Uitstekende besigheidsgeleentheid in Uberskillz se super-apps

Belê nou in Uberskillz se innoverende super-apps om deel te word van ʼn belowende tegnologiemaatskappy.

Met hierdie vindingryke aanlyn ontwikkeling maak slimfoontoepassings dit makliker as ooit om professionele dienste te adverteer en om diensverskaffers in jou onmiddellike omgewing te vind. Hierdie apps verbind ondernemings, produkte en vaardighede met gebruikers – waar hulle ook al is, met die druk van ʼn enkele knoppie.

Uberskillz bied nou ’n hoogs aantreklike beleggingsgeleentheid aan. Vir ʼn lae kapitaaluitleg kan beleggers ʼn herhalende inkomste uit hierdie besigheidsmodel geniet.

Dit is nie net nóg ’n app nie!

Uberskillz het in 2018 unieke platforms vir ondernemings begin ontwikkel wat uitstekende funksionaliteite bied.

Eerstens is daar die gratis SkillzFinder-app vir Jan en alleman om te kan kies uit ’n lys van duisende vaardighede in die persoon se onmiddellike omgewing deur middel van intydse geoliggingstegnologie. SkillzFinder se doelwit is om kontrakteurs maklik en vinnig met vaardige werkers te verbind sodat hulle hul projekte kan aanpak.

Tweedens is daar die SkillzTrader-app vir ondernemers om, teen ʼn jaarlikse aansluitingsfooi, hul onderneming te registreer sodat verbruikers die dienste wat aangebied word in ’n japtrap kan vind. SkillzTrader is dus ʼn unieke regstreekse ondernemingsgids.

Nóg ’n unieke kenmerk van die apps is die gerief om die betrokke diensverskaffer met ʼn goeie gradering te kan beloon.

Hierdie simbiotiese aanlyn platforms kommunikeer met mekaar om sodoende besigheidsgeleenthede vir ondernemers te vergroot terwyl die frustrasie van verbruikers, om dienste te soek, verlaag word.

Beide platforms is onlangs vereer vir hul vindingrykheid in die App van die Jaar-kategorie tydens die LiveWirePrestige-toekennings 2020, en in die Mees Innoverende App-kategorie tydens die New Generation Sosiale- & Digitalemediatoekenning 2020.

Ander unieke funksionaliteite is dat ondernemings hul besighede ’n hupstoot kan gee deur meer prominent sigbaar te word en om hulle profiel op sosialemediaplatforms te publiseer met die druk van ’n enkele knoppie.

Daar is tans nagenoeg 2 000 ondernemings wat reeds op die SkillzTrader-platform aangesluit het, met 30 000 verbruikers op die SkillzFinder-platform – sedert Mei 2020.

Om die maatskappy se beplande advertensieveldtog te kan finansier om die ledetal op beide platforms te verhoog, bied Uberskillz ’n hoogs aantreklike beleggingsgeleentheid aan. Vir ʼn lae kapitaaluitleg kan beleggers ʼn herhalende inkomste uit hierdie besigheidsmodel geniet.

Die mikpunt is om teen die middel van 2021 minstens 100 000 ondernemings op SkillzTrader te registreer. “Ons mikpunt is baie realisties omdat ons dit deur spesifieke strategiese vennootskappe gaan dryf,” sê Corne Kooiman, die uitvoerende bestuurder.

“Suid-Afrika het meer as 2,2 miljoen klein-, mikro- en medium-ondernemings (KMMO’s) en ons voorsien ’n inskrywing van minstens 10% van dié ondernemings teen die einde van 2021. Dit beteken dat ons minstens 250 000 gebruikers op elkeen van die platforms kan verwag. Ons vennootskappe sal die toeganklikheid tot subskripsies verbreed om seker te maak dat ondernemings verder bevoordeel word.”

Doen vandag nog navraag oor hierdie beleggingsgeleentheid om ʼn herhalende inkomste te verdien.

Klik hier om navraag te doen en laai die apps op die webwerf af by http://www.skillztrader.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.