Testament noodsaaklik indien kinders wees gelaat word

Argieffoto (Foto verskaf deur Capital Legacy)

Navorsers bestempel Covid-19 as ’n “hartverskeurende versteekte epidemie” en na raming is duisende kinders in Suid-Afrika en moontlik miljoene kinders wêreldwyd wees gelaat omdat hulle ouers en versorgers aan die dood afgestaan het.

“Kinders van alle ouderdomme treur en ervaar dalk ook onvoldoende sorg, die veranderde bui van die oorlewende ouer of versorger, te min kos, marginale behuising en gesinne en selfs families wat uitmekaar spat,” lui ʼn studie deur Lancelet Child & Adolescent Health. “Jonger weeskinders het onmiddellike, voltydse koestering en voortgesette steun nodig vir kinderontwikkeling. Die gehalte van sorg het ’n invloed op voortspruitende ontwikkeling, gesondheid en geestelike gesondheid.”

Volgens die studie word tieners, wat weeskinders word (oor verskeie kontekste heen), ook deur risiko’s in die gesig gestaar soos seksuele geweld, uitbuiting, MIV/Vigs-besmetting, selfdood en kinderarbeid. Jeugswangerskappe, vervreemding van familie, armoede in huishoudings en skoolverlating om vir die jonger sibbe te sorg word ook hierby ingesluit.

Die navorsing definieer weeskindskap as die dood van een of albei ouers; die verlies van ’n primêre versorger weens die dood van een of albei ouers, of een of albei mede-inwonende versorgende grootouers tussen die ouderdomme van 60 en 84 jaar.

Wat gebeur met weeskinders as daar geen testament opgestel is nie?

Jou kinders mag in ’n plek van veiligheid onder die volgende omstandighede geplaas word: jy sterf sonder ’n testament en jy het geen wettige voogde aangewys en/of hulle kan nie maklik gekontak word nie.

Asof dit nie erg genoeg is dat jou kinders die uiterste trauma van jou dood moet beleef nie, is die gedagte dat hulle nog uit hulle huis weggeruk kan word, byna te erg vir enige ouerhart om te hanteer. Maar dit gebeur, en selfs op ’n groter skaal sedert die aanslag van Covid-19, soos wat die genoemde studie aandui.

Hoe word ’n kind in ’n plek van veiligheid geplaas?

’n Maatskaplike werker of polisielid mag meen dat ’n kind versorging en beskerming dringend benodig en dat enige uitstel die kind in gevaar sal stel. Die kind mag dan verwyder word sonder ’n hofbevel en in ’n plek van tydelike veilige versorging geplaas word (hoofstuk 9, artikel 152 van die Kinderwet).

Kinders word dikwels tydelik in die sorg van vriendelike bure, vriende of familielede gelaat tot die hof besluit waar hulle permanent geplaas moet word. Bygesê, dit is slegs as die bure, vriende of familie bereid is om te help.

’n Testament kan bogenoemde scenario verhoed en is een van die grootste gunste wat jy vir jou minderjarige kinders kan doen.

Mites oor die opstel van ’n testament:

Ouers, en veral enkelouers, werk partykeer so hard om in hulle kinders se behoeftes te voorsien dat hulle eenvoudig nie die tyd het om ’n testament te laat opstel nie. Verskeie mites kan ook bydra tot die uitstel om ’n testament te laat opstel:

  • Tydrowend: Die meeste mense dink dit sal baie tyd en moeite verg om ’n testament op te stel en hulle bly dit uitstel tot “eendag” toe.
  • Koste: Baie mense dink dit is baie duur om jou testament deur ’n kundige te laat opstel.
  • Slegs vir die welgesteldes: Baie mense dink ook dat testamente net vir die welgesteldes en diegene met baie bates soos veelvoudige eiendomme en maatskappye van nut is.

Dié drie mites is nonsens en Capital Legacy het die afgelope tien jaar meer as 380 000 Suid-Afrikaners gehelp om hulle testamente op te stel. Daar is egter nog baie harde werk wat voorlê om die afgryslike statistiek in dié verband in Suid-Afrika reg te stel.

Covid-19 het getoon dat hele huishoudings kan sterf, wat die dringende behoefte beklemtoon vir ouers om ’n testament op te stel.

