Boufonds en Regsfonds van kardinale belang vir Solidariteit se Toekomsplan 2020

onsbou-solidariteit.jpg

Foto: Reint Dykema

[promosie-artikel]

Deur Francois Redelinghuys

Met die bekendstelling van die Solidariteit Beweging se Toekomsplan 2020 by die Toekomsberaad wat op 10 Oktober 2015 by die Heartfelt Arena gehou is, is daar aangekondig dat Solidariteit oor die volgende vyf jaar R3,5 miljard in verskeie projekte en instansies gaan belê.

Die geld gaan onder meer aangewend word vir die uitbouing van die Solidariteit Beweging se reeds bestaande opleidingsinstellings Sol-Tech en Akademia. Die instellings, wat onderskeidelik ’n tegniese opleidingskollege en ’n Afrikaanse universiteit is, fokus daarop om gehalte- tersiêre opleiding aan studente te bied.

Verder gaan Solidariteit steeds daarop fokus om te verseker dat werknemers ruimte gebied word om hul loopbane te kan volg en om enige diskriminasie, soos byvoorbeeld die onbillike toepassing van regstellende aksie, in die werkplek te beveg.

Die Boufonds en Regsfonds speel ’n kardinale rol om hierdie doelwitte te verwesenlik sodat Afrikaners steeds vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika kan leef en werk:

Boufonds

Die Solidariteit Beweging besef die noodsaaklikheid vir goeie opleiding in skaars vaardighede, en die Boufonds fokus juis daarop om iets daadwerklik daaromtrent te doen. Solidariteit se bestaande opleidingsinstellings, Sol-Tech en Akademia, bied aan jongmense die geleentheid om die nodige kennis te bekom wat hulle in staat sal stel om as minderheidsgroep in ’n meerderheidsamelewing te kan floreer.

Die Solidariteit Beweging het onlangs ’n fase wat geskoei is op die beginsel en uitbouing van “Beter Werk,” geloods. Gepaardgaande met dié herposisionering is daar ook besluit om die destydse “Groeifonds” na die “Boufonds” om te skakel omdat die vakbond glo dat die beste manier om sy lede in die nuwe, onsekere, ekonomie te beskerm, deur kennis is. Die nuwe Boufonds het ten doel om juis na dié behoefte van die beweging se mense om te sien.

Solidariteit het met die oog op opleiding sy driejaar-opleidingsplan ten bedrae van R400 miljoen aangekondig. Die aankondiging sluit planne vir onderwys van laerskool- tot universiteitvlak in. Deel van die beplanning behels die bou van ʼn nuwe opleidingskampus wat die tuiste van verskeie opleidingsinstellings sal wees. Solidariteit het ook aangekondig dat hy sy studiehulp aan sy lede en hul kinders oor die volgende drie jaar tot R60 miljoen gaan uitbrei.

Regsfonds

Die Solidariteit Regsfonds is met een doel voor oë gestig: om die regering se onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan.

Solidariteit voer tans tot 34 regstellendeaksiesake oor die land heen namens sy lede en beywer hom deurgaans om lede teen die regering se beheptheid met ras en rasseverteenwoordiging te beskerm. Die regering se volgehoue toepassing van rassekwotas het die verdrukking van minderheidsgroepe se regte en die totale verontagsaming van vaardighede tot gevolg. Hierdie blindelingse toepassing van rasgedrewe regstellende aksie lei tot die verswakking van die staat en sy instellings, wat die kwaliteit van dienslewering negatief beïnvloed.

Volgens ’n studie deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Eskom in ’n kwessie van agt jaar, tussen 1994 en 2002, van ongeveer 10 207 ervare werknemers ontslae geraak. Dié ingesteldheid het Eskom se fokus verskuif van kragvoorsiening na rasseverteenwoordiging, terwyl die skielike verlies aan vaardighede sowel as die vernietiging van die instansie se institusionele geheue groot probleme, wat vandag gesien kan word, tot gevolg gehad het.

Wat doen Solidariteit?

  • Solidariteit het al talle sake namens werknemers van die departement van korrektiewe dienste, die SAPD, Eskom en munisipaliteite gevoer.
  • Dit is egter nie genoeg nie. Die toepassing van regstellende aksie diskrimineer juis teen sommige rassegroeperinge op grond van hul velkleur.
  • Die vakbond se volgende groot stap was om hom tot die Verenigde Nasies te wend deur die indiening van ’n skaduverslag oor regstellende aksie.
  • Solidariteit beoog om deur hierdie skaduverslag te bewys dat die regering se toepassing van rassewetgewing onkonstitusioneel is en teen die VN se konvensie oor die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie indruis.
  • Solidariteit se klagte van rassediskriminasie teen die Suid-Afrikaanse regering sal in Augustus 2016 deur die Verenigde Nasies (VN) aangehoor word.

Dra by tot die Boufonds, SMS “BOU” na 34802 en skenk R10, of maak ’n maandelikse of eenmalige bydrae

Dra by tot die Regsfonds, SMS “REG” na 34802 (’n SMS kos R2)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.