Uberskillz-super-apps bied nasionale verkoopsgeleenthede

Uberskillz is besig om ’n dinamiese, nasionale verkoopspan saam te stel met uitstekende en unieke geleenthede. Dit sluit onder andere in:

  • bogemiddelde inkomste per maand plus herhalende inkomste-geleenthede;
  • deelname aan ’n nasionale en internasionale span onder een handelsmerk;
  • interne promosiegeleenthede binne ses maande;
  • topgehalte opleiding in produk, tegnologie en verkope; en
  • ’n nasionale ondersteuningsnetwerk.

Wie is Uberskillz?

Uberskillz bied twee bekroonde, innoverende super-apps aan wat ondernemings met voornemende kliënte in hulle omgewing deur middel van GPS-gedrewe slimfoon-apps verbind. Dié apps staan onderskeidelik bekend as SkillzTrader (vir sake-eienaars) en SkillzFinder (vir kliënte wat na produkte en dienste in hulle onmiddellike omgewing op soek is).

“Sedert die ontstaan van die SkillFinder en SkillzTrader supertoeps het ons ʼn beduidende groei in die vraag na hierdie tipe besigheidsnetwerke ervaar,” sê Corne Kooiman, uitvoerende hoof. “Sedert Desember 2020 is meer as 10 000 SkillzFinder-apps afgelaai wat die totale voornemende kopers na meer as 60 000 verhoog het, met ʼn verdere meer as ongeveer 2 000 nuwe besigheidsinskrywings op die SkillzTrader-platform.”

Kooiman voeg by die besluit om direkte bemarking aan ondernemings, vryskutwerkers, professionele mense, diensverskaffers en tuisnywerhede moontlik te maak, het meegebring dat meer as 300 werksgeleenthede geskep is in die vorm van ʼn netwerk van agente/verteenwoordigers in Suid Afrika en Namibië.

Agtergrond

Tegnologie word wyd aanvaar as ʼn meningsvormer van die Vierde Industriële Rewolusie (4IR) vir ondernemings om hulle produkte en dienste aan te bied. Hierdie word beskou as die era waarin tegnologie en innovasie saamspan om beide die plaaslike en wêreldwye ekonomieë te stimuleer.

Die produkgeleentheid

Uit ʼn mark wat uit nagenoeg 2,2 miljoen klein-, medium- en mikro-besighede bestaan is die doel om teen die einde van die jaar die Skillz-Finder-gebruikerstal tot 250 000 te verhoog, en om meer as 50 000 SkillzTrader-besigheidsinskrywings te bereik.

“Die vraag na makliker, vinniger, meer betroubare, veiliger en meer bekostigbare toegang vir klein-, medium- en mikro-onderneming-sektore tot die verbruikersmark, sowel as groter doeltreffendheid in die skakeling met voornemende klante, bly ʼn onverpooste soektog vir meeste sake-ondernemings,” sê Kooiman. SkillzTrader en SkillzFinder se apps bied ʼn unieke, innoverende, API-gedrewe slimfoon-oplossing om vaardighede, produkte en dienste op alle gewilde sosialemediaplatforms aan te bied. “Op dieselfde wyse waarop die publiek met taxi-dienste deur slimfoon-apps skakel, so verbind ons super-apps kliënte ook met duisende verskillende diensverskaffers.”

Voornemende kliënte kan maklik ʼn SkillzTrader (diensverskaffer) vind deur die gratis SkillzFinder-app wat duisende ondernemings in die onmiddellike omgewing opspoor.

Deur Vind-en-Verbind kan verbruikers en ondernemings deur middel van enige slimtoestel, moeiteloos en vanuit hulle betrokke ligging, deur slegs die druk van ʼn knoppie, telefonies met mekaar verbind word.

Superslim, supervinnig en superveilig

Die app-tegnologie sluit ook ʼn graderingsfunksie in wat die diensverskaffer se doeltreffendheid meet, asook ʼn hupstootfunksie (“boost function”) vir beter sigbaarheid.
Beide super-apps het die 2020 App of the Year-toekenning by die Livewire Prestige Awards ontvang, sowel as die toekenning vir die 2020 Most Innovative App tydens die New Generation Social & Digital Media Awards.

Danksy ʼn intensiewe sosialemediaveldtog sedert Oktober 2020 is inskrywingsdoelwitte bereik. Hierdie aggressiewe bemarkingsaksie sal gedurende 2021 voortgesit word, ter ondersteuning van die agente-netwerk.

Uberskillz ondervind uitstekende aanvraag vir sy apps wat bevestig dat Uberskillz ook uitmuntende werkgeleenthede bied. Bogemiddelde opleiding word verskaf aan suksesvolle kandidate.

Doen hier aansoek om deel te word van die Uberskillz-verkoopspan:
https://www.trending-talent.com/home/CompanyVacancies?Company=Uberskillz

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.