Akademia stel bekend: BCom in Ekonomie en Regte

akademia

Foto: Maroela Media

Akademia het gisteraand sy nuwe Bcom-graad in ekonomie en regte, ontwikkel in samewerking met en onderskryf deur die Vereniging van Regslui vir Afrikaans, by ʼn dinee in Pretoria bekendgestel.

Oudregter Kees van Dijkhorst was die gasspreker oor “Die Afrikaanse regswese: ʼn mooi verlede en ʼn groot toekoms?”.

Verdere aankondigings oor samewerking tussen die Vereniging van Regslui vir Afrikaans en Akademia is ook gedoen.

Die BCom (Ekonomie en Regte) is Akademia se derde graadprogram en volg op die instelling van BCom (Ondernemingsbestuur) in 2014 en BCom (Bestuursrekeningkunde) in 2015. Al Akademia se kwalifikasies is ten volle geakkrediteer volgens dieselfde akkreditasieproses wat alle openbare universiteite se kwalifikasies beoordeel.

Die BCom (Ekonomie en Regte) is daarop gerig om studente vertroud te maak met die beginsels van die ekonomie en die reg en die toepassing daarvan in die sakewêreld. Dit lê ook die grondslag vir nagraadse spesialisasie op beide terreine deur middel van ʼn honneursgraad in ekonomie en/of ʼn LLB-graad.

Die studiekoste beloop R31 400 per jaar, wat ʼn tabletrekenaar en internettoegang by Akademia se studiesentrums insluit. Studente woon kontaksessies in enige van Akademia se dosyn studiesentrums landswyd by.

Kontaksessies word na-ure en Saterdae aangebied, sodat skoolverlaters tydens hul studie ʼn inkomste kan verdien en werkservaring kan opdoen en sodat diegene wat reeds werk, sonder onderbreking van diens kan studeer.

Besoek Akademia se webtuiste vir besonderhede oor die kursus en inskrywings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JC ·

MOOI SO AKADEMIA! EK SAL JULLE ALTYD ONDERSTEUN, WANT JULLE IS DEEL VAN SOLIDARITEIT EN AFRIFORUM, ONS BESKERMHERE!!
NOG GOEIE NUUS VIR ONS PRAGTIGE TAAL!

Kaufman ·

Baie geluk aan julle, en dankie vir wat julle doen vir Afrikaans. Met hierdie aanlyn kampussisteem is julle nou al sommer klaar voor die ander universiteite.

Ruby ·

Baie geluk Akademia.

Wil jy weet hoe sterk ‘n sagte teesakkie is?………sit dit in warm water!

ANTON HART ·

Baie geluk AKADEMIA ! Nou is daar weereens geleenthede vir ons WESTERSE BESKAWING !!

Kaufman ·

Geluk en dis duidelik hoe pregressief julle alreeds is met julle goeie gebruik van tegnologie. En as iemand hierdie stukkie kommentaar weer afhaal moet daar n goeie rede wees.

Santjie stoof ·

Dankie Akademia.
Ek het hoop vir my kleinkinders.
Immers weet ek waarnatoe gaan my bydraes…
Nie n emmer met n gaatjie in nie.

Marius Nortje ·

Gooi mielies…ons wag nog vir ingenieurs kursusse. By die vorige sogenaamde “technicons” heers daar net chaos!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.