Wat gebeur as jy sonder ‘n testament sterf?

(Foto verskaf deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente)

Om sonder ‘n testament te sterf kan rampspoedige gevolge vir jou geliefdes inhou. As jou familiestruktuur en -dinamika enigiets anders as tradisioneel is of selfs net ligte struwelinge ervaar, is die kans groot dat jou bates nie versprei sal word volgens hoe jy jou kan voorstel dit behoort te wees nie.

Volgens Suid-Afrikaanse wetgewing, as jy sterf sonder om ‘n geldige testament na te laat, sal die bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging, Wet No. 81 van 1987, asook ander wetgewing wat van toepassing mag wees op grond van jou unieke situasie, bepaal hoe jou boedel versprei word. Jy wil dalk hê jou boedel moet verdeel word tussen jou langslewende gade, kinders, ouers en/of broers en susters volgens ‘n spesifieke verhouding. Volgens die Wet op Intestate Erfopvolging sal jou boedel egter volgens die staat in ‘n baie spesifieke verhouding en volgens ‘n spesifieke hiërargie verdeel word.

Om te sterf sonder ‘n testament maak jou wense ongeldig

Wanneer daar geen testament is ten tyde van afsterwe nie, verskaf die Wet op Intestate Erfopvolging die hiërargie waarvolgens jou boedel sal verdeel word. Dit begin by die wettig getroude langslewende gade en kinders. Sou daar egter ‘n egskeidingsbevel in plek wees, ‘n onderhoudsbevel, of dalk kinders wat buite die huidige huwelik gebore is, dan word verskeie ander wetgewing oorweeg.

Enige wense wat jy vir jou nalatenskap gehad het, of dit nou is om jou nalatenskap oor te dra aan geliefdes wat dalk nie familie is nie, of dalk aan ‘n liefdadigheidsorganisasie, maak nie meer saak nie.

Sonder ʼn testament kan die proses om ʼn boedel af te handel baie jare neem wat, buiten vir die administrasie en ongerief, groot finansiële implikasies op jou geliefdes hê.

Jou kinders is nie beskerm nie

Die realiteit dat ‘n testament belangrik is vir beide die oorledene en sy/haar erfgename kan nooit oorbeklemtoon word nie. Dit word soveel belangriker as kinders betrokke is. Wat gebeur met jou kinders in hierdie geval? As daar ‘n oorlewende ouer is, ongeag of hulle die langslewende gade is, sal hy/sy outomaties die kinders se wettige voog word. Komplikasies ontstaan wanneer daar geen oorlewende gade of ouer is om jou kinders se voog te word nie. Die Meester van die Hooggeregshof stel dan ‘n voog aan, en jou kinders kan dalk in die sorg geplaas word van iemand wat hulle nie ken nie, of wat dalk vyandig kan blyk te wees en net belangstel in wat hulle sal baat om ‘n voog te wees.

Sonder ‘n testament in plek, sal jou kinders eers hul erfporsie ontvang sodra hulle 18 jaar oud word. Intussen sal die geld in die staat se voogdyfonds gehou word of aan die voog betaal word.

Jy kies nie jou eie eksekuteur nie

Een van die belangrike aspekte waaroor jy beheer kan uitoefen deur ‘n testament te hê, is wie die eksekuteur sal wees. Indien jy dit nie in ‘n geldige testament uitgespreek het nie, kan jou naasbestaandes wat agterbly die eksekuteur van hul keuse benoem, ‘n besluit wat deur die Meester van die Hooggeregshof gefinaliseer word. Gevolglik kan die afhandeling van jou boedel vertraag of swak beredder word, wat bykomende koste en onnodige frustrasie vir jou gesin tot gevolg hê.

Sou jy sonder ‘n testament sterf en geen erfgename hê wat moontlik kan erf nie, sal al jou bates gelikwideer word en in die staat se voogdyfonds inbetaal word. En as niemand binne 30 jaar ‘n aanspraak daarop maak nie, word dit verbeur aan die Staat.

Kry sekerheid oor jou nalatenskap deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente te vertrou met hierdie belangrike taak, alles in jou taal.

Maak vandag nog ʼn afspraak.

  • Eksekuteurs vir Boedels en Testamente spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Besoek https://www.eksekuteurs.co.za/ of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.