2016: Vat hande, bid saam en help mekaar

flip-buys

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: Reint Dykema

Daar is wonderlike juwele in die Bybel wat my kompas is vir die Solidariteit Beweging in 2016.

Die eerste stukkie is Spreuke 31:8-9: “Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.”

Die tweede stukkie is Spreuke 19:17: “Wie hom oor ’n arm mens ontferm, gee ’n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.”

Dan wil ek graag Haggai 2 kortliks opsom: “Julle almal, burgers van die land, skep moed, sê die Here! Begin met die werk, want Ek is by julle, sê die Here die Almagtige. My Gees sal altyd by julle bly, moenie bang wees nie!”

“Help mekaar”

Dit is treffend dat die Nuwe Testament ons meer as 50 keer beveel om vir “mekaar” dinge te doen. Vir my beteken dit om meelewend saam te “voel”. Dis om mekaar se laste te dra, want dan is dit ligter! Maar om saam te voel sonder om saam te doen, is pligsversuim. Daarom is dit nodig om mekaar te dien deur saam te doen.

Ons probleme is soms te groot om alleen aan te pak. Dis gelukkig nie nodig om alleen oor berge te probeer spring nie. ’n Berg word tree vir tree geklim tot bo. Maar ons kan mekaar help deur ons ingesteldheid te verander vanaf “ek vir my” na “ons vir jou” en “ons vir mekaar”. Dis waar die “Helpmekaar” inkom wat so sentraal in ons beweging se waardes staan. Dis nie net “help my” of “help ander” nie, dis “help mekaar”. Met maandelikse tienrande van lede kon ons al ’n Tegniese Kollege én Universiteit begin. Die beste helpende hand sit op die punt van ons eie arms. Nie ’n gebalde vuis of ’n bedelhand nie, maar ’n helpende hand. Kom ons vat hande, en ons bid én werk saam in die nuwe jaar!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco Steyn

In plaas daarvan om ons grensloos te irriteer met verwysings na Bybelversies, moet Flip Buys eerder verduidelik wat hy bedoel met die “ons vir mekaar”. Verwys “ons” na slegs blanke Afrikaanssprekende persone of na enigiemand wat “tuis voel” binne die “Afrikaanse gemeenskap/groep” – ongeag ras of kleur??

neelsie

Dankie Flip, met so n persoon kan ek assosieer.
Prys ons Drie-enige God vir mense soos jy!
Bid vir genade vir 2016.

Maretha Pretorius

Jaco, die Woord wat bekend staan as ons Bybel, leer ons hoe om vir ons naastes om te gee en te help. Dit is hoekom ons nerens sal kom omdat elkeen net omgee vir sy eie mishoop! Jesus leer ons in die woord wat ons elke dag bemoedig en sterk maak dat God sy kinders liefhet en dink sommige kinders hulle het Hom nie nodig nie. Almal wat die Woord glo, moet sy klein of groot deeltjie kan bydra. Dankie Flip vir elke dag se bemoediging uit die woord as n mens sien wat rondom ons aangaan. En Ja, ons… Lees meer »

André

Baie dankie vir die goeie boodskap Flip. Ons almal moet eerstens begin met n positiewe gesindheid; by die huis én werk. Doen goed teenoor almal wat jou padjie kruis, al is dit net n goeie woordjie of daad. Dit word altyd waardeer…meer as wat mense soms besef. Mense moet ook betrokke raak by Solideriteit en Afriforum om sterk Afrikaner organisasies te skep. Hierdie help ons om nie net onself te help nie, maar ander ook. Voorspoed vir 2016! NB: Ek hou van die Bybel versies…

Fanie

Beste Jaco, ek stel voor jy moet weer die betrokke Bybelversies lees wat jou so grensloos irriteer dat jy politiek uit ‘n Skrifoordenking wil pleeg. Dalk groei jy geestelik en bepaal jou by die dinge wat werklik saakmaak. Flip het volgens die Bybel nie nodig om jou te oortuig nie, maar slegs om te getuig. Solidariteit se landswye projekte ten bate van Afrikaners en die land is daar vir almal om te sien- teenoor jou skinderpogings om verdag te saai. Die Bybel stel dit duidelik dat jou geloof uit jou dade blyk, en dis die beste getuigskrif vir die Solidariteit… Lees meer »