Wil jy graag ʼn trust vestig? Dís wat jy moet weet

Ken Newport, nasionale bestuurder – Erfopvolgingsbeplanning by Capital Legacy

Deur Ken Newport, nasionale bestuurder – Erfopvolgingsbeplanning

Die meeste mense weet dat daar goed soos trusts bestaan, maar breër inligting daaroor is so skaars soos die spreekwoordelike hoendertande. Kennis is mag en ons by Capital Legacy wil graag mense bemagtig. As die land se voorloper met die opstel van testamente, het ons oor die jare heen baie geleer en deel dit graag met lesers.

’n Trust kan gedefinieer word as “’n regsentiteit wat deur ’n party (die Stigter) gevestig word waardeur ’n tweede party (die trustee) die reg het om die trust se bates of eiendom tot die voordeel van ’n derde party (die begunstigde) te bestuur.

Daar is twee soorte trusts in Suid-Afrika, naamlik testamentêre trusts en lewende (inter vivos) trusts. ’n Testamentêre trust word opgestel kragtens die testament van ’n testateur en word slegs van krag na die dood van die testateur. ’n Inter vivos-trust of lewende trust word opgestel terwyl die testateur nog leef en is ’n kontrak tussen die stigter en die trustee(s). Inter vivos is ’n Latynse frase wat beteken “terwyl lewendig” of “tussen die lewendes”.

’n Mens behoort navorsing te doen voordat jy besluit of jy die trustroete wil volg. ’n Mens moet ook bepaal watter soort trust die beste aan jou behoeftes sal voldoen.

 

Redes waarom jy ’n trust mag benodig:

Dit mag wees dat ’n trust vir jou geskik sal wees as die volgende faktore op jou van toepassing is:

  • Jy het minderjarige kinders en wil jou bates aan hulle nalaat.
  • Jou bates (insluitende lewenspolisse) oorskry R3,5 miljoen.
  • Jou bates bestaan uit items wat se kapitale waarde styg.
  • Jy wil beheer hê oor hoe/watter bates jou erfgename erf.
  • Jy benodig beplanning met die oog op batebeskerming.

Uit dié lys blyk dit duidelik dat die inhoud/redes vir die skep van ’n trust mag verskil. Dit maak dit ook duidelik dat die idee dat ’n trust net vir ’n top-groep mense gereserveer is, vals is. Enige mens wat dink dis nodig, kan ’n trust op die been bring.

Die twee tipes trusts, naamlik testamentêre trusts en lewende trusts, het verskillende subkategorieë. Die subkategorieë is nie wedersyds uitsluitend nie.

  1. Diskresionêre en niediskresionêre trusts

a) Inter vivos diskresionêre trust

Dié soort trust word opgestel terwyl die stigter leef en daarbinne gee hy die trustees absolute mag oor trustbates en trustinkomste tot die voordeel van die bevoordeeldes. Jy behoort in dié soort trust belang te stel as jou prioriteite batebeskerming en boedelbeplanning is. Inter vivos of lewende trusts word geskep deur die opstel van trustaktes en die registrasie van dié trusts by die meester van die hooggeregshof. Dié trust word van krag die oomblik wat dit geregistreer word.

b) Inter vivos niediskresionêre trust

Dit is ’n ander subklas van ’n inter vivos-trust en is voordelig vir boedelbeplanning. In hierdie soort trust het die trustees nie absolute diskresie nie. Dit is ook ’n trust wat geskep word terwyl die stigter nog leef.

  1. Testamentêre trust

Dié soort trust kan diskresionêr of niediskresionêr wees. Dit is ’n trust wat van krag word wanneer die testateur sterf. So ’n soort trust word gewoonlik opgestel om familielede te versorg wat te jonk is om hulle erflatings regstreeks te ontvang. Alternatiewelik kan dit ook aangewend word waar die trust slegs aan minderjariges beskikbaar gestel word wanneer hulle ’n sekere ouderdom bereik, kragtens die stigter se wense.

  1. Spesiale trust

Dit is enige trust (inter vivos of testamentêr) waar die begunstigde(s) nog nie oud genoeg is om ’n erflating in ontvangs te neem nie, of gestremd is. Dit word ’n “spesiale” trust genoem en word belas asof dit ’n natuurlike persoon is. Dit kan diskresionêr of niediskresionêr wees afhangend van die stigter van die trust.

