2020 se kleur van die jaar is…

Pantone kies die afgelope twee dekades ’n kleur van die jaar, en die kleur van 2020 is pas bekendgemaak.

Die kleur van 2020 is klassieke blou.

Pantone se kleur van die jaar beïnvloed wêreldwyd produkontwikkeling en aankope in verskeie groot bedryfsrigtings soos mode, meubels, verpakking en ontwerp.

Die kleur van 2019 was ʼn pienk-oranje kleur genaamd “Living Coral” en 2018 se kleur van die jaar was ʼn pers ultraviolet.

“Klassieke blou is tydloos en elegant in sy eenvoud,” skryf Pantone oor 2020 se kleur van die jaar.

“Dit is tekenend van die blou lug teen skemer. Die kleur beklemtoon ons begeerte vir ʼn betroubare en stabiele fondasie waarop ons die nuwe era kan bou. Dit bring ʼn gevoel van vreedsaamheid en kalmte van die menslike siel.”

Pantone sê verder dat tegnologie toenemend groei en bo menslike vermoë uitstyg, wat dit natuurlik maak vir mense om aangetrokke te voel tot kleure wat beskerming, belofte en eerlikheid inhou.

“Klassieke blou is nie aggressief nie en jy kan jouself maklik daarmee vereenselwig. Dit bind hom tot ʼn ontspannende interaksie. Omdat dit geassosieer word met die koms van ʼn nuwe dag, is dit ʼn universele gunsteling wat maklik omarm kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

André André ·

Klassieke blou word so mooi hier bo besing. Tydloos en elegant in sy eenvoud, die blou lug teen die skemer. Jig en dan lyk dit net so mooi in ‘n vlag!

André André ·

En dan haal ek hier bo aan:
“Klassieke blou is nie aggressief nie en jy kan jouself maklik daarmee vereenselwig. Dit bind hom tot ʼn ontspannende interaksie. Omdat dit geassosieer word met die koms van ʼn nuwe dag, is dit ʼn universele gunsteling wat maklik omarm kan word.

Penellope Jones ·

Blou is absoluut my gunstelingkleur, nog my lewe lank.
Ek verkies dit bo enige ander kleur.

Dankbaar ·

Nouja ek is dankbaar en besit darem nog so een of twee blou kleertjies in kas, vir nuwes het ek nie geld nie al vir die afgelope 10 jaar.. Klere winkels dit seker al agter gekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.