‘Bid vir haar’, vra ma van 11-jarige met nierversaking

Larochelle- Steenberg

Larochelle speel met die tablet-rekenaar wat sy by Kersvader gekry het. Foto: Facbook/Gebedsgroep vir Larochelle

ʼn Chroniese niersiekte is onlangs by Larochelle Steenberg (11) van Welkom gediagnoseer en sy het dringend ʼn nier nodig.

Volgens haar ma, Lisa, is Larochelle al haar hele lewe lank siek. “Hulle het elke keer haar mangels die skuld gegee. Ons staatshospitaal het haar al laat opneem en gesê haar mangels gee vir haar ʼn bakteriese infeksie. Ons het haar mangels in Mei verlede jaar laat uithaal, maar sy het siek gebly – sy wil nie eet nie en sy slaap die heeldag. Ons is toe na ʼn private kliniek toe en die dokter het gesê ons moet dringend in Bloemfontein uitkom want sy het óf leukemie óf nierversaking.”

Die gesin is dadelik Bloemfontein toe, waar Larochelle dadelik opgeneem is. Bloedtoetse het getoon haar niere besig is om in te gee en dat sy net 5 % nierfunksie het. ʼn Paar dae later is ʼn chroniese niersiekte gediagnoseer – ʼn siekte wat sy al sedert geboorte het.

Lisa en haar man, Donald, gaan môre die nodige toetse doen om te bepaal of een van hulle ʼn geskikte skenker is, maar sy meen dis maar ʼn 50 %-kans. “Larochelle se sussie, Nicole, is ‘n perfect match, maar sy is te jonk. Sy is nou eers nege en ʼn mens moet 18 of ouer wees.” Lisa sê as die toetse môre nie positief is nie, gaan hulle kyk of iemand ander nie kan help nie. “Ons het Larochelle se storie versprei op Facebook en in ons plaaslike koerant en daar is baie mense wat bereid is om vir haar ʼn nier te skenk.”

Volgens Lisa moet die persoon wat ‘n geskikte skenker vir Larochelle is, se bloedgroep O-positief wees.

Ondanks heelwat beperkings woon Larochelle tans skool by. “Daar is ʼn pypie in haar maag omdat sy twee keer per dag dialise moet kry. Sy mag nie klasse wissel nie, nie trappe klim nie of ʼn swaar tas dra nie. Dis maar swaar vir haar. Ek het tuisskool as oplossing oorweeg, maar daar is nie geld daarvoor nie.”

Lisa het gevra dat mense asb vir Larochelle sal bid. “Hulle is ook welkom om by die Facebook-groep aan te sluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Corrie ·

Sterkte liefiepop,ek weet jyt baie eina. God is in beheer Lisa,ek glo dat julle gehelp gaan word met finansies dat as Larochelle n nier kry dat julle dadelik RooiKruis toe kan gaan. En as jul niere dalk nie match nie,weet net daar is baie mense wat hulle sal laat toets. Sterkte vir julle gesin.

MCS ·

Hi Lisa, eersten sterkte vir hulle en ons glo die Liewe Vader is groter as jul dogtertjie se siekte! Tuisskool is seker op die staduim die beste vir haar en dit is glad nie duur! Inteendeel goedkoper as die skoolgeld wat jy betaal! Stuur n e pos na [email protected] as jy sterk oor die tuisonderwys voel en vra al jou vrae op die groep wat jou kwel! Ons is n klomp vriendelike mense wat jou graag sal wil raad gee en help!

J.P. ·

My Bloedgroep is O- as daar enige kans is dat ek haar kan help waar vind ek uit?

lisa ·

J.P add gebeds groepie vir larochelle op fb ons sal more weet wie kan wat en waar laat toets baie dankie dat jy aanbied om my kind te help

J.P. ·

Okey ek add julle dadelik, laat weet my maar net. En sterkte ons BID vir julle

Lorinda ·

Lisa, ons bid vir julle vir krag en genesing. Ek kan nie eers probeer dink hoe dit moet wees om sulke nuus van jou kinders te kry nie. Ek sien dat jy tuis onderrig oorweeg het, maar dink dis te duur. Dis regtig baaaie goedkoper as gewone skole, gaan kyk na breinlyn of selfs impak. Ek dink dis die beste opsie om haar lyfie rus te laat kry en dat mamma dan heeltyd by haar is.

lisa ·

Hi lorinda.ongelukkig kan ons ni homeschool bekostig ni ek kry volle beurs by skool.daar is n fonds vir larochelle gestig maar ongelukkig dek die fonds dit ook.baie dankie vir jou omgee

Petra ·

Liewe mamma Lisa en Larochelle
Dis ‘n swaar en onseker pad om te loop, maar weet dat Hy ons nooit alleen los op die pad nie.
Ons het met ons seun (8) by ‘n pediatriese nefroloog geland by Tygerberg Hospitaal en is die liewe Vader ewig dankbaar vir die bekwame dokters met wie Hy ons laat paaie kruis het.
Dink so aan julle en hou jul in gebed.

Pietru Wilson ·

Wees sterk vriendin. Daar is ‘ n Support Group for Renal Failure ” Brandons Page” My seun leef al 11 jaar met die siekte. Het ook die CAPD dyalises. Albert Luthuli spesialiseer in Renal Failure. Hulle is fantasties. Gaan loer gerus op sy blad en jy is welkom om te post. Of net will gesels

christien ·

Mamma lisa ekke is o + wil goedjies by jou uit vind asb ekt die fb group gejoin maar is nog nie aan vaar wil asb alles uitvind en wil hoor hoe kan mens jou toets?

lisa ·

Hi as jy ni da op geadd word ni ek is as admin by ane groep.gebeds groepie spesiaal vir larochelle jy kan da ook gan add.

Anine ·

Baie sterkte aan julle, Lisa! Aan watter niersiekte ly sy presies as ek mag vra? My baba met geboorte ook gediagnoseer met ‘n niersiekte. My gebede is by julle!

lisa ·

Hi ek weet net dit is genoem cronic kidney disease.ons was gister getoets maar kan my kind ongelukkig ni help ni want ek en pappa het altwee hoe bloeddruk.

charlotte ·

Wil net vi jul se sterkte ons kleinkind is 6 jaar oud en nou eers uitgevind sy nierjie is baie klein en maak ander niertjie siek.sy niertjie is 5 jan 2016 verwyder om hom gesond te maak hy ook ander nietjie siek gemaak en skade veroorsaak .Ons kan ons hemelse Vader vdg dankie se dat hul dit agter gekomhet en hom gehelp het was ook altyd koors blaas en nier Iinfeksies gewees .Sterkte vir julle en ek glo en vertrou dat God Iiemand oor jul pad sal stuur.ons baie goeie dr en prof gehad oor hom in morningside medi clinic in sandton

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.