Veiligheid in die werkplek kan jou OOB verhoog

SafetyWallet moedig werkgewers aan en beloon hulle vir toewyding tot beroepsgesondheid en -veiligheid deur die organisasie te ondersteun met ʼn volledige gesondheid- en veiligheidsplan. Nakoming aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid kan jou opbrengs op belegging verhoog.

Dis belangrik om nie die voordele van ʼn Veiligheidsbestuursprogram te verwar met die konsep van opbrengs op belegging (OOB) nie. Volgens ʼn soektog op Google word die OOB gemeet aan “die wins of verlies op ʼn belegging relatief tot die bedrag geld wat belê is”. Die OOB word gewoonlik as ʼn persentasie uitgedruk en word gewoonlik gebruik vir persoonlike finansiële besluite, om die maatskappy se winsgewendheid te vergelyk of om die doeltreffendheid van verskillende beleggings te vergelyk.

Tydens ʼn onlangse gevallestudie in die 2019-periode van meer as 1 000 werkgewers in verskillende bedrywe in Suid-Afrika was die gemiddelde OOB tot 380% van werkgewers wat volledige gebruiksklaar oplossings deur SafetyWallet in vennootskap met MAKROSAFE Holdings (Edms) Bpk en OHS Online as beproefde vennoot gebruik het. Hierdie werkgewers het nakoming met die wet verseker en verseker dat geliefdes daagliks veilig en gesond ná werk kan terugkeer huis toe terwyl hulle ook daarvoor beloon word.

Binne die huidige ekonomiese klimaat word Suid-Afrikaanse werkgewers gereeld in die gesig gestaar deur toenemende lopende koste, verhoogde belasting en ʼn afname in inkomste weens swak ekonomiese groei die afgelope paar jaar wat daartoe gelei het dat Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) in 2019 tot ongeveer $385 miljard afgeneem het.

Na raming is daar tans 553 425 geregistreerde werkgewers in Suid-Afrika wat 10 251 000 werknemers in diens het. In vergelyking met die huidige bevolking van Suid-Afrika, kragtens Statistieke Suid-Afrika (SSA) 58 780 000 in Junie 2019, staan 17,45% van die Suid-Afrikaanse bevolking daagliks in diens. Nie almal van hulle keer egter veilig en gesond terug huis toe nie.

Gegewe die omstandighede moet werkgewers kostebesparingstrategieë toepas om langtermyn volhoubaarheid te verseker en in sommige gevalle om selfs te verhoed dat die maatskappy sy deure moet sluit. ʼn Beduidende hoeveelheid hulpbronne word dus ongetwyfeld weggelei van die belangrikste aspekte van die besigheid, waaronder die veiligheid van werknemers, omdat werkgewers begrotings moet sny vir persoonlike beskermingstoerusting, gesondheid- en veiligheidsopleiding, veiligheidsbestuurvennote en instandhoudingskedules vir masjinerie.

Alhoewel programme vir beroepsgesondheid en -veiligheid ook ʼn impak het op die begroting, weeg die gevolge swaarder as die uitgawe en lei dit tot ʼn indrukwekkende OOB indien dit doeltreffend bestuur word.

Die voordele van nakoming aan die wet beteken:

  • ʼn Toename in die nakoming tot beroepsgesondheid en -veiligheid in die werkplek
  • Verminderde mediese en vergoedingsfondsuitgawes
  • Verbeterde kultuur in die werksplek en werkstevredenheid
  • Verhoogde produktiwiteit
  • Verhoogde mededingendheid in die mark
  • Verbetering in die gehalte van werk
  • Afname in afwesigheid en personeelomset
  • ʼn Daling in die waarskynlikheid van ongelukke en blootstelling aan beroepsiektes.

Die Safety Wallet, ondersteun deur tegnologie en aangedryf deur intelligensie, help ondernemings om te bepaal tot watter mate hulle aan die wet voldoen, en verskaf instrumente en ondersteuning om seker te maak werkgewers en werknemers kan hul nakoming aan beroepsgesondheid en -veiligheid verbeter terwyl groot belonings as motivering dien.

Werkgewers kan ʼn lid van een van die vier SafetyWallet-lidmaatskap-beloningsirkels word:

  • Vriendesirkel
  • Familiesirkel
  • Kampioensirkel
  • Pinnacle Club

Ondernemings kwalifiseer dadelik vir die spesifieke afslag van die betrokke lidmaatskapsirkel.

Die onderstaande grafika illustreer jou moontlike opbrengs op belegging deur een van die lidmaatskapplanne wat SafetyWallet bied:

ʼn Gedetailleerde verslag met die bestuursopsomming van die nakomingsoudit sal lig werp op die volgende stappe wat gedoen moet word om nakoming aan beroepsgesondheid en -veiligheid te verhoog. Deur die werksplek se nakoming te verhoog, word die risiko verlaag en meer winsgewende belonings word gewaarborg.

Kragtens ʼn jaarverslag deur die departement van arbeid het 144 888 werknemers in 2018 in die werksplek beserings of beroepsiektes opgedoen. Altesaam 348 van die gevalle was noodlottig. Ongeveer 1,41% van ons totale werksmag in Suid-Afrika het in 2018 nie ná werk veilig teruggekeer huis toe nie.

Werkgewers het na raming in die 2017/2018- finansiële jaar ongeveer R7,3 miljard bygedra tot die vergoedingsfonds. Die hoofdoelwit van die vergoedingsfonds is om vergoeding te bied vir gestremdheid, siekte en afsterwe uit beroepsbeserings en -siektes in ʼn gegewe periode. Die begunstigdes van die vergoedingsfonds sluit werkgewers, werknemers, weduwees, wewenaars en kinders van werknemers in. In die 2017/2018- finansiële jaar het die vergoedingsfonds R3,6 miljard in voordele bygedra as ʼn direkte gevolg van gestremdheid, siekte en afsterwe wat gespruit het uit beroepsbeserings en siektes in die werksplek.

Die SafetyWallet-lidmaatskapprogram, in vennootskap met MAKROSAFE Holdings (Edms) Bpk en OHS Online (Edms) Bpk, moedig werkgewers aan en beloon hulle vir nakoming aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid en alle betrokke wetgewing, regulasies en standaarde en metropolitaanse/munisipale wetgewing wat betref beroepsgesondheid en -veiligheid in die werkplek. SafetyWallet moedig werkgewers aan en beloon hulle vir toewyding tot gesondheid en veiligheid deur die organisasie te ondersteun met ʼn volledige gesondheid- en veiligheidsplan. Dit kan intern of deur die SafetyWallet-vennootskapprogram plaasvind.

Sodra die nakomingsoudit vir beroepsgesondheid en -veiligheid afgehandel is, sal die belonings kragtens die SafetyWallet-nakomingsvlak geaktiveer word. Dit word gebaseer op die huidige nakomingsvlak, soos bepaal deur die uitslag van die oudit.

ʼn Gedetailleerde verslag met die bestuursopsomming van die nakomingsoudit sal lig werp op die volgende stappe wat gedoen moet word om nakoming aan beroepsgesondheid en -veiligheid te verhoog. Deur die werksplek se nakoming te verhoog, word die risiko verlaag en meer winsgewende belonings word gewaarborg.

Besoek www.safetywallet.co.za vandag nog. Word beloon. Voldoen aan die wet. Kry SafetyWallet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.