het skaars my besonderhede op die aanlyn vorm ingedien, toe my foon kort daarna lui en ’n vriendelike stem my op my naam groet. ’n Paar eenvoudige vrae om my identiteit te bevestig later was die hele proses reeds aan die gang voordat my koffie koud kon word. Dieselfde week nog was my navrae verder opgevolg. Dalk was ek net gelukkig, maar die beste van als was dat ek dit in my eie taal kon doen.

Wat is Verifi? Jy kan die volle artikel hier lees, of besoek die webwerf by verifi.co.za (nou ook in Afrikaans). Verifi bied ’n eenvoudige en maklike aanlyn hulpmiddel om alle lewensversekering- en beleggingspolisse na te gaan wat aan enige SA burger se ID-nommer gekoppel is. Dit klink na ’n mondvol, veral vir ’n leek soos myself. As ek dit op my eie moes probeer doen, was ek nou nog besig. Deur Verifi was ’n hele span kundiges beskikbaar om dit namens my te doen. Daar was geen verpligtinge nie en die hele proses was veilig en gratis.

Gratis? Inderdaad. Verifi se diens word ten volle geborg deur Springpoint Finance, ’n geregistreerde finansiëlediensteverskaffer. Nadat Verifi se vriendelike en behulpsame span my help bevestig het dat ek nie veel van ’n finansiële portefeulje besit nie (iets wat ek ongelukkig reeds geweet het), het hulle my die geleentheid gebied om met kundiges te gesels oor hoe om dit te verander. Dit is hoe ek by Springpoint Finance uitgekom het.

Met meer as 25 jaar se ondervinding in die bedryf en met ’n vars aanslag op die soms bedompige wêreld van tradisionele finansies, was dit soos ’n skeppie vars lug om met mense te praat wat werklik bereid was om te help. Aangesien meeste van die noodsaaklike inligting reeds bekend was, te danke aan Verifi, was hulle vriendelike personeel goed voorbereid om aan my pasgemaakte raad te kon gee oor dienste en produkte wat geskik sou wees aan my en my finansiële omstandighede.

Springpoint Finance se lys van dienste is indrukwekkend: lewensverskering, ongeskiktheidsdekking, studieplanne, spaarplanne, annuïteite, pensioen, begrafnisdekking, beleggings… die lys gaan aan. So het ek ook meer geleer van moontlikhede waarvan ek nie eens bewus was nie. Waarvan ek die meeste gehou het, was dat hul raad sodanig gebied was om my soveel besparings as moontlik te bied.

Ek het toe voortgegaan om my wyle gesinslid se polisse na te gaan as derde party. Dit was ’n pynlose ervaring, iets waarvoor ons almal dankbaar was onder die hartseer omstandighede. Ons is as gesin baie tyd, onnodige moeite en leed gespaar.

Ek is bly ek het die raad gevolg. Deur die hele proses het ek nie een keer my motor aangeskakel of na parkering gesoek in ’n bedrywige middestad nie. Ek kon alles per telefoon afhandel in die gerief van my eie huis, met my tweede koppie koffie nog warm in my hand.

Besoek springpointfinance.co.za vir meer inligting en neem beheer oor jou finansies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.