Video: Innovasie dryf AVBOB se 103-jaarlange bestaan

(Foto: Verskaf)

AVBOB spog met sy eie nywerheidsafdeling waar dié begrafnisondernemersgroep self al die ware vervaardig wat met ʼn begrafnisdiens benodig word.

Volgens Garth Lundall, AVBOB se hoofbestuurder: Nywerhede, word dit juis gedoen sodat die groep deurlopend die beste diens aan al AVBOB se polishouers kan verskaf.

“Ons vervaardig 95% van AVBOB se kiste self – van ons A-reeks tot die heel duurste reeks koepelkiste. Dan maak ons afdeling ook toerusting soos sakmasjiene, kerktrollies, en selfs tente vir dienste, drapeerstelle, asook kranse.”

Lundall erken dat sy span talle vrese in die piektye van die pandemie ervaar het, maar dit was die besef van ʼn roeping om Suid-Afrikaners in die moeilike tyd te ondersteun wat sy span daardeur gedra het.

“Ons het natuurlik aanvanklik glad nie geweet wat om te verwag nie. Ons mense het egter besef dit is nou hul beurt om iets vir hul gemeenskappe en die land te doen, want AVBOB is as ʼn noodsaaklike diens geklassifiseer. Dit het ons ʼn doelwit gegee en dit het ons deurgedra gedurende die lang ure wat daar gewerk moes word.”

AVBOB het reeds vroeg in die pandemie ingespring en besluit om 22 skeepsvraghouers te omskep in bykomende geriewe vir die groep se lykhuise.

“Dit was nie so moeilik of tydrowend om die vraghouers te omskep as wat dit was om dit te plaas by ons verskillende takke in klein dorpies waar daar nie altyd hysertoerusting beskikbaar was nie.”

Lundall verduidelik verder dat ʼn skeepsvraghouer maklik in vyf tot sewe dae omskep kan word met die nodige verkoelingstoerusting, rakke, ligte, en plastiekgordyne om die verkoelingstemperatuur te behou.

Hy voeg by dat AVBOB met hul vermoë om hul eie begrafnisware te vervaardig ʼn bykomende kostebesparingsvoordeel aan hul polishouers bied.

“Ons afdeling kan in beheer bly van die vervaardigingsprosesse en dit optimaliseer. Só kan enige stygings in koste beheer word, terwyl ons verseker die bykomende koste word nie goedsmoeds aan die kliënte oorgedra nie.”

Lundall benadruk dat innovasie vir dié afdeling van AVBOB baie na aan die hart lê. “Ons vind dat ons kliënte verkies om iets besonders aan oorlede geliefdes met ʼn begrafnis wil gee – dit is waarom AVBOB altyd nuwe ontwikkeling doen in ons produkte, prosesse, en hoe ons die onderneming bestuur.

“Dit is hierdie soort innovasie wat verseker het dat AVBOB reeds meer as ʼn 100 jaar lank begrafnisdienste aan Suid-Afrikaners kan verskaf, en nóg ʼn 100 jaar in die toekoms in kan voortbestaan.”

  • AVBOBse nywerheidsafdeling kan by 051 441 1531 in Bloemfontein geskakel word. Besoek ook enige AVBOB-kantoor, of AVBOB se webwerf, of skakel die inbelsentrum by 0861 28 26 21 vir meer inligting oor die groep se dienste.

Kyk die video van dié onderhoud hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.