Testamenteweek in SA: Nalatenskap, hoe belangrik is dit?

Wat het ʼn flatervrye sjokoladekoekresep dan nou met testamente te doen? Corlea Botha en Juandré Marais het by die finansiële kenner Wouter Snyman gaan uitvind. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Elke mens, almal, selfs jy, gaan iets nalaat. Die impak van die keuses wat jy op jou lewensreis maak, het egter ʼn positiewe of ʼn negatiewe uitwerking op die mense wat na jou afsterwe agterbly.

Nalatenskap, of ʼn legacy soos die Engelsman dit sou roep, kan gesien word as “alles wat iemand by sy dood agterlaat, ʼn erfenis of as iemand ʼn indruk laat agterbly”.

Net soos Corlea Botha en Juandré Marais in die video met die finansiële kenner Wouter Snyman gesels oor die flatervrye sjokoladekoekresep van Wouter se ouma, en haar nalatenskap aan hom, werk dit ook so met ons finansies. Jy het al die bestanddele nodig om jou gunstelingkoek te bak. Jy kan nie net besluit die koek het nie bakpoeier, eiers of meel nodig nie. Doen dit en die eindresultaat sal ʼn teleurstelling wees teenoor die aanvanklike prentjie in jou gedagtes oor hoe die koek moes lyk en nog belangriker, moes smaak.

Dit is ook hoe ons na ons finansiële beplanning moet kyk; jy moet die volledige resep gebruik. Iets so klein soos ʼn testament maak ʼn groot verskil aan die eindproduk. Daarom verwys Wouter-hulle na “begin met die einde in sig”.

Hierdie week is Nasionale Testamenteweek in Suid-Afrika. Die meeste mense weet dat hulle ʼn testament nodig het, maar statistiek toon dat om uit te stel een van ons Suid-Afrikaners se grootste swakhede is. Dit is waarskynlik waarom tot soveel as 75% van Suid-Afrikaners nie ʼn testament het nie.

Hou Maroela Media oor die volgende vier dae dop waar ons stappe sal deel om seker te maak jy weet hoe om jou testament te laat opstel en wat die regskoste verbonde aan die afhandeling van jou boedel is. ʼn Geldige en uitvoerbare testament beskerm die belange van jou geliefdes na jou dood.

attooh! Wills and Estates se span spesialiste sal jou bystaan om jou testament reg op te stel en seker te maak dit is maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel of wysig. Tydens die konsultasie sal hulle ook ʼn raming van die regskoste doen, byvoorbeeld eksekuteursgeld, akteprokureursgeld, testamentêre trustgeld, meestersgeld en ander onmiddellike uitgawes wat verbonde aan die afhandeling van jou boedel.

attooh! Wills and Estates spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Voltooi die vorm hier onder.

Die vorm is gesluit.

Kyk hier na die video van Corlea en Juandré gesprek met Wouter oor testamente:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.