ʼn Vrou se Facebook-inskrywing om die eienaar van ʼn verlore trouring op te spoor, word wyd op sosiale media gedeel.
Marlene Els van die Oos-Kaap, het Maandag in die Facebook-inskrywing gesê haar man het die ring in die modder langs hulle huis naby die Hole in the Wall aan die Wildekus opgetel.
Die inskrywing is in minder as 24 uur meer as 1 000 keer gedeel.
“Die modder verdroog vinnig ná ʼn halwe dag in die son, so die ring kon moontlik al ʼn geruime tyd daar gelê het,” het sy geskryf.
Els sê deur die datum wat in die ring gegraveer is, kan sy aflei die paartjie is 25 jaar gelede getroud. “Die persoon wat aanspraak maak op die ring, sal dit eers moet uitken met die datum. Ek dink die eienaar heg sentimentele waarde aan die ring ná 25 jaar van getroude lewe.”
Sy sê die ring behoort heel moontlik aan iemand wat gekuier het by die Hole in the Wall of in die Transkei-omgewing.
Indien dit jou verlore ring is, of indien jy weet aan wie die ring behoort, kontak Marlene Els via haar Facebook-blad.
Mense julle is baie eerlik en sal beloon word.
Sjoe kan dit waar wees . Soveel eerlikheid het ek lanklaas gesien en gehoor . Marlene you go Girl .
Dit is myne.
Wat ‘n pragtige gebaar. Hoop die ring vind sy eienaar ♡