Waarom trusts nie altyd ’n goeie idee is nie

Die volgende faktore moet in ag geneem word voordat daar besluit word om ʼn trust op te stel, of nie:

  • Algemene koste

Wanneer ’n persoon te sterwe kom, hersien die hof sy/haar bates om seker te maak dat die skuld op die boedel op datum is. Wanneer dié proses afgehandel is, maak die hof ook seker dat die uitstaande skuld vereffen word. Dié hele proses kan baie duur wees. Algemene koste sluit regskoste, eksekuteurskoste, waardasiekoste en verbandgelde in.

  • Belasting

Die inkomste van ’n trust word tans teen die hoogste koers belas wat op individue van toepassing is, naamlik 45%. Kapitale wins word belas teen die hoogste effektiewe koers wat van toepassing is op enige belastingbetaler, naamlik 36%. Kortings kan vanuit ’n belastingoogpunt slegs deur natuurlike persone geëis word en trusts kom daarom nie in aanmerkings vir kortings nie.

  • Administrasie

Dit is van die uiterste belang dat trusts se rekords op datum gehou word. Hierdie dokumentasie moet in die fynste besonderhede en baie gereeld bygewerk word.

Dit sluit in:

  • rekordhouding vanaf die begin van die trust tot minstens vyf jaar nadat die trust gederegistreer is,
  • die hou van ’n afsonderlike bankrekening vir alle kontantvloei van die trust,
  • trustee-goedkeuring vir elke transaksie,
  • die byhou van ’n bateregister,
  • die lewering van finansiële state, inkomstebelastingopgawes en tweejaarlikse voorlopige belastingopgawes.

Dit kan baie ingewikkeld en tydrowend word, veral wanneer die individu wat die trust stig, veelvuldige eiendomme en bates besit en beheer.

  • Krediteure

Skuldinvordering deur krediteure is nie ’n eenvormige proses nie. Wanneer ’n krediteur die bates van die afgestorwene opspoor, is hy/sy/dit binne sy/haar/hulle regte om ’n regsgeding te begin voor of na die groot skuld afgehandel is, en dit kan tot die nadeel van die party(e) wees wat in beheer is van die hantering van die oorledene se boedel.

  • Afstanddoening van beheer

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) mag dit inkomste terug aan die skenker ag te wees, as daar nie ’n genoegsame afstanddoening van beheer oor die bate is nie.

’n Hof mag die trust ondersoek as daar nie genoegsame skeiding van beheer tussen die trustees en die trustbates is nie.

  • Terugeis van geld van die trust

In die geval waar ’n trust geld op ’n sekere ouderdom vrystel, is dit dikwels die verantwoordelikheid van ’n voog om finansieel na die begunstigde om te sien. Wanneer die trust ’n aanvang neem, mag die voog sy/haar geld van die trust af terugeis. Dié proses het egter dikwels ’n slaggat in die pad. Dié probleem is dat hierdie eise slegs geldig is tot die trust ontbind is. Dit mag wees dat die trust betalings aan verskeie partye moet doen en gevolglik nie genoeg geld sal hê om die voog te vergoed nie.

Hoe maak jy seker dat jy die regte besluit neem?

Elke mens se behoeftes en vereistes is uniek. Daarom sal die opstel van truststrukture sommige mense tot voordeel strek, maar ander nie. Om die waarheid te sê, kan die gebruik van ’n trust in sommige gevalle nadelig wees vir jou beplande boedelplanuitkomste. Die rede is bloot onnodige uitgawes en ingewikkeldhede. Dit is dus sinvol om in gesprek te tree met ’n kundige wat nie net die implikasies van dié strukture verstaan terwyl jy nog lewe nie, maar ook as jy ’n erfenis vir jou eggenoot en kinders wil nalaat wanneer jy te sterwe kom.

Capital Legacy hanteer jaarliks honderde boedels en kan goeie raad gee oor beste praktyk en slaggate wanneer jy dit oorweeg om van die verskillende truststrukture gebruik te maak.

Capital Legacy stel testamente gratis op en beredder boedels. Ons sal jou testament gratis opstel en opdateer of wysig. Besoek www.capitallegacy.co.za of voltooi die vorm hier onder.

  • Kontak Capital Legacy

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Verbruikersake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.