Vra vir Ed – lesersvrae oor trusts en tesamente beantwoord

Capital Legacy is een van die toonaangewende verskaffers van testamente en boedels in Suid-Afrika met meer as 370 000 kliënte en voorsiening van spesialisdekking vir regsonkostes van bykans R80 miljard.

Eduann Vorster, bemarkingsdirekteur by Capital Legacy, antwoord ʼn paar lesersnavrae. Het jy ook ʼn vraag? Gebruik die vorm in dié artikel om jou vraag vir Ed te stuur.

Het jy ook ‘n vraag? 

Het jy ook ‘n vraag oor testamente, trusts of boedels? Voltooi hierdie vorm sodat Ed dit kan oorweeg vir ‘n volgende moontlike lesersnavraag.

Die vorm is gesluit.

Vorige lesersvrae beantwoord

  • Lesersvraag: Ek bepaal in my testament dat die erfgename van my boedel in gelyke dele moet vererf. Ek bepaal verder dat die erfenis van ʼn erfgenaam, wat my nie oorleef nie, sal oorgaan op die oorblywende erfgename. Wat gebeur nou as die erfgenaam ná die persoon sterf? Gaan die erfenis dan oor na die oorblywende erfgename of na sy boedel?

Ed sê: 

Let daarop dat die testament jou toelaat om ʼn klousule in te sluit wat bepaal dat, in ʼn geval soos dié van ʼn begunstigde wat sterf, die erfenis dan oorgedra moet word aan die laaste lewende begunstigde of aan die persoon wat jy in jou testament vermeld het.

  • Lesersvraag: My oorlede pa se boedel is by ʼn bank en hulle is as die eksekuteurs aangestel. Wat is die bedrag eksekuteursfooie wat hulle toekom en wat gebeur as daar nie genoeg fondse in die boedel is om dit te beredder nie?

Ed sê: 

Let daarop dat eksekuteursfooie afhanklik is van die instellingsbeleid. Elke instelling mag ʼn fooi hef wat hulle volgens hul berekeninge gepas ag. Indien daar onvoldoende fondse is om die boedel te administreer, sal die boedel insolvent verklaar word. In sekere gevalle sal die boedel gelikwideer word om die fooie wat opgehoop het, af te betaal.

  • Lesersvraag: Wat is die maklikste en beste manier om jou bates na te laat sodat daar minder boedelgeld betaalbaar is?

Ed sê: 

Daar is ʼn aantal kostes wat oorweeg moet word wanneer jy ʼn bestorwe boedel likwideer. Capital Legacy verseker dat jy hierdie koste kan vermy en gemoedsrus kan hê in ʼn tyd wat baie stresvol kan wees vir diegene wat agtergelaat word. Ek stel voor dat jy jou testament saam met een van ons kundige konsultante opstel en ons kan jou help om jou boedel in orde te kry.

  • Lesersvraag: Watter persentasie vat Capital Legacy as julle die boedel hanteer?

Ed sê: 

Die bedryfsnorm is 3,5% + BTW. Capital Legacy-kliënte met ʼn Legacy Protection Plan™ in plek word teen hierdie fooie gevrywaar.

  • Lesersvraag: Indien ek sou sterf, word my lewenspolis gebruik om die huisverband af te los? Hoeveel sal my gade ongeveer benodig om die huis op haar naam te laat oordra?

Ed sê: 

Ja, jou lewensdekking kan gebruik word om jou verband te vereffen mits jy óf die lener óf begunstigde genomineer het óf ‘n vasgestelde bedrag in die boedel toegewys het vir die eksekuteur om daardie skuld te delg. Wat die oordragkoste betref om die eiendom op jou gade se naam te laat oordra, hang dit af van die waarde van die eiendom. Hier is ʼn skakel na die SAID-hereregteskaal as voorbeeld: https://www.sars.gov.za/tax-rates/transfer-duty/

  • Lesersvraag: Ek en my vrou het vier jaar gelede ʼn gesamentlike testament opgestel. Ek het verlede jaar my eie persoonlike een opgestel. Is die “gesamentlike” een nog geldig vir my vrou?

