Tegnologie in gesondheidsorg bied uitsonderlike beleggingsgeleenthede

(Foto verskaf)

In 2021 het tegnologie uitgestaan as ʼn sentrale fokuspunt vir alle besighede, aangesien dit noodgedwonge oplossings en vindingrykheid meegebring het. Soos ons 2022 binnegaan, leef ons in ’n doen-enigiets-van-enige-plek-ekonomie wat moontlik gemaak word deur ‘n groeiende data-ekosisteem. Daar word beraam dat nagenoeg 65% van die wêreldwye bruto binnelandse produk (BBP) vanjaar digitaal sal wees.

Met dit in gedagte, het ons die afgelope paar jaar reeds tegnologieverskuiwings opgemerk in dominante bedrywe soos gesondheid, wat die begin van transformasie en data-ekosisteme dryf. So ’n voorbeeld is die vindingryke digitale platform, SA Doctors App met sy gratis slimfoongesondheids-app. Sedert sy intrede in die gesondheidsmark in 2016, is meer as 1,5 miljoen gebruikers bygestaan deur hul in tye van nood aan mediese praktisyns te verbind.

Die aanvanklike sukses van hierdie tegnologieplatform in gesondheid, was grootliks te danke aan die data-funksionaliteit en effektiwiteit om die verbruiker in ’n japtrap met die mediese diensverskaffer te verbind. In die nuwe data-era, is suiwer digitaal nie meer ’n genoegsame onderskeiding nie. Data kan gesien word as die brandstof van die digitale ekonomie. Aangevuur deur die onkeerbare groei van data, lei opkomende digitale tegnologieë ’n nuwe era van innovasie in. In gesondheid word organisasies soos SA Doctors App se mededingende voordeel direk bepaal deur die spoed waarteen data omgeskakel word. Dit het gelei na ’n pasiënt-gesentreerde stelsel wat besigheidsuitkomste dryf en nuwe waarde skep vir die privaat- en staatspasiënt.

‘n Onderneming se trajek-vooruitsigte word deesdae gebaseer op sy vermoë om data doeltreffend te myn, te berg en behoorlik te bestuur. Die onderneming is dus gewapen met meer data-insigte en tyd om te fokus op die skep van nuwe waarde met tegnologie. Soos die blote volume, verskeidenheid en snelheid van data aanhou groei, sal meer organisasies boonop ‘n kultuur skep wat data-gereed is en in tegnologie belê om te outomatiseer en te skaal.

“Ons het digitale transformasie in gesondheidsorg gesien as die positiewe impak wat tegnologie op gesondheidsorg kan hê,” sê Willie van Zyl, stigter van SA Doctors App.

“Alhoewel hierdie tektoniese verskuiwing in Suid-Afrika agtergebly het, in vergelyking met ander dele van die wêreld, omhels ons ten volle die ‘internet van dinge’ (IoT), wat deel uitmaak van die Vierde Nywerheidsrevolusie (4IR) – wat gesondheidsorg meer toeganklik en meer bekostigbaar maak. Wat betref digitale innovasie sluit die resultate vaartbelyning van dokters se werk, optimalisering van stelsels, verbetering van pasiëntuitkomste, vermindering van menslike foute, verlaging van koste deur web- en mobiele interaksie en groter toeganklikheid in.”

Die SA Doctors App is aanvanklik ontwikkel om die gebruiker binne ‘n paar oomblikke met sy/haar naaste mediese praktyk, hospitaal, apteek of veearts te verbind. Die digitale platform het virtuele konsultasies met dokters moontlik gemaak, insluitend ‘n padkaart om te help met die vinnigste roete. Sedert die aanvang daarvan het vennootskappe met sagtewaredienste en produkte op ‘n uiteenlopende manier uitgebrei om groot sakelui soos Intercare, Arrie Nel-apteekgroep en Solidariteit in te sluit.

SA Doctors App is ’n baie unieke digitale ekosisteem aangesien dit tans fokus op die pasiënt se gesondheidsreis. Dit beteken dat ons die pasiënt bystaan om sodoende sy/haar mediese inligting, afsprake, besprekings en ander aspekte beter te kan bestuur. Verdere ontwikkeling sluit ook aspekte in soos persoonlike sekuriteit, mediese finansiering en mediese versekering. Weens al die tegnologiese ontwikkeling, het SA Doctors App sy portefeulje oopgemaak om beleggingsgeleenthede op kort en lang termyn met bogemiddelde opbrengste in te sluit. Hierdie uiteenlopende beleggingsgeleenthede is ‘n baie unieke voorstel vir die privaat sektor.

Om meer uit te vind aangaande hierdie fantastiese geleentheid, kontak SA Doctors App en stuur ‘n versoek deur hier te klik. Laai die SA Dokters App gratis af om maklike toegang tot u naaste mediese praktisyn te verseker of besoek die webtuiste by www.sadoctorsapp.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.