Vodacom-hoof wen gesogte MyBroadband-toekenning

Shameel Joosub, uitvoerende hoof van Vodacom (Foto verskaf)

Shameel Joosub, uitvoerende hoof van Vodacom, het MyBroadband se gesogte Telekommunikasie- uitvoerende hoof van die jaar-toekenning vir 2023 gewen.

Joosub is as die wenner aangewys danksy sy uitnemende leierskap by Vodacom en die topresultate wat die maatskappy met hom aan die stuur van sake behaal het.

Kandidate vir die Telekommunikasie- uitvoerende hoof van die jaar-toekenning is gekies gebaseer op hul vernaamheid in die telekommunikasiemark en die impak wat hulle nie net binne hul eie onderneming gemaak het nie, maar reg oor die hele bedryf.

Joosub het kop bo skouers in dié verband uitgestaan deur Vodacom se inkomste te laat groei, terwyl hy groot hindernisse soos grootskaalse beurtkrag en spektrumbeskikbaarheid moes oorkom.

Joosub het Vodacom ook gelei om sy diensaanbod uit te brei – tot meer as net breëbandverbinding, met Vodacom se finansiële dienste, insluitend versekering en betalingsoplossings, wat die afgelope paar jaar baie goeie groei getoon het.

ʼn Vodacom-legende

Joosub het in 1994 met sy loopbaan by Vodacom begin. Hy is vinnig in ʼn bestuurspos aangestel.

Voor hy as uitvoerende hoof van Vodacom oorgeneem het, het Joosub verskeie belangrike poste in die onderneming beklee. Dit sluit in die rol van besturende direkteur in verskeie Vodacom-maatskappye, en om Vodacom Suid-Afrika te lei.

Hy het ook internasionale ervaring binne die groter Vodafone-groep opgedoen en was twee jaar lank uitvoerende hoof van Vodafone Spanje.

Ná sy werk in Europa het Joosub na Suid-Afrika teruggekeer om in 2012 as hoof- uitvoerende beampte by Vodacom die leisels oor te neem.

Sy leierskap by Vodacom was die sleutel tot ʼn rits eerstes in die bedryf in Suid-Afrika – met hoogtepunte soos die bekendstelling van die land se eerste kommersiële LTE-netwerk en die eerste 5G- mobiele netwerk.

Joosub het ook seker gemaak dat Vodacom steeds in sy onderneming bly belê terwyl beperkings in spektrumbeskikbaarheid en voortgesette beurtkrag oorkom word. Dit plaas groot druk op alle mobiele netwerke landswyd.

Hierdie progressiewe houding word doeltreffend opgesom in ʼn verklaring van Joosub in Vodacom se onlangse aankondiging oor sy finansiële resultate: “As ons vorentoe kyk, gaan die bedryfsomgewing waarbinne ons werk ʼn onwankelbare fokus verg om ons strategie uit te voer, om ons sakedoelwitte te bereik en ons kliënte te dien. Ons sal voortdurend bly seker maak dat ons die regte maatreëls in plek het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.