Ed sê: 

Ja, die gesamentlike testament is steeds geldig vir jou vrou, maar nie vir jou nie, aangesien jou nuwe testament dit sal vervang. Ek sou egter voorstel dat jy ‘n nuwe testament vir jou vrou opstel sodat daar geen verwarring is nie.

  • Lesersvraag: Hoe gaan julle weet as ek dood is?

Ed sê:

Ons stel voor dat jy die inligting oor waar jy polisse uitgeneem het, en watter maatskappy jy gebruik het om jou testament op te stel en aangewys het om jou boedel te likwideer, met jou geliefdes deel. Dit sal verseker dat hulle weet wie om te kontak in die geval dat jy afsterf.

  • Lesersvraag: Ek wil weet of daar meer as een mede-eksekuteur mag wees. Kan ek en my broer saam op my ma se boedel aangewys word en die instansie wie die boedel gaan dien? Ek wil ook weet hoeveel kommissie die mede-eksekuteur van die boedel kry.

Ed sê:

Ja, jy kan meer as een persoon aanstel om saam met die aangestelde maatskappy as mede-eksekuteur op te tree. Eksekuteursfooie kan soveel as 3,5% (plus BTW) van die waarde van die boedel wees. Hierdie professionele fooie kan soms met die eksekuteur onderhandel word of, soos in die geval met Capital Legacy, kan jy versekering uitneem om hierdie fooie te dek.

  • Lesersvraag: Kan ʼn testament handgeskrewe wees en is dit nodig om beëdig te word?

Ed sê:

Ja, ʼn testament kan handgeskrewe wees, maar ek stel voor dat dit eerder getik en gedruk word, aangesien handskrif soms nie leesbaar is nie en probleme kan veroorsaak indien dit nie duidelik is nie. Ek stel voor dat jy ‘n professionele maatskappy kry om jou te help in hierdie opstelproses, om te verseker dat dit reg opgestel word.

  • Lesersvraag: Ek is 32 jaar oud en getroud. Het ek regtig nou ‘n testament nodig en wat sal die implikasies wees indien ek nie een het nie?

Ed sê:

Ek is bly dat jy hierdie vraag gevra het. Baie mense dink dat hulle eers later in hulle lewens ʼn testament nodig het, maar die werklikheid is dat jy eintlik ‘n testament nodig het sodra jy enige bates het wat jy wil beskerm indien jy sou afsterf. Jy het ook ‘n testament nodig indien jy enige lewensveranderinge ondergaan, soos om te trou, ‘n gesin begin, ‘n huis koop, ens. Indien jy sou afsterf sonder ‘n testament, sal jou finale wense nie gedokumenteer wees nie en jou boedel mag in ‘n groot gemors agtergelaat word vir jou geliefdes om uit te sorteer. Afhangende van jou boedel, en of jy kinders het, mag jy moontlik ook voorsiening wil maak vir ‘n testamentêre trust.

  • Lesersvraag: Ek het my testament jare gelede opgestel, het ek regtig nodig om dit by te werk?

Ed sê:

Dankie vir ‘n goeie vraag! Indien jy nie jou testament gereeld bywerk nie, ontstaan die probleem dat dit nie jou huidige situasie reflekteer nie. Jou testament is ‘n dinamiese dokument en behoort elke lewensfase waardeur jy beweeg, te weerspieël. Jy het byvoorbeeld dalk eiendom aangeskaf, kinders gehad, of deur ‘n egskeiding gegaan sedert jy jou testament aanvanklik opgestel het. Dit is belangrik om daarop te let dat baie mense met ouer testamente, testamente het wat nie geldig is nie. Die testament is byvoorbeeld moontlik ook nie korrek onderteken deur die getuies nie. Dis ook belangrik om daarop te let dat jou gade, en enigeen wat as ʼn begunstigde, eksekuteur of trustee gelys word, byvoorbeeld nie as ʼn getuie mag teken nie.

Ons beveel aan dat jy jou testament elke paar jaar bywerk of wanneer jy ook al ʼn groot lewensverandering ondergaan.

  • Lesersvraag: Ek is onseker oor die verskil tussen trusts en testamente. Watter een moet ek kies?

