Trusts – ʼn ja of ʼn nee?

Alex Simeonides, uitvoerende hoof van Capital Legacy (Foto verskaf)

Deur Alex Simeonides, uitvoerende hoof van Capital Legacy

Daar is ʼn wêreldwye wanopvatting dat trusts net vir die rykes bedoel is en dat die voordele van ʼn trust slegs deur “trustfondsbabas” geniet word. Hierdie wanopvatting word dikwels voortgesit deur verkeerde inligting en onkunde.

Testamentêre trusts word deur middel van jou testament geskep en wanneer dit korrek opgestel is, verskaf dit finansiële voorsiening, die veilige bewaring van bates en sekerheid vir begunstigdes, totdat die begunstigdes daartoe in staat is om hulle erfporsies effektiewelik op hulle eie te bestuur. Trusts stel “finansiële voogdyskap” soortgelyk aan ʼn voog wat na jou kinders omsien, maar in dié geval hulle finansies, in staat vir jou begunstigdes. By Capital Legacy het ons sulke trusts verpak as doelgerigte trusts wat aan die unieke behoeftes van begunstigdes kan voorsien.

Wat is ʼn testamentêre trust?

Foto verskaf deur Capital Legacy

ʼn Testamentêre trust is eenvoudig ʼn trust wat opgestel is volgens ʼn afgestorwe individu se wense in sy laaste, geldige testament. Met ander woorde, daar word vir ’n trust beplan in jou testament, maar dit tree eers in werking wanneer jy afsterf. Daar is sekere belastingvrystellings wat op die trust toegepas mag word, afhangende van die doel van die trust. Dit dra ook daartoe by om te verseker dat die erflating, wat aan minderjarige kinders of begunstigdes, wat nie na hul eie finansiële sake kan omsien nie, goed en tot hul voordeel bestuur word.

In die geval van minderjariges en individue wat nie hulle eie finansies kan bestuur nie (as daar geen trust in plek is nie) word hulle erfporsies oorbetaal aan die regering se Voogdyfonds, wat, alhoewel altruïsties van voorneme is, al dikwels die slagoffer van bedrog en wanadministrasie was.

ʼn Testamentêre trust is tans die enigste gereguleerde alternatief tot die Voogdyfonds. Dit is egter baie belangrik om daarop te let dat trusteefooie buitensporig mag wees, veral as jy die kapitale waarde wat in die trust geplaas word, inkomste wat aanwas en die aantal jare waartydens die trust aktief moet wees in ag neem.

Voordat jy enige besluite maak, is dit beter dat jy eerstens met ʼn testamentêre spesialis gesels wat aan jou raad kan voorsien ten opsigte van al die aspekte wat jy in ag moet neem. Jou testament word die trustakte vir die testamentêre trust en dit sal geldig verklaar moet word deur die Meester van die Hooggeregshof wanneer jou boedel beredder word. Dit sal tot nadeel van jou begunstigdes wees as jou testament ongeldig verklaar word en hulle erfporsies dan oorbetaal word aan die regering se Voogdyfonds en jou boedel beredder word na aanleiding van die Wet op Intestate Erfopvolging.

Tweedens moet jy ʼn professionele finansiële adviseur raadpleeg om te verseker dat daar finansieel vir die testamentêre trust beplan word. Dit is immers dwaasagtig om vir ʼn testamentêre trust voorsiening te maak as daar nie genoeg bates is nie, en die trust beëindig moet word voor die beoogde tydperk, en sodoende nie aan die voorgenome doel voorsien nie. Dit is ongelukkig ʼn situasie wat ons, as ʼn fidusiêre besigheid, gereeld teëkom.

By Capital Legacy maak ons seker dat ons baie duidelik verstaan wat ons kliënte se wense vir hulle geliefdes behels en ons stel oplossings voor vir ʼn trust wat ʼn baie duidelike doel het om aan hulle wense te voorsien. Hierdie doelgerigte trusts voorsien aan die unieke behoeftes van begunstigdes deur metodes wat werk, en wat maklik is om op te stel.

Drie doelgerigte trusts wat ons dikwels gebruik:

  • Legacy Childrens Trust™

Wanneer jy voorsiening maak vir ‘n trust vir minderjarige kinders (wat onder die ouderdom van 18 jaar is) deur middel van jou testament, sal dit opgestel word ten tyde van jou afsterwe en sal voortbestaan totdat hulle 18 jaar oud word of die ouderdom bereik soos aangedui is in jou testament. Minderjarige kinders mag nie direk erf nie en deur ‘n testamentêre trust te skep verseker dit dat hulle erfporsie nie in die hande van voogde of die Voogdyfonds gelaat word nie, en dat eiendom wat hulle erf, verhuur of verkoop kan word. Hierdie tipe trust word geklassifiseer as ‘n Tipe B- testamentêre trust wat sekere belastingvoordele by die SAID geniet.

