AGHS ʼn ‘chroniese siekte’ onder volwassenes

dr-renata-schoeman-AGHS-volwassenes

Dr. Renata Schoeman. Foto: Catalogue.belpark.sun.ac.za

Meer as ’n miljoen Suid-Afrikaners tussen 20 en 50 jaar oud word geraak deur volwasse aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS), sê dr. Renata Schoeman, ’n psigiater en die top-MBA-student vir 2015 aan die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool (USB).

Vir haar MBA-verhandeling het sy die situasie in Suid-Afrika tans ontleed deur spesifiek te fokus op die psigiatriese bestuur en finansiering van behandeling vir volwassenes met AGHS in die privaat sektor.

Haar studie het die gebrek aan kennis van en finansiële ondersteuning vir AGHS uitgelig as die vernaamste struikelblokke om behandeling vir en diagnose van die siekte te verkry, en sy stel ’n nuwe finansieringsmodel vir privaat gesondheidsorg voor as ’n moontlike oplossing.

“Die erkenning van volwasse AGHS as ’n chroniese siekte wat behandeling benodig, is kritiek noodsaaklik. Tog het volwassenes met AGHS beperkte toegang tot behandeling, selfs diegene in die privaat gesondheidsorgstelsel. Dis omdat mediese skemas wat AGHS by kinders dek dikwels nie voordele of behandeling vir volwassenes voorsien nie. Pasiënte sukkel om privaat behandeling benewens die koste van hul maandelikse mediese bydraes by te bring en te dikwels bly die siekte onbehandeld,” sê Schoeman.

Haar studie het ’n ontleding van die mediese, farmaseutiese en eise-inligting vir die behandeling van AGHS oor ’n tydperk van twee jaar van een van die grootste mediese skemas ingesluit. Dit het ook ’n opname ingesluit van psigiaters in privaat praktyk wat volwasse AGHS bestuur. Kwalitatiewe ontleding van indiepte-onderhoude met belangrike meningsvormers oor hul ervarings met volwasse pasiënte met AGHS is ook gebruik.

“Volwassenes met AGHS ervaar steeds skeptisisme van mense wat aangevuur word deur volgehoue en oningeligte mediagedrewe persepsies dat AGHS nie ’n regte siekte met regte gevolge en koste is nie,” sê Schoeman.

As dit verkeerd gediagnoseer of nie behandel word nie, kan die gevolge van volwasse AGHS baie nadelig wees vir die langtermyn-gesondheid van diegene wat dit het.

“Baie volwassenes met AGHS kry vir die grootste deel van hul lewe geen behandeling nie. Dit kan lei tot ’n aansienlike toename in die risiko vir ander psigiatriese toestande soos angs en gemoedsversteuring, asook dwelmmisbruik. In die werkplek kan hul swak tydsbestuur, doelwitstelling, stresbestuur en organisatoriese vaardighede ’n aansienlike uitwerking op ander werknemers hê.

“Dis ’n duur, chroniese siekte met ’n aansienlike uitwerking op die gehalte van die lewe van pasiënte en hul families. Die koste (direk, indirek en ontasbaar) is aansienlik, met die aangepaste lewensjare vir gestremdheid (DALY) bereken op 424/100 000, wat ’n aansienlike afname in werkverrigting inhou.”

AGHS word gekenmerk deur kwaai en beperkende vlakke van onoplettendheid, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit. As ’n sogenaamde ontwikkelingsiekte word simptome reeds in die kinderjare duidelik. Hoewel sommige kinders hul AGHS skynbaar ontgroei, is dit eerder ’n geval dat sommige meer bedrewe word met die bestuur van die simptome en dan eendag as volwassenes vergoed vir hul AGHS-verwante gebreke deur leefstyl- en loopbaankeuses.

Volgens Schoeman word volwassenes wat aan AGHS ly dikwels deur hul tydgenote en familielede beskou as goeie beginners maar swak voltooiers, swak luisteraars, swak organiseerders, aandagafleibaar, vergeetagtig en ongeduldig, en as mense wat nie konsekwent is nie.

“Mense met AGHS is dikwels hoogs intelligent en baie kreatief met ’n laterale en analitiese denkwyse, maar dikwels leef hulle tog ’n lewe van onderprestasie en volgehoue mislukking op akademiese gebied en in die werkplek, met interpersoonlike konflik, huweliksprobleme en finansiële moeilikheid,” sê sy.

“Hierdie negatiewe ervarings kan lei tot die ontwikkeling van vernietigende, negatiewe gedagtes en sienings wat motivering en verrigting verder kniehalter en vermydingsgedrag en emosionele probleme vermeerder.”

Stimulant-medikasie word as die eerstelinie-behandeling beskou, maar baie volwassenes verkies om nie medikasie te neem nie weens die stigma wat aan die diagnose en behandeling gekoppel is. Medikasie is egter nie die enigste opsie nie. Kognitiewe gedragsterapie teiken die vernietigende gedagtepatrone en beskouings en die verwante emosies wat bydra tot die negatiewe gedrag.

Baie studente en beroepsmense misbruik die medikasie om hul konsentrasie te verbeter sonder dat hulle met AGHS gediagnoseer is. “Dit is onverantwoordelik en potensieel baie gevaarlik,” waarsku Schoeman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

PIET ·

EK HET DIT MAAR WEET NIE WAT OM TE DOEN NIE. EK HET AL RILATIN GEBRUIK MAAR WIL NIE PERMANENT OP RITALIN WEES NIE

Lalie ·

Ben gaan na jou huisdokter of na jou naaste kliniek vir hulp.

CAB ·

Hoe base het w/o w/o gebid en gewens dat die medies dit op kronies Sal sir, my meisiekind is ADD en van dat at gediagnoseer is tot nou amper 4 jaar later sou dit so baie gehelp het as die medies die as kronies en behandelbaar gesien het. Baie mense dink o dis net R700 maand meer, maar dis baie meer as net dit. Spraak therapies arbeids terapie privaat skool (nou weer in hoofstroom net virus gronslag vase gewens) al die toetse. So ja dit sou bietjie baie gehelp het as medies dit as n mediese kondisie gesien het. Ons sou meer vir haar kon gedoen het.

Johann Marx ·

Die helel Bybel is vol karakters met AGHS….wat was die behandeling toe?

Werner ·

Hoekom vertel jy ons nie Johan? Hoe het die Bybel AGHS behandel?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.