Uitmuntende beleggingsgeleentheid in sekuriteit-super-app

(Foto verskaf)

Die gebruik van slimtegnologie kan aangewend word om jou persoonlike beskerming te verbeter – selfs ten tye van enige waargenome gevaar! Dit sluit dus in enige noodtoestande soos aanranding, huismoles, kaping of enige situasie waar gevaar betrokke is of wat tot moontlike gevaar kan lei. Hierdie tegnologie is ontwikkel tesame met ’n nasionale netwerk van gewapende reaksiemagte wat ingespan word om, in tye van werklike nood en angs, hulp te verskaf, daar waar die gevaar plaasvind. Dit is uiters goeie nuus vir ons land waar misdaad en die werkloosheidsyfer teen ʼn angswekkende koers toeneem.

’n Super-app is ontwikkel om in minder as agt minute die naaste gewapendereaksie-voertuig by jou GPS-ligging te bring – 24 uur per dag, sewe dae per week. Dié tegnologie, wat deur die Secure-Me-toepassing verskaf word, is slim genoeg sodat jou persoonlike besonderhede en geoligging beskikbaar is, selfs al kan jy nie beweeg of praat nie! Daar is reeds 49 000 versoeke vir hulp geaktiveer sedert die begin van 2020.

Secure-Me bied tans ’n herhalende inkomstegeleentheid deur die beskikbaarheid van slegs ses beleggingsgeleenthede, teen ’n minimale bedrag. “Die sekuriteitsindustrie is na konserwatiewe beraming ongeveer R50 miljard sterk. Ons mikpunt met die beleggingskapitaal is om binne 24 maande, ’n 0,1% mark-aandeel of 50 000 subskripsies te bekom,” sê die stigter, Willie van Zyl. Dit bied ook ’n uitstekende herhalende inkomstegeleentheid aangesien die besigheidsmodel gegrond is op individuele en familiesubskripsies per maand. Om navraag te doen oor hierdie geleentheid klik hier.

Alle Suid-Afrikaners in ons nege provinsies kan maklik die Secure-Me-app aflaai teen slegs R59 per slimfoon per maand. Die app is beskikbaar in die Google Play Store en Apple se App Store sodat jy toegang kan kry tot meer as 4 000 gewapende sekuriteitspersoneel en meer as 300 sekuriteitsmaatskappye. Die Secure-Me-app sal onmiddellik jou geliefdes in kennis stel indien jy in ’n noodsituasie verkeer. Addisionele appfunksionaliteit verseker dat daar hulp sal wees sodra jou slimfoon geskud word of val. Die verkose kontakpersone in die app sal ook toegang hê tot jou ligging en vordering op hulp-ontplooiing. Klik hier om die Secure-Me-app af te laai onder SecureSA, op Google Play of op Apple se App Store.

Die Secure-Me-app is aan die begin van die jaar voltooi en die tegnologie is oor vyf jaar ontwikkel. Meer as 300 PSIRA- geakkrediteerde sekuriteitsinstellings vorm deel van die maatskappy se nasionale voetspoor.

Vir verdere inligting oor hierdie unieke en beperkte beleggingsgeleentheid, kontak ons hier.

Om meer uit te vind oor die app self, stuur ʼn e-pos aan [email protected].

Om die Secure-Me app af te laai, klik onder SecureSA op die Google Play of Apple App Store.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.