Ed sê:

Trusts en testamente is twee verskillende dinge.

’n Testament is ’n dokument wat jou finale wense bevat oor hoe jy wil hê jou boedel versprei moet word wanneer jy sterf. Jou testament bevat besonderhede van wie jou bates gaan erf wanneer jy sterf. Dit sluit byvoorbeeld jou eiendom, motors, juweliersware en beleggings in. Sonder ’n testament is daar geen duidelike instruksies oor hoe jy wil hê jou boedel versprei moet word nie. Die Wet op Intestate Erfopvolging sal dan van toepassing wees, wat beteken dat jou boedel volgens ’n vasgestelde formule deur die regering versprei sal word.

’n Trust, aan die anderkant, is ’n regstruktuur wat gestig word om eiendom en bates aan begunstigdes oor te dra. ’n Trust vereis deurlopende bestuur deur trustees, maar kan ’n nuttige struktuur vir boedelbeplanning wees.

Testamentêre trusts is trusts wat jy deur jou testament skep, en as dit korrek opgestel is, bied dit finansiële voorsiening, beskerming van bates en sekerheid vir begunstigdes totdat die begunstigdes hul erfporsie effektief op hul eie kan bestuur. Dit beteken dat hulle finansiële voogdyskap vir jou begunstigdes moontlik maak, net soos ’n voog wat vir jou kinders sal sorg.

By Capital Legacy het ons sulke trusts verpak in doelgerigte trusts wat aan die unieke behoeftes van begunstigdes kan voorsien.

Legacy Childrens Trust™

As jy deur jou testament voorsiening maak vir ’n kindertrust, sal dit geskep word vir minderjarige kinders wat ten tyde van jou dood jonger as 18 jaar is, en dit sal duur tot hulle die ouderdom van 18 jaar bereik, of die ouderdom bereik soos deur jou testament bepaal word.

Minderjarige kinders mag nie direk erf nie, en die skep van ’n testamentêre trust verseker dat hul erfporsie nie in die hande van voogde of die voogdyfonds gelaat word nie, en dat enige eiendom wat hulle mag erf, verhuur of verkooop kan word.

Legacy Widows Trust™

Jy kan ’n trust stig om jou eggenoot of lewensmaat se erfporsie te beskerm en om te verseker dat die gedeelte van die boedel wat aan hulle nagelaat word nie deur ander vermors of wanbestuur word nie. Daar kan sodoende voorsiening gemaak word vir jou eggenoot of lewensmaat todat hulle sterf. Boonop verseker hierdie struktuur dat jou kinders of ander begunstigdes ook voordeel uit jou boedel sal trek wanneer jou eggenoot of lewensmaat eendag afsterwe.

Legacy Providers Trust™

’n Trust wat geskep kan word om die deurlopende finansiële ondersteuning te verseker aan ’n individu wat finansiële hulp nodig het, nie vir homself/haarself kan voorsien nie, of hul eie finansies kan bestuur nie. Ouers van kinders met spesiale behoeftes soos serebrale gestremdheid of outisme gebruik dikwels hierde struktuur in hul testament om te verseker dat daar na hul kinders omgesien word, selfs in hulle latere jare.

  • Lesersvraag: Ek is 32 jaar oud en getroud, het ek regtig nou ‘n testament nodig en wat sal die implikasies wees indien ek nie een het nie? 

Ed sê:

Ek is bly jy het hierdie vraag gevra, baie mense dink dat hulle eers later in hulle lewe ‘n testament nodig het, maar die realiteit is dat jy eintlik ‘n testament nodig het sodra jy enige bates het wat jy graag wil bemaak indien jy sou afsterf. Jy het ook veral ‘n testament nodig indien jy enige lewensveranderinge ondergaan, soos in die huwelik tree, met ‘n gesin begin, huiskoop, ens. Indien jy sou wegval sonder ‘n testament sal jou finale wense nie gedokumenteer wees nie en jou boedel mag in ‘n groot gemors gelaat word vir jou geliefdes om uit te sorteer. Afhangende van jou boedel, en of jy kinders het of nie, mag jy moontlik ook byvoorbeeld voorsiening wil maak vir ‘n testamentêre trust.

