Verseker só jou kind se toekoms

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

Wanneer jy kinders het, is daar niks belangriker vir jou as om seker te maak dat hulle veilig, gelukkig, versorg en geliefd voel nie. Jy wil hulle elke goeie ding wat hulle nodig het gee en jy sit hul behoeftes voor jou eie – jy sal selfs sterf vir hulle. Maar het jy al ooit gedink oor wat werklik sal gebeur as jy nie meer hier is nie? As jy sou afsterwe, wie sal na jou kinders omsien en wie sal na hulle erfenisse omsien?

Meeste van ons het een of ander finansiële plan vir ons kinders as ons vroeg te sterwe sou kom. Gewoonlik is dit in die vorm van lewensversekering, maar dit kan dikwels ook eiendom of aandele en beleggings wees. Jy het waarskynlik die berekeninge gedoen om uit te werk hoeveel dit sou kos om hulle finansieel te dek in terme van klere, kos, behuising, ens. wanneer jy afsterwe – dit is finansiële beplanning. Boedelbeplanning beantwoord die vraag, “Wie gaan na die geld omsien en dit bestuur namens jou kinders, en hoe?”. Het jy geweet dat minderjarige kinders nie geld kan beërwe in hul bankrekeninge nie? Selfs as hulle kon, sou jy nie wil hê ‘n 12-jarige kind moet ʼn paar miljoen rand kan spandeer nie. Dit gesê, jy sal waarskynlik nie eens wil hê dat ‘n 21-jarige só bedrag moet kan spandeer nie.

Dink daaraan: Wat sou jy gedoen het met ‘n paar miljoen rand toe jy 21 jaar oud was? Jy sou dit waarskynlik nie verstandig en versigtig spandeer het nie en verseker het dat jy jou studies afbetaal of dit belê het vir die toekoms nie. Nee! Jy sou waarskynlik gedoen het wat enige 21-jarige sou doen: karre, partytjies, wêreldreise, klere, ens. Jy sal in ‘n paar jaar deur jou erfenis brand.

‘n Goeie vriend van my het ʼn klein eiendomsportefeulje geërf, met huurders en kontant en bates tot die waarde van ‘n paar miljoen rand, in sy vroeë twintigs. ʼn Mens sou aanneem dat hy vir die res van sy lewe gevestig sou wees. Hy sou kon lewe van die inkomste wat hy verdien het uit die eiendomme en moes die beleggings sien groei. Hy moes, maar hy het nie. Dit het net drie jaar geneem voor hy gedwonge die eiendomme verkoop het en hy ‘n werk moes kry. Dis nie werklik sy skuld nie. Finansiële skerpsinnigheid neem tyd en volwassenheid om te handhaaf.

Een van die mees doeltreffende maniere om die erfenis te bestuur wat jy vir jou kinders agterlaat, is om ‘n Testamentêre Trust op te stel met duidelike riglyne oor hoe jy wil hê die geld moet bestuur word. Jy kan byvoorbeeld uiteensit dat die fondse vir hulle sekondêre en tersiêre onderwys gebruik moet word. Dalk wil jy die koste van hul eerste motor dek. Jy mag dalk eiendom besit wat uitverhuur kan word en die inkomste word dan tot hul voordeel gebruik. Uiteindelik kan jy besluit op watter ouderdom hulle hul volle erfenis mag ontvang sodat hulle nie in dieselfde strik trap en oorweldig is met finansiële verantwoordelikhede voordat hulle gereed is nie.

Sonder ‘n Testamentêre Trust in plek vir jou kinders, kan hulle erfenis aan die Staat se Voogdyfonds of aan hul aangestelde voogde betaal word. Oppervlakkig sou jy dink dat jy die voog van jou kinders kan vertrou met hul erfenis. Veral as ʼn mens oorweeg dat dit gewoonlik ‘n familielid of ʼn baie nabye familievriend is. Die werklikheid is dat, selfs al is die meeste mense goeie mense, nie almal groot bedrae geld kan bestuur nie. Mense maak slegte besluite of laat toe dat hul eie finansiële omstandighede hulle besluite beïnvloed (soos skuld of hul leefstyl), en skielik is jou kinders se erfenis onderhewig aan iemand anders se werklikheid.

As jy nie ‘n Testament in plek het nie, of vir ‘n geruime tyd nie wysigings op jou Testament aangebring het nie, kan jy deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste Testamente en Boedelsbeplanning-verskaffers, hulp kry! Vul bloot jou besonderhede hieronder sodat ons kan seker maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.