Buchan verwag 100 000 mense by ‘versoeningsbyeenkoms’

Angus Buchan (Argieffoto)

Angus Buchan (Argieffoto)

Die evangelis, Angus Buchan, sê hy verwag sowat 100 000 mense sal op 19 November na die FNB stadion in Soweto optrek vir die grootste ‘versoeningsbyeenkoms’ nóg.

Buchan, wat die hoofspreker by die Sacred Assembly gaan wees, sê dié byeenkoms is daarop gerig om Suid-Afrika te verlos van ʼn “vernietigende gees van geweld, korrupsie, haat, onvergewensgesindheid, woede en negatiwiteit”.

Hy meen ook Suid-Afrikaners is bevoorreg om in een van die mooiste lande ter wêreld te bly en moet daarom die verwoesting onmiddellik stop sit.

“Dit is tyd vir ons om saam voor die Here byeen te kom en Hom te vra om die gees van verwoesting te breek. Ons is op ʼn mespunt in hierdie land en net God kan ons red,” het hy gesê.

“Daarom moet ons nou die streep in die sand trek en vir die duiwel sê: Tot hier en nie verder nie.”

Buchan sê elke Suid-Afrikaner met dié byeenkoms bywoon omdat hulle as nasie “vir God moet vra om in te tree en oor te neem in die situasie waarin ons verkeer.”

Die byeenkoms is gratis. Kaartjies word vanaf 21 Oktober deur Computicket versprei.

Vir meer inligting, besoek Buchan se Facebook-blad of webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Donovan

EK moet se die Aartappel boer kry dinge reg wat geen ander ou nog reg kon kry nie, Sy MMC kampe op Greytown was n GROOT wenner en ja ek sal beslis daar wees oompie… Om saam 100k mense voor die Here te staan sal n groot voorreg wees… 100k mense wat intree vir die land se geweld dit kan net werk… Oom Angus die Woord van die Here se waar twee of meer oor n saak saam stem sal dit dan so wees… So as 100k mense optrek met een doel voor oe en dit is om die Here… Lees meer »

Riaan

Versoening met wat?

johann barnard

Mors nie my tyd met sulke onsin nie!

Jakes

Toegang grais, kaartjies deur Computicket. In Soweto, as gratis is kom elkeen en sy hond, mag ons ons ou bakkies op gras stop soos inry fliek?

Gert

Maar julle is darem ‘n oningeligte spul. Toetsrugby was al daar gespeel en die stadion is kilos weg van Soweto Woongebiede. Kom by! En as jy nie een van die MMC kampe bygewoon het nie, hou eerder jou opinie vir jouself.