Verwagting vir Gigaba se begroting

malusi-gigaba

Minister Malusi Gigaba. Foto: DoC

Malusi Gigaba, minister van finansies, lewer vandag sy nooiensbegrotingsrede.

Kenners is van mening dat dit ook sy laaste begrotingstoespraak sal wees.

Finansiële markte, beleggers, die publiek, ontleders en kredietgraderings-maatskappye asook ekonome sal Gigaba met arendoë dophou.

Mike Schussler, hoofekonoom by Economists.co.za, sê Gigaba sal waarskynlik persoonlike belasting verhoog. Dit sal Suid-Afrika een van die hoogs-belaste lande ter wêreld maak.

“Dit is tragies omdat belastingbetalers nie juis ʼn dividend op hul belasting ontvang nie. Kyk maar na verskeie sektore soos onderwys en gesondheid,” sê hy.

Hy verwag ook dat Gigaba waarskynlik BTW op brandstofpryse sal hef. Schussler wys daarop dat die land se begrotingstekort waarskynlik R65 miljard beloop en dit aandag moet kry.

Gigaba sal ook geld moet vind vir die vorige president, Jacob Zuma, se uitspraak oor gratis hoër onderwys. Hy het in Desember gratis tersiêre onderrig aan studente wat uit lae-inkomste huishoudings kom, beloof. Ontleders meen dat dit ʼn struikelblok vir Gigaba kan wees weens die begrotingstekort.

Schussler is egter vol vertroue dat die land se groeikoers sal verbeter. Sy siening word gedeel deur die kredietgraderings-maatskappy Fitch Ratings, wat voorspel dat die land se ekonomiese groeikoers deur gunstige sake- en beleggersvertroue gerugsteun sal word.

Fitch voorspel dat die groeikoers vanjaar 1,8% kan beloop. Maar die maatskappy waarsku dat die groeikoers nog te laag is. Fitch meen dat die begroting leidrade sal verskaf tot watter mate die huidige regering van Zuma se beleid sal verskil.

Dawie Roodt, hoofekonoom by die Efficient-groep, sê Zuma het die ekonomie geskaad en dat dit tyd sal neem voor die ekonomie regtig herstel.

ʼn Groot voordeel wat pres. Cyril Ramaphosa ontvang het, was van Standard & Poors’ Global wat sy ingryping met die Mynbouhandves as mark-vriendelik beskou. Die maatskappy sê dat dit aandui dat die regering beter fiskale beleid sal toepas.

Intussen het die rand vanoggend swakker verhandel in afwagting op die begroting. Valutahandelaars wys daarop dat die Amerikaanse dollar ook herstel het. Die dollar verhandel teen R11,76.

Ontleders verwag dat die rand sterker kan beweeg wanneer Ramaphosa sy nuwe kabinet bekend sal maak. Dit word teen die naweek verwag. Daar is sterk verwagtinge onder ontleders en beleggers dat Gigaba se kop sal rol weens sy beweerde rol in staatskapping.

Gigaba se kantoor het egter intussen ʼn uitnodiging aan sakelui en arbeidsleiers gestuur om hom op ʼn internasionale buitelandse toer te vergesel in Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pierre ·

Die aanduidings dat Gigaba sal gaan is interessant, gaan hy bloot dan vandag ‘n begrotingsrede lewer vandag wat vir hom gedikteer is deur CR en Gordon, wonder maar net. Indien daar wel ‘n Kabinet skommeling gaan plaasvind hoekom sou hy enigsins sy insette gee tot die begroting. CR het ook so seker gemaak dat sy SONA gereed was om te lewer, hy was voorbereid. Ongelukkig seker net te kort kennisgewing vir Pravin om as Minister ingehuldig te word en dan daarna die podium te bestyg. Baie vrae, geen antwoorde nie.

Johann ·

Die enigste toer wat jy in Maart gaan doen is die toer
tussen howe tjom! PRIMA ZUMAIKIE in ZUPTOPIA om sy pelle SA BURGERSKAP te gee… en aan te hou gee van wat nie syne is om te gee nie. En hy en sy ANC kaders vat al. reeds meer as n kwart van MY inkomste om die ANC LEGACY van pleasing the masses met als verniet te befonds. GEEN benul van wat begroot actually beteken nie. Seker weer n EUROPESE konsep wat nie op AFRIKA toepaslik is nie?

Betrek die grondgrypers ·

Die enigste manier om belasting van die oorgrote meerderheid belasting ontduikers te verhaal is om BTW te verhoog en persoonlike belasting te verlaag. Cyril het gisteraand gese ons moet hande vat en saam staan in die land. Hoop dit beteken dat almal gaan begin bydra aan die belasting tekort. Dit sluit in ministers wat dalk bietjie meer normale motors ry, besparings op die groot partytjies wat die ANC elke ander week gooi en terugbetalings van die Zuptas…… ‘n mens kan droom!

marous ·

Die land is geplunder en daar is geen gevolge nie. Die korruptes gaan nie hul lewens styl prysgee nie . Gegewe die algehele verval en gebrek aan produktiweteit , asook die onhanteerbare misdaad , sal net ‘n totale gek iets in die land wil bele.

Piet Pompies ·

Hier volg Zuma se begrotings voorstel aan die minister van finansies, net voor hy die trekpas gevat het.
“Nkandla upgrade – 100 thousand 2 million rand and 20c”
“GUPTA rescue – TBA”
“SAA – Mrs Brown kick back – 500 hundred and 1 million rand”
“ESCOM – Mrs Brown kick back – 20 million 2 billion and 5 rand”
“SABC – What is this”
“Malema – Free education for him”

Belastingboikot ·

Ek dink dat Suid Afrikaners n belastingboikot gaan begin as hulle selfs nog meerr belas word. Meeste huishoudings is op randjie van bankrotskap en kan eenvoudig nie meer belasting betaal nie.

Alida ·

Hoe gaan jy belasting boikot? Jou werkgewer trek dit van jou salaris af.

Alida ·

Hy moes in die eerste plek nooit aangestel gewees het nie. Hy het die Guptas verblyfreg gegee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.