Afrikaanse sanger verheug oor swangerskap ná hartseer

Vaughan Gardiner en sy vrou, Nerine. Foto: Facebook via Vaughan Gardiner

Vaughan Gardiner en sy vrou, Nerine. Foto: Facebook via Vaughan Gardiner

Die sanger, liedjieskrywer en akteur Vaughan Gardiner en sy vrou, Nerine, het onlangs bekendgemaak dat sy weer swanger is ná hulle slegte nuus in 2014.

Nerine het in 2014 op agt weke ʼn miskraam gehad.

“Ons is ongelooflik dankbaar. Natuurlik is ons bietjie skrikkerig, maar dis hoekom ons die nuus dié keer effens langer stilgehou het,” het Vaughan vertel.

Die paartjie het reeds in November verlede jaar vasgestel dat hulle kan uitsien na ʼn babadogtertjie, maar wou eers verseker dat Nerine buite gevaar is. “Ons het gewonder of so iets weer sou gebeur, maar ons het alles oorgegee aan die Here. Alles gebeur met ʼn rede, en ons het dit so aanvaar,” het hy gesê.

Vaughan sê dis belangrik om nie alles te bevraagteken nie. Hulle hoop nou net vir ʼn gesonde swangerskap. “Ons het vrede gehad in dinge wat gebeur soos dit moet. As ons moet kinders hê, dan sal dit gebeur, en nou het dit.”

Hulle probeer nou familielede oorreed om die naam wat hulle vir die bondeltjie uitgekies het te aanvaar omdat dit nie ʼn familienaam is nie. “Ons kan egter argumenteer dat dit in die stamboom verskyn,” het hy geskerts.

Vaughan het vanjaar verskeie projekte waarna aanhangers kan uitsien, en het ook die temaliedjie geskryf vir die fliek Uitvlucht wat in Mei vanjaar vrygestel word.

Nerine beplan ook om haar onderneming, Girl with cake, wyer te bemark en meer mense by die inisiatief te betrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarel Strydom ·

Mag God aan julle die vreugde van ouerskap laat verkry!

Charlene ·

Dis baie goeie nuus. Sterk staan en glo alles wat mooi is sal julle kant toe kom in 2016! Dis `n snaakse gevoel om na `n swangerskap weer swanger te word. Mens is in die wolke maar daai vrees is daar, Nerine wees maar geduldig as jou man bietjies te erg “over protective” is dis maar normaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.