Behoort dié verlore trouring aan jou?

Die ring wat Tracy Curnick de Beer op Facebook gedeel het (Foto: Facebook)

Die ring wat Tracy Curnick de Beer op Facebook gedeel het (Foto: Facebook)

ʼn Vrou van Kaapstad het haar tot sosiale media gewend om die eienaar van ʼn verlore trouring, wat op een van die strande in die Kaapstad-omgewing opgetel is, op te spoor.

Tracy Curnick de Beer het verlede week op Facebook geskryf haar broer, Tony Curnick, het dié ring in middel Desember op ʼn Kaapstad-strand opgetel.

Curnick de Beer wil die naam van die strand anoniem hou om op dié wyse die regte eienaar van die ring te kan identifiseer.

Sy het vertel Tony het in Desember strand toe gestap toe hy twee vroue raakgeloop het wat op soek was na ʼn verlore trouring. “Hulle was besig om die ring deur middel van metaalopsporing te probeer vind, maar kon nie daarin slaag nie.”

Die vrou het glo haar ring vroeër die dag verloor toe sy op die strand uitgespan het.

“Tony het egter meer gevorderde toerusting, en toe hy later terugkeer om die ring op te spoor, was hulle reeds weg. Hy het die ring toe wel gevind.”

Curnick de Beer sê dit is egter onseker of dié spesifieke ring aan die vroue behoort. “Dit kan seker enigiemand anders se ring ook wees, maar die twee vroue was wel op soek na ʼn ring wat hy ure later opgespoor het.

“Ek sal baie graag die ring aan die eienaar wil terugbesorg omdat ek weet ek sal baie hartseer wees as ek my eie moes verloor het,” sê sy.

Indien jy die eienaar van die ring is of ken, kontak Curnick de Beer op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

LS ·

Wat ‘n mooi storie !
Dat mens nog sulke GOEIE mense in die lewe kry!!!
Dankie, julle maak my dag en my vooruitsigte sommer BAIE BETER!
God seen julle.

Marelize ·

Miskien…. miskien moet ‘n mens jou naam en ‘n ID nr of iets in die binnekant van die ring laat graveer…?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.