Vergeet die rose – wys jou liefde deur jou sake in orde te kry

Argieffoto (Foto: LUM3N /Pixabay)

Februarie is die maand van liefde en ons wil almal vir ons beter helfte wys hoeveel hulle vir ons beteken. Hierdie jaar stel ons voor dat jy vergeet van die rooi rose en eerder jou liefde wys deur jou sake in orde te kry.

Klink nie so aantreklik soos hartvormige sjokolade nie? Wel, die gevolge daarvan om nie jou sake in orde te hê nie is dat jou geliefdes met meer as net hartseer agtergelaat sal word sou iets met jou gebeur.

My vriend het jare lank hard gewerk om vir sy vrou en kinders te voorsien en hul beskeie droomhuis te koop maar het alles verlore laat gaan weens swak beplanning of nog erger, eenvoudige uitstel. Ongelukkig herhaal hierdie situasie homself keer op keer in hierdie bedryf. Hy kon al die bykomende hartseer en stres wat op sy gesin geplaas is, vermy het as hy ‘n uur van sy tyd geneem het om sy testament op te stel en voldoende lewensdekking uit te neem. Sy gesin se toekoms en welstand kon heeltemal anders gewees het as hy ʼn paar basiese boedelbeplanning-elemente geprioritiseer het.

Gelukkig het my vriend se vrou haar lewe herbou en dit gaan goed, alles in ag genome. Maar dit was nie sonder baie jare se stryd en hartseer, selfs woede by tye, wat sy moes deurwerk nie. Sommige mense herstel nooit nie. Om nie jou sake in orde te hê nie, kan letterlik die verloop van jou afhanklikes se lewens vir altyd verander. Om jou testament in orde te kry is die eerste stap om jou nalatenskap te beveilig. Blomme verlep en sjokolade smelt, maar jou nalatenskap hou vir ewig.

Op dieselfde manier as wat mediese fonds en motorversekering as lewensbelangrike, “nie-onderhandelbare” faktore beskou word – so moet dit ook wees vir die opstel van jou boedel en testament om te verseker dat jy ’n finansiële plan in plek het.

Wenke om jou aan die gang te kry

  1. Stel jou testament op

ʼn Testament is ‘n dokument wat jou laaste wense uiteensit, aanteken wie wat moet erf en jou toelaat om, onder meer, eksekuteurs aan te stel, en voogde vir minderjarige kinders voor te stel. In teenstelling met die algemene opvatting, is dit nie ʼn ingewikkelde of duur proses nie.

Jy kan jou testament deur jou bank, prokureur of finansiële adviseur laat opstel of selfs ʼn aanlyn sjabloon probeer, maar ons stel voor dat jy ʼn spesialis- testamente- en boedelmaatskappy soos Capital Legacy gebruik. Die gebruik van ʼn professionele maatskappy om jou testament te help opstel, hou die voordeel in om te verseker dat dit korrek en geldig is en dat alle relevante oorwegings in ag geneem word, soos om te verseker dat jou minderjarige kinders deur ‘n truststruktuur erf eerder as dat hul erfenis in die sorg van ‘n voog geplaas word of nog erger in die staatsvoogdefonds geplaas word. ’n Testament-konsultasie duur gewoonlik een uur, afhangend van die kompleksiteit van jou boedel, maar kan jou gesin jare se lyding spaar.

  1. Oorweeg die finansiële nalatenskap wat jy wil agterlaat

Baie mense is onbewus van die talle onverwagte koste verbonde aan sterfte. Hierdie koste sluit eksekuteursfooie, akteprokureursfooie, erfbelasting, testamentêre trustfooie, meestersfooie en ander onmiddellike uitgawes soos die reël van die begrafnis, reis- en spysenieringskoste in. As jy nie vir hierdie fooie beplan nie, kan dit verwoestende gevolge hê vir die uitvoering van jou boedel. As daar nie genoeg kontant in die boedel is om hierdie koste te dek nie, word eksekuteurs dikwels gedwing om bates soos huise en motors te likwideer om kontantvloei te skep. Hierdie kostes kan maklik versag word deur behoorlike beplanning met die regte finansiële oplossings in plek.

As iets onverwags met jou sou gebeur, wat sou jou gesin nodig hê om voort te gaan met die leefstyl waaraan hulle gewoond is? Dit is van kardinale belang om te verseker dat jy voldoende lewensdekking in plek het om jou skuld te dek en die inkomstegaping wat jy in jou gesin agterlaat, te oorbrug. Deesdae is lewensdekking maklik toeganklik vir alle Suid-Afrikaners en kan dit nie net as ʼn veiligheidsnet beskou word nie, maar ʼn noodsaaklike deel van jou finansiële plan om jou nalatenskap en dié van die mense wat van jou afhanklik is te verseker.

Die hantering van ʼn sterfte in die gesin kan uiters traumaties, emosioneel uitputtend en finansieel moeilik wees, maar met behoorlike beplanning kan jy help om enige bykomende las op jou geliefdes te verwyder deur bloot jou testament op datum te hê en jou finansiële beplanningsake in orde te kry. Vergeet dus hierdie Februarie van sjokolade en rose en wys eerder hoeveel jy werklik omgee deur vir die onverwagte te beplan en jou sake in orde te kry.

Kry jou testament, teen geen koste nie, by Capital Legacy gedoen. Jou nommer een-verskaffer van testamente en boedels. By Capital Legacy spesialiseer ons in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Ons sal jou testament gratis opstel en opdateer of wysig. Besoek www.capitallegacy.co.za of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.