  • Legacy Widows Trust™

Jy kan ʼn trust stig om jou gade of lewensmaat se erfporsie te beskerm en om te verseker dat die gedeelte van die boedel wat aan hulle bemaak word nie vermors word, of aan wanbestuur blootgestel word nie. Daar kan sodoende voorsiening gemaak word vir jou gade of lewensmaat totdat hulle afsterf. Bykomend verseker hierdie struktuur ook dat jou kinders of ander begunstigdes voordeel uit jou boedel sal trek wanneer jou gade of lewensmaat eendag afsterf – wat ‘n nalatenskap vir die volgende geslag skep. Die doel van hierdie trust word dikwels oor die hoof gesien as gevolg van die veronderstelde belastingimplikasies, maar hierdie spesifieke trust genereer nie boedelbelasting of kapitaalwinsbelasting nie, en kan as ‘n boedelbeplanningsmiddel ingespan word om miljoene in lewensdekking- en belastingkostes te bespaar.

  • Legacy Providers Trust™

‘n Trust kan geskep word om die deurlopende finansiële ondersteuning vir ‘n individu wie nie in staat is om na hulself om te sien nie, of hul eie finansies kan bestuur nie, te verseker. Ouers van kinders met spesiale behoeftes soos serebrale gestremdheid of outisme gebruik dikwels hierdie struktuur om te verseker dat daar na hulle kinders omgesien word, selfs in hulle latere jare. Hierdie tipe trust sal slegs geklassifiseer word as ‘n Tipe A- testamentêre trust, wat baie gunstige belastingvoordele inhou, indien die begunstigde gediagnoseer is met ‘n geestesversteuring soos uiteengesit in die Wet op Geestesgesondheid 17 van 2002, of lei aan ‘n ernstige liggaamlike gestremdheid wat hulle verhoed om ‘n inkomste te verdien of hulle eie sake te bestuur.

Belastingvoordele en die implikasies van trusts

Wanneer ‘n testamentêre trust as ‘n Tipe A- of Tipe B-trust geklassifiseer word, is sekere belastingvoordele van toepassing wat natuurlik tot voordeel van die begunstigdes van die trust strek. Dit is belangrik om te onthou dat ‘n trust nie ‘n belastingontduikingsmiddel is nie; belasting word steeds gehef maar dit mag meer toegeeflik wees binne ‘n truststruktuur wat deur middel van jou testament geskep is.

Die rol van die eksekuteur en die trustees met betrekking tot ‘n trust

Dit is belangrik om daarop te let dat alhoewel ‘n testamentêre trust opgestel is, soos voorsien in ‘n testament, dat die eksekuteur van die gestorwe boedel ‘n rol speel in die trust. Die eksekuteur is verantwoordelik daarvoor om te verseker dat die wense van ‘n gestorwe individu uitgevoer word sover as wat redelik moontlik is, maar hulle is nie noodwendig die persoon wat die trust sal administreer nie, tensy jy hiervoor voorsiening gemaak het in jou testament.

In Suid-Afrika bestuur die Wet op die Beheer oor Trustgoed Nr. 57 van 1988, in samewerking met die trustakte, die aksies en besluite wat geneem word deur die trustees. Die voorsiening wat jy in jou testament maak, behoort dus te vervat hoe die trust opgestel moet word, wanneer dit behoort te eindig en wat die pligte en beperkings is van die trustees.

In ons testamente maak ons by verstek voorsiening vir ‘n testamentêre trust ingeval een van die begunstigdes onder die ouderdom van 18 is, maar ons maak ook voorsiening vir die eksekuteur en die trustees om hulle goeddunke uit te oefen ten opsigte van die opstel van ‘n testamentêre trust en of dit finansieel vatbaar is op daardie tydstip of nie. Dit is belangrik dat die trustees wat aangestel word in die trust wat jy opstel, objektief bly en verseker dat elke besluit wat hulle neem in die beste belang van die begunstigde is. Dit is vir hierdie rede dat ons dikwels ons kliënte aanmoedig om ‘n persoonlike trustee asook ‘n professionele trustee aan te stel wat onafhanklik kan bly.

Die lopende kostes van ‘n testamentêre trust

Wanneer ‘n trust opgestel word, is daar sekere dienste waarvoor die trustees geld mag eis, soos:

  • Die aanvanklike kostes om die trust op te stel;
  • Jaarlikse trusteefooie om die kapitaal te bestuur; en
  • Fooie as ‘n persentasie van die inkomste ontvang deur die trust.

Bykomend tot hierdie fooie, benodig die trust jaarlikse finansiële state wat ook rekenkundige kostes behels en inkomstebelastingreëls geld op die inkomste wat die trust ontvang.

Partykeer lyk hierdie kostes buitensporig en mense vermy dan ‘n truststruktuur, al mag dit die beste oplossing vir hulle behoeftes wees – veral wanneer minderjarige kinders kan erf. Capital Legacy se Legacy Protection Plan™ is ‘n unieke oplossing wat die opstelkostes en lopende kostes dek, sowel as ander regskostes verbonde aan die bereddering van ‘n boedel, soos eksekuteurskostes en oordragsfooie.

Deur deurdagte fidusiêre- en finansiële raad te kombineer, kan jy vir jou begunstigdes, veral die jongstes en kwesbaarstes, met sekerheid voorsien wanneer jy nie meer daar is nie. ‘n trust kan ‘n effektiewe hulpmiddel wees vir Jan Alleman en behoort nie afgemaak te word as iets wat slegs deur rykes en beroemdes gebruik word nie.

Om meer uit te vind oor testamente en trusts, besoek www.capitallegacy.co.za

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.