Om jou testament op te stel is nie so moeilik soos wat jy dink nie, dis net ‘n uur van jou tyd en jy sal gemoedsrus hê!

  • Lesersvraag: Ek is 32 jaar oud en getroud, het ek regtig nou ‘n testament nodig en wat sal die implikasies wees indien ek nie een het nie? 

Ed sê:

Ek is bly jy het hierdie vraag gevra, baie mense dink dat hulle eers later in hulle lewe ‘n testament nodig het, maar die realiteit is dat jy eintlik ‘n testament nodig het sodra jy enige bates het wat jy graag wil bemaak indien jy sou afsterf. Jy het ook veral ‘n testament nodig indien jy enige lewensveranderinge ondergaan, soos in die huwelik tree, met ‘n gesin begin, huiskoop, ens. Indien jy sou wegval sonder ‘n testament sal jou finale wense nie gedokumenteer wees nie en jou boedel mag in ‘n groot gemors gelaat word vir jou geliefdes om uit te sorteer. Afhangende van jou boedel, en of jy kinders het of nie, mag jy moontlik ook byvoorbeeld voorsiening wil maak vir ‘n testamentêre trust.

Om jou testament op te stel is nie so moeilik soos wat jy dink nie, dis net ‘n uur van jou tyd en jy sal gemoedsrus hê!

Kontak ons gerus by capitallegacy.co.za vir meer inligting – ons bied gratis testament-konsultasies.

  • Lesersvraag: Ek het my testament jare gelede opgestel, hoe belangrik is dit dat ek dit bywerk? 

Ed sê:

Dankie vir ‘n goeie vraag! Die probleem indien jy nie jou testament bywerk nie, lê daarin dat dit waarskynlik nie jou huidige situasie reflekteer nie. Jou testament is ‘n dinamiese dokument en behoort elke lewensfase waardeur jy beweeg, te weerspieël. Jy het dalk eiendom aangekoop, kinders gehad, of deur ‘n egskeiding gegaan sedert jy jou aanvanklike testament opgestel het. Dit is belangrik om daarop te let dat baie mense met ouer testamente wel testamente het, maar dit is nie geldig nie. Die testament mag byvoorbeeld nie korrek onderteken wees deur die getuies nie. Dis ook belangrik om daarop te let dat jou gade, en enigeen wat as ‘n begunstigde, eksekuteur of trustee aangedui word, byvoorbeeld nie as ‘n getuie mag teken nie.

Ons beveel aan dat jy jou testament elke paar jaar bywerk of wanneer jy ook al ‘n groot lewensverandering ondergaan.

Kontak ons gerus by capitallegacy.co.za vir meer inligting – ons bied gratis testament-konsultasies.

  • Lesersvraag: Ek is onlangs geskei en het nog nie kans gehad om my testament by te werk nie. Sal my nuwe vrou outomaties my bates erf indien iets met my gebeur? 

Ed sê:

Hierdie is ‘n vraag wat ons dikwels teëkom, dankie. Die realiteit is wanneer mense deur lewensveranderende tye gaan – die laaste ding waaraan hulle dink die bywerking van hulle testament is. Jou testament moet beskou word as ‘n dinamiese, lewende dokument wat elke paar jaar bygewerk moet word of wanneer jy ‘n groot lewensverandering ondergaan, soos in jou geval, egskeiding. Jy moet dit beslis onmiddellik bywerk.

Suid-Afrikaanse wetgewing stipuleer dat wanneer jy deur ‘n egskeiding gaan, jy drie maande grasie het om jou testament by te werk.

Indien jy sou afsterf voor die drie maande verval, sal die Hof dit beskou asof jou vorige gade voor jou weggeval het (al het hulle nie werklik afgesterf nie). Hy/sy sal as begunstigde uitgesluit wees van jou testament en sal dus nie erf nie. Daardie gedeelte van die boedel kan dan beredder word ingevolge die Intestate-opvolgingswet.

Indien jy nie jou testament bywerk nie en jy drie maande ná jou egskeiding sterf, sal die Hof aanneem dat jou bedoeling was om jou vorige gade as ‘n begunstigde te behou. Dit mag ernstige probleme veroorsaak wanneer jy wegval en indien jy weer getrou het en moontlik kinders gehad het by jou nuwe gade.

