Waterfront-aftreeleefstyl in die hartjie van Pretoria

Central Developments kondig met trots die bekendstelling van hul dertiende aftreelandgoed, Waterkloof Marina, aan. Hierdie vlagskipontwikkeling is geleë in Pretoria se gesogte Waterkloofrif-voorstad. Die ontwikkeling is gedurende die afgelope twee maande aan ʼn waglys van byna 4 000 lede bekendgestel. Die luukse eenhede is so positief ontvang dat 50% van die huidige fase se eenhede reeds uitverkoop is.

Wat dié aftreelandgoed veral besonders maak, is die feit dat dit rondom ʼn dam van ongeveer 6 hektaar in oppervlakte ontwikkel word. Dié unieke watermassa bied aan inwoners die geleentheid tot ʼn uitsonderlike waterfront-aftreeleefstyl in die hartjie van Pretoria – en dit nogal in een van die mees gesogte woonbuurte! Die dam is nie net by spesiehengelaars in die omgewing bekend as die habitat van reuse- swartbaars en karp nie, maar lok ook voëlkykers met die wye verskeidenheid voëls. Vir inwoners wat meer aktief wil wees, is daar meer as genoeg geleentheid om te stap of fiets te trap op die 3 km-roete rondom die dam, te hengel, te swem of te roei en saam met kleinkinders piekniek te hou op die groot grasperke.

Waterkloof Marina Aftreelandgoed bied nie net aan afgetredenes ruim geleentheid tot ʼn gesonde leefstyl nie, maar ook die gemoedsrus van volledige versorgings- en ondersteuningsdienste wat gerieflik op die terrein geleë is. Die aftreelandgoed beskik oor ʼn uitgebreide leefstylsentrum wat vanaf die eerste fase reeds operasioneel is.

Hierdie moderne sorgeenheid vir die 24 uur-versorging van verswakte inwoners dien ook as basis waarvandaan omvattende tuisversorgingsdienste sowel as 24 uur-noodondersteuningsdienste aangebied word. Leefstylfasiliteite soos ʼn ontspanningsaal, haar-en skoonheidsalon, biblioteek, mini-gimnasium, verhitte onderdak swembad, waterfront-restaurant en teetuin, en verskeie aktiwiteitslokale, bied aan inwoners ruim geleentheid om deel te neem aan ʼn aktiewe sosiale lewe.

Beleggers wat reeds oor die afgelope dekade in Central Developments se aftree-ontwikkelings belê het, is dit eens dat Waterkloof Marina Aftreelandgoed van al dié ontwikkelings verreweg die beste beleggingsgeleentheid nóg bied. Die skynbaar onversadigbare vraag na aftree-eiendom met volle eiendomsreg én volledige versorgingsdienste wat van die eerste fase af beskikbaar is, verseker goeie kapitaalgroei en ʼn huurinkomste sterk bo die gewone residensiële eiendomsmark se gemiddelde.

Kom kies die eenheid wat by jou leefstyl pas. Skakel vandag nog op 0861 36 46 16 vir ʼn afspraak of besoek die webtuiste www.retirenow.co.za.

Daagliks op skou 09:00 – 18:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.