Uberskillz-apps bied groot beleggingsgeleentheid

Jy kan nou deel word van ʼn snelgroeiende tegnologiemaatskappy as jy in Uberskillz se innoverende super-apps belê. Tegnologie is die kern van die Vierde Industriële Revolusie (4IR) en bring ’n onvermydelike, tektoniese verskuiwing mee wat ’n groot invloed het op hoe mense werk, dink en leef. Dit is die era waarin tegnologie en innovasie hande vat om sodoende groei in Suid-Afrika en wêreldwye ekonomieë aan te wakker.

Die vraag by talle mense bly steeds: watter impak het 4IR op die individu en op besighede? Elemente wat die grootste verskil in ons alledaagse lewens sal maak, is die spoed en toeganklikheid wat tegnologieplatforms soos slimfone bied.

Kleinsake het ’n groot behoefte om makliker en vinniger met potensiële kliënte in aanraking te kom – veral op ’n kostedoeltreffende manier. Om dit moontlik te maak, het Uberskillz vindingryke slimfoontoepassings ontwikkel. Dit is nou makliker as ooit om dienste en produkte te adverteer. “Net soos die publiek en taxidienste met mekaar verbind deur slimfoontegnologie, so verbind ons slimfoon-apps ook verbruikers en besighede met mekaar,” sê Corné Kooiman, uitvoerende hoof van Uberskillz.

Die SkillzTrader-app vir ondernemers, laat besighede toe om teen ʼn lae aansluitingsfooi te registreer en deel te word van ons aanbieding. SkillzTrader is dus ʼn unieke, regstreekse ondernemingsgids. Registreer vandag nog jou onderneming op www.skillztrader.com.

Uberskillz het boonop ’n gratis SkillzFinder-app ontwikkel waarop die publiek uit ’n lys van duisende ondernemings in hulle onmiddellike omgewing kan kies deur middel van intydse geoliggingstegnologie. SkillzFinder se doelwit is dus om verbruikers maklik en vinnig met besighede te verbind.  Nóg ’n unieke kenmerk van die apps is die fasiliteit om diensverskaffers met ʼn goeie gradering te kan beloon. Hierdie apps verbind dus die ondernemings, produkte en vaardighede met verbruikers, waar hulle ook al is, met die druk van ʼn enkele knoppie.

Beide platforms is onlangs vereer vir hul vindingrykheid in die App van die Jaar-kategorie tydens die Livewire Prestige-toekennings 2020, en in die Mees Innoverende App-kategorie tydens die New Generation Sosiale- & Digitale Mediatoekenning 2020.

Uberskillz het reeds, sonder ernstige bemarking, 40 000 SkillzFinders en 2 000 SkillzTraders op die platforms.

“Ons mikpunt is om teen middel 2021 minstens 250 000 SkillzFinders (verbruikers) en 100 000 SkillzTraders (ondernemings) te betrek uit ’n mark wat uit 2,2 miljoen klein-, mikro- en medium-ondernemings bestaan.

“Om dit moontlik te maak is Uberskillz besig met strategiese vennootskappe en ’n intensiewe bemarkingsveldtog,” voeg Kooiman by. “Ten einde ons blootstellingsveldtog te vergroot het ons besluit om kort- en langtermynbeleggingsgeleenthede beskikbaar te stel wat bogemiddelde opbrengste bied. Na aanleiding van die talle navrae wat ons ontvang het sedert ons dié geleentheid van stapel gestuur het, is daar beslis ’n behoefte aan hierdie tipe beleggingsgeleenthede. Meer as 25% van die benodigde kapitaal is reeds in minder as ’n maand onderskryf.”

Verdere goeie nuus is dat Skillztrader beoog om in die volgende jaar 300 werksgeleenthede deur hierdie besigheidsmodel te skep.

Om ’n beleggingsvennoot in hierdie uitnemende geleentheid te word, besoek https://bit.ly/Uberskillz_Investment vir vertroulike navrae. Om aansoek te doen vir ’n werksgeleentheid, besoek https://www.skillztrader.com/webroot/agents.

Om jou onderneming te registreer, besoek www.skillztrader.com.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.