Angelique Gerber deel troufoto’s

Angelique en Jacques (Foto: Schantel Van der Merwe)

Angelique en Jacques (Foto: Schantel Van der Merwe)

Die aktrise Angelique Gerber, wat bekendheid verwerf het as die Roemeense boetiek-assistent Clara in die gewilde sepie 7de Laan, het haar pragtige troufoto’s op sosiale media gedeel.

Sy het op 11 Junie vanjaar op die Eureka-landgoed net buite Durbanville die knoop deurgehak met die rugbyspeler, Jacques Potgieter.

“Dit was die mees spesiale en volmaakte dag van my lewe. Alle eer gaan aan my hemelse Vader vir al die seën wat ons ervaar. Ek het werklik met my beste vriend getrou,” het sy op Facebook geskryf.

Die egpaar ken mekaar al ʼn geruime tyd en is sedert Augustus 2014 in ʼn verhouding.

Dit is die aktrise se tweede huwelik nadat sy in Februarie 2014 van haar vorige man geskei is.

Die duifies koer ook behoorlik op sosiale media. “Dankie vir die man wat jy is – altyd positief en altyd glimlaggend,” het sy in die jongste inskrywing aan haar man laat hoor.

Die troufoto’s is geneem deur Schantel van der Merwe. Angelique se trourok is ontwerp en gemaak deur Annika Badenhorst van Nika Couture.

Besoek haar Facebook-blad.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Hulle is regtig twee oulike mense, en Jacques is so plat op die grond mens en het altyd tyd vir ‘n grappie. Hulle verdien al die geluk wat hulle toekom.

wilma ·

Baie mooi foto’s. Die lang hare en geel kouse ai ja ja ………………………!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.