Vyf beste Forex-makelaars in SA

Die Forex-mark het deelnemers van reg oor die wêreld. Alhoewel dit baie winsgewend kan wees vir handelaars, kan hierdie groot finansiële mark ook wisselvallig en onbestendig wees. Suid-Afrika is die tweede grootste ekonomie in Afrika en het ‘n aktiewe bevolking van Forex-entoesiaste, van beginners tot gevestigde handelaars.

Die aanvanklike proses, wat die keuse van ʼn Forex-makelaar insluit, kan ʼn moeisame onderneming wees vir ʼn voornemende handelaar, daarom werp ons in hierdie artikel lig op ‘n paar van die beste plaaslike Forex-makelaars. Die volgende vyf makelaars bied van die beste en mededingendste handelsomstandighede in die bedryf.

IFX Brokers

IFX Brokers is ʼn trots Suid-Afrikaanse Forex-makelaar wat Forex- en CFD- (Contracts for Difference) instrumente bied wat in verskeie bateklasse verhandel kan word. IFX Brokers bied aan kliënte ‘n wye verskeidenheid markte en mededingende handelsomstandighede bestaande uit veranderlike verspreidings (spreads), ordentlike hefboomverhoudings en kommissie-vrye handel.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor, oftewel Financial Sector Conduct Authority (FSCA), reguleer IFX Brokers. Sodoende kan handelaars verseker wees van ‘n veilige, regverdige en deursigtige handelsomgewing waar kliënte se fondse by topbanke veilig gehou word.

Voordele en Nadele

VOORDELENADELE
Goed gereguleerMetaTrader 5 word nie aangebied nie
MetaTrader 4 ondersteuningFIX API-handel word nie ondersteun nie
Verskeidenheid nuttige gereedskap word aangebiedVerspreidings (spreads) is nie die strengste nie
Kommissievrye handel
Groot verskeidenheid verhandelbare instrumente

Markets.com

Markets.com is ‘n verhandelingsplatform en ‘n Forex-makelaar met ‘n wye verskeidenheid bates wat buigsame handelsoplossings bied vir Suid-Afrikaanse handelaars.

Bekend as een van die beste makelaars in Suid Afrika, bied Markets.com ‘n wye verskeidenheid verhandelbare instrumente wat met MetaTrader 4 en MetaTrader 5 verhandel kan word.

Voordele en Nadele

VOORDELENADELE
Lae handelsfooieOnaktiwiteitsfooie word gehef
Eiendomsverhandelingsplatform met skandeerder en handelseine
Goed gereguleer
24/5 meertalige kliëntediens
Geskik vir beginnerhandelaars

Blackstone Futures

Blackstone Futures bied aan kleinhandelhandelaars in Suid-Afrika gevorderde, buigsame handelsoplossings. Dit is ‘n Suid Afrikaanse Forex- en CFD-makelaar wat streng reguleer word deur die FSCA.

Met Blackstone Futures kan handelaars ‘n regverdige en deursigtige handelsomgewing verwag en gewaarborgde veiligheid van fondse. Dit bied 32 verskillende Forex-pare aan wat verhandel kan word met verspreidings (spreads) vanaf so min as 0,6 pips (percentage in point/price interest point) op EUR/USD.

Lees ook: Complete guide of the best forex trading brokers operating in South Africa.

Voordele en Nadele

VOORDELENADELE
Suid-Afrikaans gebaseerde makelaar onderhewig aan FSCA-regulasiesBeperkte verhandelbare instrumente
Lae verspreidings (spreads)
Hoë maksimum hefboomfinansiering
Gevorderde handelsplatforms word aangebied
Opvoedkundige materiaal en handelsinstrumente word aangebied

HotForex

HotForex is ‘n groot en betroubare Forex-makelaar. Dit is die handelsarm van HF Markets en bied ʼn lang lys regulasies en magtigings om dienste in Suid Afrika te lewer.

Met HotForex kan handelaars ‘n wye verskeidenheid verhandelbare instrumente, lae handelsfooie, kragtige handelsplatforms, opvoedkundige materiaal en gevorderde handelsinstrumente en hulpbronne verwag.

Voordele en Nadele

VOORDELENADELE
Demo-rekeninge word aangebiedVaste verspreidings (spreads) word nie aangebied nie
Goed gereguleer
Keuse in rekeningtipes
Mededingende handelstoestande
Stewige verspreidings (spreads) word aangebied

Khwezi Trade

Met sy hoofkwartier in Kaapstad, is Khwezi Trade ‘n gewilde en gerekende Suid-Afrikaanse makelaar.

Khwezi Trade maak voorsiening vir beginners sowel as vir professionele en gesoute handelaars wat ‘n mededingende voordeel tot hul Forex-handel wil toevoeg.

Voordele en Nadele

VOORDELENADELE
FSCA-gereguleerde Suid-Afrikaanse makelaarHoë minimum deposito vereiste van R2,000
Toegewyde kliëntediens in verskeie taleBeperkte verhandelbare instrumente
Ordentlike hefboomverhoudings aangebied

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.