70 jaar getroud, steeds verlief

1946

Petrus en Annie op hulle troudag in 1946. Foto: Verskaf.

Hulle is gebore net voor die Groot Depressie. Oupa in Groot Marico en Ouma in Vrededorp en op ʼn warm Kersfeesdag in Vrededorp in Johannesburg, het hulle mekaar ontmoet. Vandag, op 2 November, vier dié twee sielsgenote hul 70ste huweliksherdenking.

Petrus Meintjies (92) en sy geliefde Annie (88), is op 2 November 1946 getroud, in die jaar toe die rolprent Great Expectations op die silwerdoek gewys het en die skrywer, Herman Charles Bosman, plaaslik opgang gemaak het. Oupa, statig in sy weermagklere. Ouma, sag in haar lig-oranje rok en groot wit hoed. ʼn Ruiker varkore het die prentjie voltooi en hulle het tot laatnag makietie gehou in ʼn groot huis in Braamfontein. Terwyl hulle gunsteling liedjie, “Maanlig op die Vaalrivier se Walle”, gespeel het, het hulle mekaar styf vasgehou en die liefde gevier.

“Dit was nie liefde met eerste oogopslag nie,” skerts ouma Annie. Sy en haar sussie het albei met ʼn vonkel in hul oë na die aanvallige Petrus gekyk, maar dit was Annie wat uiteindelik sy hart gesteel het.

“Hulle is vir ons familie so ʼn mooi voorbeeld van liefde en omgee. Die Liewe Vader is goed vir ons én vir hulle deur hulle vir so lank met liefde en goeie gesondheid te seën,” sê Anita Snyman, een van die paartjie se 15 kleinkinders. Die Meintjes’e het ook 25 agterkleinkinders.

ouma-en-oupa

Annie en Petrus Meintjies. Foto: Verskaf.

“Dit is ʼn wonderlike voorreg om hul sewentigste huweliksherdenking saam met hulle te kan vier,” sê Anita. “Ons as familie gaan saamtrek op die familieplaas in Lydenburg, ʼn vark op die spit braai en ons gaan sommer ʼn lekker wildspotjie ook maak,” vertel sy opgewonde.

“Ons hoop hierdie baie spesiale dag sal vir hulle baie vreugde inhou en ons bede is dat hulle nog lank vir ons gespaar sal bly. Ons almal is baie lief vir hulle!”

En wat is hulle resep vir ʼn suksesvolle huwelik? “Kommunikasie. Jy mag ʼn bietjie stry, maar praat dit altyd mooi uit.”

Soos die wyse woorde van die Duitse sielkundige, Eric Fromm dit stel: “Jong liefde sê ek is lief vir jou want ek het jou nodig. Ervare liefde sê ek het jou nodig, want ek is lief vir jou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ekwilibrium ·

Pragtig, en baie geluk oom en tannie! Mag die partytjie ‘n reuse fees wees!

Danie Botha ·

Ok, ek is dalknou n bietjie oor emotioneel. 70 jaar, dit is n uitsonderlike mylpaal. Die Oom en tannie se kinders is so bevooreg om te deel daarin. Soveel ervaring. Ek lig my hoed vir julle en buig. Baie geluk julle kan nou maar n boek skryf en ek saldit wil lees.

Frans C ·

In ‘n wêreld waarin alles uitmekaar val, is dit ‘n besondere prestasie waarop hul met reg trots kan wees.

Louis Prinsloo ·

Wyse woorde van die Duitser en mag die huweliksherdenkings vir nog baie jare voort gaan, baie geluk. Oom stel dit mooi, van resep vir huwelik; praat ‘n gestry mooi uit. Tog het ek al goed geleer as enkel ouer om nooit dinge te jaag nie

Rina Kotze ·

Veels Geluk Oom en Tannie!

Wat ‘n voorbeeld vir die generasies jonger as julle!

Mag God julle saamwees ryklik seën!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.