Waardevolle voordele vir huiskopers aangebied

(Foto: Schluesseldienst/Pixabay)

Capital Legacy is al sedert 2012 betrokke by die fidusiêre en finansiële industrieë, en is Suid-Afrika se voorste verskaffer van testamente. In die laaste agt jaar het hulle testamente aan meer as 300 000 kliënte voorsien en fooie van meer as R70 miljard, wat gedurende die boedelberedderingsproses ontstaan, gevrywaar. Die maatskappy se ondervinding en insig tot verbruikerstendense en behoeftes is van onskatbare waarde.

“Toe ons ondersoek na die huiskopersmark ingestel het, het twee tekortkominge vir ons duidelik geword. Eerstens is die hele proses ingewikkeld en ongerieflik vir die kliënt en tweedens word die finansiële adviseur by die aankoop van een van die kliënt se grootste bates, uitgesluit. Die finansiële adviseur is die individu op wie die kliënt steun en vertroue vestig om hulle by te staan en advies te gee oor beleggings en nalatenskapbeplanning,” verduidelik Brandon Garbutt, besturende direkteur van Capital Legacy.

Die maatskappy stel elke maand meer as 6 500 testamente op vir nuwe kliënte en word landswyd deur meer as 4 500 finansiële adviseurs vertrou, wat hulle posisie as die voorste verskaffer van testamente in die land bevestig en dit beaam ook hulle slagspreuk van “Laat ‘n Nalatenskap”.

“Dit plaas ons in ‘n unieke posisie om waar te neem hoe mense hulle finansiële- en opvolgingsbeplanning benader,” sê Brandon. “Ons werk nou saam met adviseurs en hulle kliënte, en ons doel is om te verseker dat die kliënte se nalatenskap veilig is en dat daar vir die onverwagte kostes van afsterwe beplan word.”

Merendeels is die hoeksteen van mense se nalatenskap vir hulle gesinne, hulle eiendom. Dit maak dus sin dat die aankoop van eiendom ooreenstem met hulle langtermyn finansiële beplanningsdoelwitte en dat die beste ooreenkomste hiervoor beding word – soos met enige belegging.

Uitdagings wat in die huiskopersmark geïdentifiseer word

  • Die finansiële adviseur word uitgesluit – Die huidige verbandopnemingsproses sluit jou vertroude adviseur uit en dwing jou om met organisasies te onderhandel wat dalk nie met jou finansiële plan ooreenstem nie.
  • Meer as een kontakpunt – Die huidige proses dwing jou om by amper elke stap met verskeie persone te onderhandel, vanaf die aktebesorger, huisleningverskaffers, korttermyn- en langtermyn versekeringsverskaffers, ens.
  • Opvolgingsbeplanning – Kliënte vergeet dikwels om hulle testament en boedelbeplanning te hersien sodat hulle nuwe eiendomsbelegging weerspieël word, juis omdat hulle met derdepartyondernemings onderhandel het wat nie in pas is met hulle finansiële beplanningsdoelwitte nie.

Die oplossing – HomeVantage™

“Die oplossing tot die tekortkominge wat tans ondervind word deur beide kliënte en finansiële adviseurs is eintlik heel eenvoudig,” verduidelik Brandon. “Eerstens behoort die finansiële adviseur betrek te word by die proses, en tweedens moet die proses in sy geheel vereenvoudig word vir die kliënt, wat dit dan ‘n baie meer aangename ondervinding maak. Ons het die hele proses onder een dak geplaas, met een kontakpunt en kan nou kliënte bystaan vanaf die begin tot die einde – en ons bied mededingende tariewe en voordele deur middel van hierdie vereenvoudigde model aan.”

Voordele daaraan verbonde om HomeVantage™ te gebruik

  • ‘n Enkele kontakpunt word aan jou toegewys – ‘n spesialiskonsultant, deur wie al die nodige produkte en dienste bekom word – die huislening, huiseienaarsversekering, lewensdekking om die huislening te dek, oordrag van eiendom, registrasie by die aktekantoor, en die belangrikste, om te sorg dat jou testament op datum is om hierdie lewensveranderende gebeurtenis te weerspieël en dat enige impak op jou boedelbeplanning in ag geneem word.
  • Jou adviseur is deel van die proses wat verseker dat jou finansiële beplanningsdoelwitte ooreenstem met jou bate-aankoop en boedelbeplanningvereistes.
  • Jy ontvang tot 50% van jou huislening- en registrasiefooie terug deur die Home Starter-voordeel wat direk aan jou uitbetaal en wat vir enigiets gebruik kan word – van die aankoop van nuwe gordyne tot die koste van jou verhuising.
  • Die Bond Accelerator-voordeel betaal ná 15 jaar aan jou uit om jou te help om jou huislening vroeër af te betaal.
  • Trek voordeel uit ‘n mededingende rentekoers deur Capital Legacy se HomeVantage™

HomeVantage™, van Capital Legacy, verskaf nie net ‘n professionele, geïntegreerde, unieke en allesomvattende oplossing vir die huiskoper nie, maar verseker dat jy die beste tariewe kry. Dit bied waardevolle voordele en van uiterste belang, sluit jou finansiële adviseur in wanneer jy een van jou grootste beleggings aangaan. HomeVantage™ is vanaf 1 Oktober 2020 beskikbaar.

Klik hier vir meer inligting oor HomeVantage™ en ander nuwe produkte wat vrygestel is.

  • Kontak Capital Legacy

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Verbruikersake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae