AfriFoon stel eerste Afrikaanse eenstopselfoondiens bekend

Foto: Pixabay.com

Foto: Pixabay.com

AfriFoon het pas die eerste eenstopselfoondiens geword wat selfoondienste uitsluitlik in Afrikaans aanbied. Boonop sal kliënte ’n keuse hê tussen maand-tot-maand- of terugwerkende betaalpakkette, insluitende debietorderfasiliteite, ’n wye verskeidenheid uitstekende handtoestelle en die voordeel van aanbiedinge soos die huidige kontant terug- aanbod.

Beatrice Pretorius, woordvoerder vir AfriFoon, verduidelik dat die maatskappy poog om Afrikaans in die telekommunikasiebedryf uit te bou en te ondersteun. Die AfriFoon-selfoondiens word deur GloCell gebied en gebruik die Cell C-netwerk.

“Dit is ’n historiese dag in die telekommunikasiebedryf aangesien AfriFoon die eerste van sy soort in Suid-Afrika is. Dit is ’n voorreg om die eerste eenstopselfoondiens in die wêreld te wees wat die volledige diens uitsluitlik in Afrikaans lewer. Die diens sal ’n belangrike bydra tot die uitbou van Afrikaans lewer, veral in die tegnologiesektor,” sê Pretorius.

Met die huidige spesiale aanbod gee AfriFoon ’n 5%-korting aan alle AfriForum-lede. Die korting kan óf aan ’n opleidingstrust geskenk word wat ten doel het om Afrikaanssprekendes deur middel van opleiding te bemagtig, óf intekenaars kan besluit dat die kortingsbedrag teen hul persoonlike rekening afgetrek word.

“Die opleidingstrust is ’n wonderlike inisiatief van AfriFoon. Ons moedig intekenaars aan om hierdie inisiatief te ondersteun deur hul 5%-korting aan die trust te skenk.”

Persone wat ’n gratis kwotasie wil hê kan hulle NAAM SMS na 45114 (R1) en AfriFoon sal hulle terugskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Janee ·

Uit die moeras sal ons styg…..en bou ..en groei..ons Afrikaner volkie

JC ·

Dankie vir jou positiwiteit Janee.
Ons Afrikanervolk sal aanhou bou en groei en nooit opbou baklei om ons taal en kultuur (identiteit) uit te leef nie!!

Reinhardt ·

Ek sit en dink dieselfde… BokSel het al maande gelede begin. So teensy daar n verskil is, is AfriFoon nie eerste nie.

Landi Slatter ·

Dagsê ASG

Dankie vir jou navraag!
AfriFoon is die eerste omvattende selfoondiens in Afrikaans. Boksel het wel voor Afrifoon hul bekendstelling gehad, maar is nie ʼn omvattende selfoondiens nie. AfriFoon bied verskeie selfoonopsies soos selfoonkontrakte (vaste termyn en voorafbetaalde opsies), selfoontoestelle en netwerk-ondersteuning deur Cell C. Boksel bied nie al hierdie opsies nie, maar slegs voorafbetaalde opsies sonder selfoontoestelle.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Leslie ·

Dis ‘n baie goeie ding. My enigste bekommernis is dat Glocell nie baie goeie diens lewer nie.

Kolliehons ·

Nie enige van die bestaande spul bied goeie diens nie, ten minste kan ons nou die backing he van Afriforum, dink ek? Is dit deel van Afriforum?

Oom Ekonoom ·

Die Afrikaners is nou sterk oppad na bo, want die telekommunikasie industrie is van geweldige ekonomiese belang. Dankie vir julle bouwerk, julle is sterk op die regte pad.

Pauline Pienaar ·

Weereens, weereens briljant!!! Baie dankie, voorwaar lekker om deel van so n organisasie te wees!!! Doen so voort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.