Bekende sanger word weer pa

Jay, Mia, Aiden (8) en Luka (2) en Samuel (6). Foto: Facebook via Jay du Plessis

Jay, Mia, Aiden (8) en Luka (2) en Samuel (6). Foto: Facebook via Jay du Plessis

Die gewilde sanger en voormalige lid van Eden, Jay du Plessis, het Vrydag op Facebook geskryf hoewel die gesin in ekstase is oor die nuwe pienkvoet wat op pad is, dit “definitief” die laaste keer is dat hy pa gaan word.

Die sanger het ook reeds gesê hulle gaan nog ʼn bulletjie in die gesin verwelkom. Jay en sy vrou, Mia, het reeds drie woelwaters – Luka (2), Aiden (8) en Samuel (6). Hy het Aiden, wat uit Mia se vorige verhouding gebore is, aangeneem toe hulle getroud is.

Die egpaar is in Augustus 2009 getroud.

“Ons het pas uitgevind ons baba van drie maande in mamma Mia se magie is gesond,” het hy geskryf. “Ons is die Here dankbaar vir die groot geskenk.”

Hy het geskerts die gesin kan byna hul eie rugbyspannetjie stig. “Nou het ons amper ’n derde van ’n rugbyspan … Ons is geseënd en baie opgewonde.”

Hulle het nog nie ʼn naam vir die bulletjie gekies nie. “Ons gaan nou begin soek vir name, en fokus daarop om mamma gesond en rustig te hou.”

Besoek Jay se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gesiggie ·

Baie geluk aan Jay en Mia… ja nee kyk hier kom nie n rugby span, maar n talentvolle Boyband”’ dalk volg hul in Pappa se voetspore… alle geluk aan jul as gesin, en die nuwe pienk voetjie wat oppad is…

marianne ·

Jay jou you dooring!!!! Baie geluk!!! Mag Mia en Klein Du Plessiestjie wat opPad is gesond wees.
Kinders is ‘n geskenk van God en julle is onvoorwaardelik geseend. Julle is fantastiese ouers.

Karma is 'n aap ·

Jay, jou vrou en kinders lyk goed versorg. Geniet hulle. Jou kinders gaan nie staat se probleem word nie en sal SA ‘n beter plek maak.

Manette ·

Baie Geluk julle. Mag ek n voorstel maak vir die bullietjie se naam Jaymi.

Nico ·

Geluk met die nuwe kleinding. Lees ek reg – die egpaar is drie maande swanger? Is daar nuwe tegnologie of raai hulle dis weer ‘n bulletjie? :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.