Buchan verwag 100 000 mense by ‘versoeningsbyeenkoms’

Angus Buchan (Argieffoto)

Angus Buchan (Argieffoto)

Die evangelis, Angus Buchan, sê hy verwag sowat 100 000 mense sal op 19 November na die FNB stadion in Soweto optrek vir die grootste ‘versoeningsbyeenkoms’ nóg.

Buchan, wat die hoofspreker by die Sacred Assembly gaan wees, sê dié byeenkoms is daarop gerig om Suid-Afrika te verlos van ʼn “vernietigende gees van geweld, korrupsie, haat, onvergewensgesindheid, woede en negatiwiteit”.

Hy meen ook Suid-Afrikaners is bevoorreg om in een van die mooiste lande ter wêreld te bly en moet daarom die verwoesting onmiddellik stop sit.

“Dit is tyd vir ons om saam voor die Here byeen te kom en Hom te vra om die gees van verwoesting te breek. Ons is op ʼn mespunt in hierdie land en net God kan ons red,” het hy gesê.

“Daarom moet ons nou die streep in die sand trek en vir die duiwel sê: Tot hier en nie verder nie.”

Buchan sê elke Suid-Afrikaner met dié byeenkoms bywoon omdat hulle as nasie “vir God moet vra om in te tree en oor te neem in die situasie waarin ons verkeer.”

Die byeenkoms is gratis. Kaartjies word vanaf 21 Oktober deur Computicket versprei.

Vir meer inligting, besoek Buchan se Facebook-blad of webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Donovan ·

EK moet se die Aartappel boer kry dinge reg wat geen ander ou nog reg kon kry nie, Sy MMC kampe op Greytown was n GROOT wenner en ja ek sal beslis daar wees oompie… Om saam 100k mense voor die Here te staan sal n groot voorreg wees… 100k mense wat intree vir die land se geweld dit kan net werk… Oom Angus die Woord van die Here se waar twee of meer oor n saak saam stem sal dit dan so wees… So as 100k mense optrek met een doel voor oe en dit is om die Here se hulp in te roep…. RSA maak julle reg vir n revival en n groot een ook…

Lourens ·

vra ek ook en nogal in soweto lyk vir my meer na weereens ‘n gatkruipery

Jakes ·

Met alle respek, hy was uit oog en kampe en als? Die terugkeer ewe skielik? Boerdery moeiliker as preek.

Jakes ·

Toegang grais, kaartjies deur Computicket. In Soweto, as gratis is kom elkeen en sy hond, mag ons ons ou bakkies op gras stop soos inry fliek?

Gert ·

Maar julle is darem ‘n oningeligte spul. Toetsrugby was al daar gespeel en die stadion is kilos weg van Soweto Woongebiede. Kom by! En as jy nie een van die MMC kampe bygewoon het nie, hou eerder jou opinie vir jouself.

Koos ·

Die kommentaar hierbo is presies die rede hoekom ons land in so ‘n groot gemors is. Net ter inligting – Angus boer lankal nie meer nie – sy seuns boer. Hy is voltyds evangelis. Hy het die laaste paar jaar in verskeie lande gewees (en op verskeie plekke in RSA) waar hy die Woord verkondig het. Dit maak my so hartseer dat ons volk so afgedwaal het. Dan wys hulle so maklik die vingers na ander mense. Onthou net, eendag sal elke knie voor Hom buig en belei dat Hy God is. Kry die haat uit jou hart uit. Bid vir ons land. En onthou net – julle woorde doen niks aan ‘n kind van die Here nie. Die belangrikste is wat Jesus van ons dink. Ek stem saam Donovan – hier kom ‘n groot herlewing.

johann barnard ·

Wat maak die oom dan in die buiteland,ons het hom hier nodig.Daar is genoeg evangeliste in die buiteland.

Charmaine ·

Ag manne, altyd ‘n bitsige kommentaar as jul nie weet wat anders om te se nie. Wees tog eerlik met mekaar en julself, slegs gebed sal ons nou nog kan help.

