Boere in Nood-fees wil boere verder bystaan

Die Boere in Nood fees vind op 16 April plaas op Delmas. Foto: Verskaf

Die Boere in Nood fees vind op 16 April plaas op Delmas. Foto: Verskaf

Die Boere in Nood-organisasie gaan op 16 April ʼn fees in Delmas in Mpumalanga hou om nog fondse vir boere in droogtegeteisterde gebiede in te samel. Verskeie bekendes soos Nicholis Louw, Arno Jordaan en Heinz Winckler gaan te sien wees by dié fees.

Liezel Kleynhans, een van die organiseerders, het gesê hoewel die organisasie baie voerskenkings kry, het die boere steeds baie ondersteuning nodig. “Ons kry baie baalskenkings, maar die vervoerkostes daarvoor word nie gedek nie. Die boere verkeer steeds onder erge druk en ons probeer dit verlig,” het sy gesê.

Sy sê die organisasie probeer steeds skenkings versprei in die droogtegeteisterde gebiede in die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap.

Die Boere in Nood-fees bied vermaak vir die hele gesin. “Ons hou die fees op ʼn plaas in Delmas. Daar gaan baie stalletjies wees waar mense goed kan koop, baie kosstalletjies en vermaak vir die kinders. Boere in Nood gaan self skape spitbraai.”

Enigeen wat by die fees wil uitstal of verkoop, kan die Boere in Nood Facebook-blad besoek vir meer inligting oor hoe om te bespreek. Uitstallers betaal slegs vir hul staanplek, maar neem die wins huis toe. Alle geld wat ingevorder word, word geskenk aan Boere in Nood om te versprei in droogtegeteisterde gebiede.

Ander kunstenaars wat by die fees te sien gaan wees, sluit in Candy Benson, Tertius, Richard van der Westhuizen, Jan Rhaap en Ettiene de Koker.

Intussen het WeChat ook met Agri SA saamgespan om hulp aan die droogtehulpfonds te verleen en die las van die ergste droogte in die geskiedenis van Suid-Afrika, sedert die rekords in 1904 begin het, te verlig.

Vir elke R50 wat geskenk word aan die fonds vir droogte, sal WeChat R50 terug in jou aanlynbeursie plaas.

Die WeChat-app kan afgelaai word op sy webwerf, of op die Play Store of Apple iStore.

Stuur ʼn e-pos aan Elaine Fourie by [email protected] of bel haar by 078 457 4165.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Liezel Kleynhans ·

Ongelukkig is ons stalletjies reeds vol…. vir verdere inligting kan die volgende persoone gekontak word:
Liezel Kleynhans 0612801837 / 0117307872
Elaine Fourie 0784574165 / [email protected]
Carina Swartz 0836756526 / [email protected]

Liezel ·

Daar is ongelukkig nie meer stalletjies beskikbaar nie…
Kontak vir Elaine Fourie of vir Liezel by 0612801837 / 0117307872 vir enige navrae.

Liza ·

Hoop dit gaan ‘n massiewe sukses wees! Ongelukkig moes Groblersdal hulle fees kanselleer weens te min kaartjie verkope, almal trek swaar. Maar julle konsep kan werk, baie sterkte!

Tommie ·

Baie bly oor die reen wat die laaste week geval het.maar gaan n rowwe winter wees wat voorle baie boere voer in die winter oes reste wat as gevolg van die droogte nie beskikbaar sal wees nie.Verder dit al op verkeie plekke geryp so enige gras groei het gestop. Ondersteen asseblief

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.