ATKV-Postmatriek dié alternatief ná matriek!

atkv-postmatriek

Foto: Ingwenyatours.co.za

[Promosie-artikel]

Waag ’n bietjie. Toets jou grense. Gaan roei op ’n rivier. Beplan jou toekoms. Leer Zoeloe praat. Leer besigheidsbestuur. Doen ’n bergfietskursus. Probeer abseil. Gaan op ’n fietstoer. Leer oor entrepreneurskap. Vind uit oor persoonlike finansies en begroting. Gaan diepseeduik. Besoek die buiteland. Maak ’n kampvuur. Maak nuwe maats. Beplan jou loopbaan. Nog nie seker wat jy ná matriek gaan doen nie? Wat van alles en nog wat? ATKV-Postmatriek is nie nét ’n wegbreekjaar nie – dis ’n belegging in jou toekoms. Tydens dié jaar word spesiale klem op loopbaanbeplanning gelê, maar daar word nie nét gewerk nie.

ATKV- Postmatriek bied avontuur by die wavrag vol!

Navorsing deur die Universiteit van Johannesburg toon dat die ATKV-Postmatriek op ʼn besondere manier bydra tot die emosionele groei en volwassewording van jongmense. Met onderrig in ʼn wye verskeidenheid vaardighede wat wissel van die praktiese, soos noodhulp en lewensredding, tot sake soos projekbestuur en fasilitering, wat in die werkplek ʼn groot verskil kan maak, rus die jaar lange ATKV-Postmatriek studente toe om beter voorbereid te wees vir die toekoms. Die navorsing beklemtoon dat die vaardighede waaraan daar in hierdie jaar aandag gegee word, lewenslange waarde toevoeg tot elke student se lewe.

Loopbaanbeplanning geniet voorkeur sodat studente presies kan weet waarvoor hulle hulself verder moet bekwaam. Deeglike toetse en individuele onderhoude word gevoer. Op grond van die resultate van aanleg- en belangstellingstoetse, word daar dan vir elke student skaduwerk gereël by mense in soortgelyke beroepe. Dit help studente om presies uit te vind waaroor die beroep gaan voordat hulle inskryf vir verdere studie.

Daar word egter nie net gewerk nie, maar ook heerlik gespeel. Die ATKV-Postmatrieks kan nie uitgepraat raak oor al die avonture wat hulle tydens hierdie wegbreekjaar beleef nie. Van roei op die Sterkfonteindam, stap in die Drakensberg en Wolkberg en witwaterroei, tot duik en ski. ʼn Oorlewingsoefening is maar een van die aktiwiteite wat die grense toets en studente uitdaag om hulself beter te leer ken.

Studente leef ook na aan die natuur, en kry die geleentheid om meer van die spesifieke omgewing se voëls, insekte en reptiele te leer.

Dié jaar lange postmatriek word in die veilige, ontspanne omgewing van die ATKV se eie oorde aangebied. ATKV-Drakensville in die Drakensberg dien as basis, maar studente bring ook tyd deur by ATKV-Eiland Spa naby Tzaneen en ATKV-Natalia aan die Natalse Suidkus. Die oorde skep beslis ʼn plek waar jy jou kan tuis maak vir ‘n onvergeetlike ontdekkingsreis!

ATKV-Postmatriek is nie maar sommer net nog ʼn wegbreekjaar nie – dis ʼn jaar met ʼn verskil, en ʼn besliste belegging in enige jongmens se toekoms!

Plaas jouself eerste in jou toekoms deur vandag nog jou plek te bespreek vir ATKV-Postmatriek. Stuur ʼn e-pos na [email protected].

ATKV-Postmatriek. JÓÚ JAAR.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.