Wat maak ‘n testament ongeldig?

(Foto verskaf deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente)

Soos alle regsdokumente, is daar ‘n paar faktore wat ‘n testament ongeldig kan maak.

‘n Testament is ‘n dokument waarin ‘n persoon (genoem ‘n testateur of testatrise) sy of haar wense uitspreek oor wat met hul bates moet gebeur. Dit sluit in wat hul afhanklikes moet erf wanneer hulle sterf.

Maar, soos alle regsdokumente, is daar ‘n paar faktore wat ‘n testament ongeldig kan maak.

Daar is ‘n paar moets, moenies en mag nies waarvan jy moet weet.

Indien die “moets” nie gedoen word nie, sal die testament ongeldig wees en as die “moenies” gedoen word, kan dit ook nietig verklaar word.

Die moets

  • Alle testamente moet op skrif wees. Dit beteken dat ‘n testament getik of met die hand geskryf kan word.
  • Jy kan jou testament persoonlik onderteken of iemand vra om namens jou te teken as jy nie in staat/bevoeg is nie. Wanneer iemand namens jou teken, sal dit in die teenwoordigheid van ‘n Kommissaris van Ede moet gebeur anders is jou testament ongeldig.
  • Alle bevoegde persone word toegelaat om ‘n testament op te stel as hulle 16 jaar en ouer is. Bevoeg beteken dat die testateur/testatrise die voldoende verstandelike vermoë moet hê om die aard en effek van die testamentêre handeling te verstaan.
  • Die handtekening van die testateur/testatrise moet op elke bladsy van die testament sowel as aan die einde van die testament verskyn. Hierdie handtekening moet gemaak word in die teenwoordigheid van twee of meer bevoegde getuies.
  • Testamente moet gedateer word om verwarring te voorkom ingeval ‘n ander testament gevind word. Dit sal ook meer duidelikheid gee as die bladsye van die testament genommer is.
  • ‘n Relatief onbekende en interessante feit is dat enige persoon van 14 jaar en ouer bevoeg is om op te tree as ‘n getuie van ‘n testament.

Die moenies en mag nies

  • As jy as ‘n getuie teken, mag jy glad nie baat by die testament nie. Jy word ook verbied om as eksekuteur, administrateur, trustee of voog aangestel te word. As jy deel is van die testament, sal die nominasie nietig wees.
  • Testamente mag geen onwettige, onetiese of immorele bepalings bevat nie.
  • Kinders se welstand word altyd eerste gestel wat ʼn testament betref. Indien daar genoeg bates en/of likiditeit in die testament is, moet dit voldoende voorsiening maak vir die onderhoud en opvoeding van die testateur/testatrise se kinders. Indien dit nie gebeur nie, kan die testament ongeldig verklaar word.
  • Selfs al is ‘n kind onterf, ontneem dit hom/haar nie van ‘n eis teen die bestorwe boedel nie. Die plig van ‘n ouer om sy/haar kind te onderhou, eindig nie by die ouer se dood nie. ’n Kind bo die ouderdom van 18 sal moet bewys dat hy/sy nie in staat is om hom-/haarself te onderhou nie. ’n Kind se onderhoudseis staan ​​bo alle ander eise teen die boedel, behalwe vir skulde verskuldig aan skuldeisers van die boedel.
  • Dit spreek vanself dat ‘n testament nie ‘n vervalsing mag wees nie. Hou in gedagte dat ‘n testament wel ook nietig verklaar kan word al is die dokument eg, in die geval waar die handtekening wat die testateur/testatrise vervals is.
  • Die uitdrukking van ‘n testateur/testatrise se laaste wense mag nie gedwing word nie. Indien die testament nie ‘n gevolg is van die testateur/testatrise se eie vrye wil nie, sal die testament ook nietig verklaar word.
  • ‘n Begunstigde mag nie ‘n onwaardige/oneerbiedige persoon wees nie. Hy/sy sal uitgesluit word van ‘n testament indien dit so is. ‘n Uiterste voorbeeld is ‘n begunstigde wat opsetlik of roekeloos die testateur/testatrise se dood veroorsaak het.

Daar is standaard voorbeelde van testamente oral op die internet. Bogenoemde toon egter dat daar verskeie wetlike strikke is waarvoor jy versigtig moet wees.

Kry sekerheid oor jou nalatenskap deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente te vertrou met hierdie belangrike taak, alles in jou taal.

Maak vandag nog ʼn afspraak.

  • Eksekuteurs vir Boedels en Testamente spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Besoek https://www.eksekuteurs.co.za/ of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.