E ·

Daar is soveel verskillende kerke en denominasies. Daar sal altyd ń debat wees oor die doop, tale, gesange ens. Daar sal altyd iemand wees waarmee ons nie saamstem nie, maar op die ou einde van die dag is Jesus nogsteeds die middelpunt van ons lewe, en ons sal nooit als weet of verstaan nie. Wat wel belangrik is, is om verby die klein jakkalsies te kyk en te besef geen mens of pastoor/dominee is perfek nie. Ons almal maak elke dag foute.

Hierdie oom doen ten minste iets waarvoor nie eers ek kans sien nie. So, waarom klippe gooi?

Mag oom se byeenkomste geseend wees en mag die Here oom seen.

Mag ons elkeen elke dag ons beste gee om ons gesin, gemeenskap en land ń beter plek te maak. God seen wat mense nie sien nie en ook wat mense as verspot afmaak.

Burger ·

Dit is so nodig oor die hele land. Die wat nie die erns hiervan verstaan nie , woon een by as jy nie te bang is om dalk van jou oogklap siennings afstand te doen nie. Daar gebeur goed wat jou nie sal benadeel nie, belowe

Christo ·

Oom Koos of Rip van Winkel hallo dit is 2016 nie 1961 nie !

Anoniem ·

Daar is niemand so blind soos die persoon wat nie wil sien nie . Suid-Afrika is terminaal siek, sy staan al met een voet in die graf en die enigste manier hoe sy uit die graf geruk en herstel gaan word is om ons te verootmoedig voor die Heer en te vra dat die Heer sal ingryp in die situasie in Suid-Afrika.

Geni ·

Genade, maar die mense is ongelowig! Geenwonder dit gaan so in die land nie. Het julle dan geen hoop nie, of eerder is julle so ver van God af dat julle nie hoop het nie. Maar moet nie worry die wat daar gaan wees sal vir julle ook bid.

PIET VAN ZYL ·

Die genade van ons Hemelse Vader is daar vir almal wat glo en belei. Die wat nie hierin deel nie kom by. Julle mis ontsettend baie. Seen en Vrede vir Almal

Mariana ·

Ja nee julle is blind dit gaan n groot suskes wees…en basta met die wat so ongelowig is, Oom Angus GOD SEEN U in wat U doen AMEN!

Maria van Dieweeck ·

Dankie oom Angus, ek sal hier uit Natal saam bid. God seen u.

neelsie ·

Waarom is ons en ons land in so n gemors.?
Bely julle sondes en keer na GOD-DRIE-ENIG!
Julle wat so negatief is en God nie erken nie , hou op om ons christene te veroordeel en doen sodoende ten minste iets positief.

Hanna ·

Prys God, en ek se baie dankie vir die deurbraak wat oppad is. En vir die reen wat God vir ons gaan stuur. Ek weet dit net.

Hanna ·

2 Chronicles 7:14
If my poeple, which are called by my Name, shall humble themselves and Pray, and seek my face and turn from their wiched ways, then I will hear from heaven and will forgive their sin, and will heal their land.

Niccy ·

Dankie oom Angus wat jy vir ons manne beteken deur die kampe wat u aanbied! My skoonseun en hul 2 kindertjies 8 en 9 jaar, was verlede naweek by een van u kampe en hul is gebless!! God kan die land en sy mense omkeer, as ons almal Bid en daarom Vra.

annatjie ·

Oom Angus het nogg niemand kwaad gedoen nie,ek is seker dit is die regte plek.Laat almal maar net hul eie harte ondersoek e kyk of hul saak, met die Here reg is. Sy liefde vir God en die mens staan bo verdenking.

Hannes ·

Is ons mense regtig al so gebreinspoel ??
Die gedeelte waarin staan asgevolg van n gebrek aan kennis gaan MY VOLK ten gronde sien ek voor my afspeel.

Nie Angus of 4000 dinominasies van kerke met al hul demoonies gaan jou in die hemel kry nie.

Daar staan geskryf in Open 21 die nuwe Jerusalem het 12 poorte met die name van die 12 stamme daarop geskrywe. Ek lees nie van n 13de poort waar almal wat nie deel is ingaan nie.

Lyk my mense kan nie meer self dink of lees nie ons het te lui geword om te ondersoek moet maar na ander luister. Word wakker die wat ore het om te hoor.

Jy kan in elk geval nie jou Skepper aanneem nie jou naam staan reeds geskryf nog voor die grondlegging opgeskryf of nie !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.