Dit kan vernietigende, onbedoelde gevolge veroorsaak as jy sonder ‘n bygewerkte testament afsterf. Jou bates mag dalk in geheel deur jou vorige gade geërf word.

Kontak ons gerus by capitallegacy.co.za vir meer inligting – ons bied gratis testament-konsultasies aan. 

  • Lesersvraag: Ek het twee kinders, onderskeidelik vier en nege jaar oud, en ek het nog nie ‘n testament nie. Wat sou met hulle gebeur indien ek en my gade albei gelyktydig afsterf? 

Ed sê:

Wat baie mense nie besef nie is dat wanneer kinders albei hul ouers verloor en hulle nog minderjarig is, kan hulle nie direk erf nie. Dit beteken hulle erfporsies mag oorbetaal word aan die Regering se Voogdyfonds of ‘n wettige voog – beide situasies is nie ideaal nie.

Wanneer ‘n minderjarige kind se erfporsie deur die Voogdyfonds beredder word, word dit aan die aangewese voog oorgelaat om aansoek te doen vir geld om vrygestel te word vir daaglikse lewenskostes soos klere, kos, skoolfooie ens. Dit is ‘n lastige proses wat dikwels beteken dat daar vertragings is met die fondse wat vrygestel moet word en dit kan ‘n ernstige impak op ‘n kind se lewe hê.

Die eenvoudige oplossing is om jou testament opgestel te kry en voorsiening te maak vir ‘n testamentêre trust in jou testament. Jou testament behoort nie alleenlik uiteen te sit wie wat erf nie, maar ook wie jou kinders se voog(de) moet wees, sowel as hoe die geld en bates wat jy aan hulle nalaat, aangewend behoort te word. ‘n Testamentêre trust help om te verseker dat die erfporsie wat jy aan jou minderjarige kinders nalaat, goed en tot hulle voordeel bestuur word. Wanneer hulle ouer is, kan die balans van die trust vrygestel word aan hulle, indien dit jou wens was. Baie mense verseker egter wel dat hulle kind se volle erfporsie in die trust gehou word totdat die kind min of meer 25 jaar oud is en volwasse genoeg is om hulle eie sake te kan bestuur.

Kontak ons gerus by capitallegacy.co.za vir meer inligting – ons bied gratis testament-konsultasies aan.

  • Lesersvraag: Wat is die verskil tussen Eksekuteurskap en Trusteeskap?

Ed sê:

Goeie vraag! Wanneer jy jou testament opstel, kan jy stipuleer wie jy as jou eksekuteur(s) en trustee(s) wil aanstel.

Die eksekuteur sal wetlik verantwoordelik daarvoor wees om jou boedel te bestuur (geld, eiendom en besittings) en om jou instruksies uit te voer soos uiteengesit in jou testament wanneer jy afsterf. Hierdie administrasie is ‘n intensiewe taak en baie boedels mag 6 – 24 maande neem om beredder te word. Baie mense stel vertroude vriende of familielede aan as eksekuteur, maar dit is nie altyd die beste besluit nie, aangesien hulle moontlik nie weet wat om te doen nie en uiteindelik in elk geval die verantwoordelikheid aan iemand anders oordra. Vind liewer ‘n betroubare, goed gevestigde spesialismaatskappy wat jy weet nog sal voortbestaan wanneer jy nie meer daar is nie.

‘n Trustee, aan die ander kant, is ‘n individu wat aangestel word om ‘n trust te bestuur tot voordeel van die trustbegunstigdes. Jy behoort ‘n onafhanklike trustee te kies wat weet wat jy vir jou kinders sou wou hê. Jy kan ook iemand na aan die familie as ‘n mede-trustee saam met die onafhanklike kurator aanstel. Saam kan die eksekuteur en die trustee beplan om jou wense vir jou begunstigdes ten beste na te kom.

Kontak ons gerus by capitallegacy.co.za vir meer inligting – ons bied gratis testament-konsultasies aan.

Klik hier om vorige artikels deur Capital Legacy op Maroela Media te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.