Enkelouers in Suid-Afrika

Die aantal enkelouers in Suid-Afrika is amper net so skokkend as die aantal Covid-19-weeskinders. Navorsing wat oor vyf jaar gestrek het, toon dat 60% van Suid-Afrikaanse kinders afwesige vaders het. Meer as 40% van Suid-Afrikaanse mammas is enkelouers. Dié navorsing is gedoen deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) en in 2019 gepubliseer (voor die impak van Covid-19).

Die meeste minderjarige kinders in Suid-Afrika (43%) bly by hul biologiese ma; 2% by hul biologiese pa; en 19% bly nie by enige van hul biologiese ouers nie. Dit is hartverskeurend dat slegs 36% van Suid-Afrikaanse kinders by albei hul ouers bly.

Die definisie van ’n enkelouer is “iemand wat ’n kind of kinders het, maar geen man, vrou of (lewens)maat het wat saam met hulle bly nie”.

Nog ’n statistiek wat ’n mens koue rillings gee is dat slegs 25% van ongeveer 60 miljoen Suid-Afrikaners ’n geldige testament gereed het. Dit beteken dat 75% van ons kinders se toekoms in die hande van die staat gelaat word ná ons te sterwe kom. Dieselfde geld die administrasie van Suid-Afrikaners se boedels, wat daartoe kan lei dat jou erfenis onregverdig verdeel word.

Wat gebeur met my bates as ek sonder ’n testament tot sterwe kom?

Indien dit gebeur, sterf jy intestaat. Omdat minderjarige kinders nie toegelaat word om hulle eie bates te besit nie, sal die meester van die hooggeregshof in so ’n geval ’n eksekuteur aanstel om na die administrasie van jou boedel om te sien. Buiten krediteure word voorkeur wat jou boedel betref, aan gades en kinders verleen.

Die bates wat na jou minderjarige kinders moet gaan, kan dan in die staat se voogdyfonds geplaas word. Die staat het die voogdyfonds doelbewus geskep om geld te ontvang en te bestuur namens mense wat regsongeskik is of wat nie na hulle eie sake kan omsien nie. Dit sluit minderjariges en verstandelik gestremde mense in. Die hof sal ook ’n voog vir jou minderjarige kinders aanstel. Die voog mag dan eise instel teen die voogdyfonds om voorsiening te maak vir die kinders se uitgawes.

Dit is egter ’n moeisame proses en alle eise word noukeurig nagegaan om vals eise uit te skakel, wat lank kan duur. As daar enige bates oor is teen die tyd wat die minderjarige kinders 18 word, mag hulle by die voogdyskapfonds aansoek doen om hulle bates aan hulle oor te dra.

Die voordele van ’n testament

  • Die ouer nomineer voogde vir die kinders. Dit beteken dit is mense wat die ouer én die kind ken en vertrou. Dit is uiters belangrik dat meer as een voog benoem word. Indien die ouer tot sterwe kom, sal die nominasie aandui met wie kontak gemaak kan word, as die voogde wat eerste genomineer is nie in die hande gekry kon word nie.
  • ’n Testament sorg ook dat verwarring vermy word tussen familielede wat erfstukke of ander bates betref en wys ook ’n eksekuteur aan om die boedel tot uitvoering te bring.
  • Bates wat aan kinders toegewys word, kan in ’n testamentêre trust gelaat word wat professioneel deur ’n betroubare maatskappy soos Capital Legacy bestuur word. Dit sal die kinders se toekoms beveilig en sake hanteer soos eiendom wat as deel van die erfenis agtergelaat word; die geldsake hanteer; en bepaal wat die geskikte ouderdom sal wees om al die gelde aan die kinders uit te keer.
  • Om ’n testament te hê tesame met ’n testamentêre trust vir minderjariges, maak dit ook aansienlik makliker en vinniger om toegang tot geld vir die kinders te kry.
  • Capital Legacy sal ook bereken wat die verskillende kostes is wat daarmee gepaard gaan as ’n mens tot sterwe kom. Dit sluit in koste vir die eksekuteur, oordragskoste en trustkoste. Capital Legacy sal ook raad gee oor hoe om dié koste te temper om te verseker dat jou boedel nie finansieel oorlaai is weens likiditeitskwessies nie.

Om jou testament deur middel van Capital Legacy op te stel, is vinniger en makliker as wat jy mag dink. Die blote wete dat jou kinders versorg is en hulle erfenis opgepas sal word indien jy tot sterwe kom, sal ’n ouer beslis help om snags lekkerder te slaap.

Capital Legacy spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Besoek www.capitallegacy.co.za of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.