Affies ontvang toekenning van FAK

Die Afrikaanse Hoër Seunskool ontvang die toekenning. Foto: Verskaf

Die Afrikaanse Hoër Seunskool ontvang die toekenning. Foto: Verskaf

Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria se A-Minere het Vrydag ʼn prestigetoekenning van die FAK ontvang.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, het gesê die Afrikaanse Hoër Seunskool het dié toekenning gekry vir dié skool se besonderse kultuurprestasie en betrokkenheid by die CD Afrikaanse volksmusiek saam met Beeskraal & vriende. Die A-Minere, die skool se seunskoor, sing “Die lied van jong Suid-Afrika” saam met Chris Chameleon op dié CD.

Langner het gesê die toekenning word gegee aan “mense wat ʼn positiewe bydrae maak tot Afrikaanse musiek, kultuur en taal. Dit is die eerste keer dat die FAK dit in die middel van die jaar toeken, wat bewys hoe verdienstelik hulle is.”

Die FAK het dié CD onlangs in samewerking met Beeskraal uitgereik. Corlea Botha, Jannie Moolman en Jak de Priester is ook betrokke by die projek.

“Die doel van die CD is om ons musiekerfenis te behou. Ons poog om ons volksmusiek na die jonger geslag oor te dra om dit op só ʼn manier behoue te laat bly,” het Langner gesê.

Die CD bevat liedjies soos “Oukraalliedjie”, “Blinkvosperd” en “Ken jy die land”.

Jak de Priester het ook die bekende “Sporelied” saam met die Afrikaans Hoër Seunskool opgeneem ter viering van die Voortrekkers se 85ste bestaansjaar vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro Bezuidenhout. ·

Nou swel my hart van trots oor hierdie prestasie en inisiatief. Doen so voort!Veels geluk Affies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.