Verpand jou motor terwyl jy dit steeds bestuur

Foto: Verskaf

Met First Advance kan jy jou motor verpand en dit nog steeds bestuur. Dit is ʼn maklike manier om kontant op jou motor, vragmotor, motorfiets, boot, karavaan, grondverskuiwingstoerusting of plaasvoertuig te ontsluit. Dit kan die oplossing wees vir jou kontantvloeiprobleme.

Hoe werk dit?

Verpand-en-bestuur of leen-en-bestuur is maklik! Jy het eerstens ʼn voertuig nodig wat reeds afbetaal is. Dan moet jy met First Advance kontak maak en jou persoonlike besonderhede en die besonderhede van die voertuig verskaf.

First Advance het die volgende nodig:
– rybewys
– voertuigregistrasiedokumente
– ses maande se bankstate
– bewys van adres
– bewys van inkomste/salarisstrokie

First Advance sal daarna jou voertuig waardeer en bepaal hoeveel jy kan leen.

ʼn Konsultant sal dan ʼn afspraak reël om jou te ontmoet en die voertuig te ondersoek. Jy teken daarna jou kontrak en ʼn spoortoestel word op die voertuig geïnstalleer. Sodra dit gedoen is, word die kontant in jou rekening inbetaal. Jy kan steeds jou voertuig bly gebruik en ʼn lening kry – baie maklik en eenvoudig.

Sodra die lening afbetaal is, kry jy weer die voertuigdokumente terug en die titel word weer aan jou oorgedra.

Wat is die voordele om jou motor te verpand en dit steeds te bestuur?

Daar is talle voordele om jou motor te verpand en dit steeds te bestuur. Die grootste voordeel is dat jy steeds jou voertuig kan gebruik! Nou hoef jy nie meer jou voertuig weg te gee as sekuriteit nie, jy behou jou voertuig (terwyl jy die lening afbetaal).

Veel voorkomende vrae

Kan jy geld teen jou motor leen?
JA

Dié artikel is geborg deur First Advance – Suid-Afrika se toonaangewende bateleningsmaatskappy.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Daleen ·

In my lewe doen ek dit NOOIT!!!! Sal eerder op die straathoek bedel voor ek ooit so iets sal doen

Jack Russl ·

Nee dankie, ek sal verby hou.

As een van die voordele sê hulle dat jy nie jou voertuig as sekuriteit gee nie en dit steeds behou. Nou hoekom moet jy die titel weer aan jou oorgedra as jy klaar betaal het? As jy dit nie as sekuriteit gee nie, hoekom moet die titel weer oorgedra word?

Koos ·

As jy nie by jou bank ‘n lening kan kry nie, kan jy dit heel moontlik nie bekostig nie. Dan is hierdie roete stupid. Verkoop jou kar, koop ‘n goedkoper en en gebruik die res vir wat jy diegeld wil leen.

emma ·

As jy jou motor moet verpand het jy al klaar n probleem. Een misstap en jy betaal nie is jy jou motor kwyt. Wat dan? Pasop mense. Niks in die lewe is maklik en verniet nie. Aan die einde van die dag is daar n koste en gewoonlike groot.

Diefie ·

En so help hulle jou op jou voete. Genade tog mense bly weg van die tipe besigheid,

ES ·

Ek wonder hoeveel mense se motors word van hulle weggeneem omdat hulle nie kan betaal nie… Verkoop dan eerder jou motor en gebruik die geld om jou skuld af te betaal. Jy geen dan die titel dokument vir hierdie mense – dis dan hul sekuriteit.

Hulle kan nie vir jou geld leen sonder om een of ander sekuriteit te vat nie – dit sal ‘n roekelose lening wees.

RS ·

Nee wat… maar net nog n bedrogspul om desperate mense te vang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.