Celebration-aftreeoord – Waar jy bekostigbare tegnologie en sekuriteit kan kry

Foto: Celebration-aftreeoord

Met die inwerkingtreding van die Wet op die Bestuur van Deeltitelskemas 2016, het eiendomskenners gewaarsku dat inwoners ʼn verhoging van tussen 15% tot 25% in hul maandelikse heffings te wagte kan wees om te voorsien in die behoeftes van die reserwe- en onderhoudsfonds. Die wet maak verder daarvoor voorsiening dat trustees die maandelikse algemene heffing tot ʼn maksimum van 10% per jaar kan verhoog, sonder vooraf kennisgewing aan die huiseienaarsvereniging.

Voeg die spesiale heffing wat indien benodig gehef mag word, die CSOS-heffing, stygende elektrisiteitkoste en wisselende geldeenhede hierby en Suid-Afrikaners, veral afgetredenes, word in ʼn onsekere finansiële posisie geplaas.

Maar daar is wel ʼn silwer randjie vir afgetredenes te midde van dié donker wolk – dit is as jy slim genoeg is om jou huiswerk te doen voordat jy in ʼn aftreebestemming van jou keuse belê.

“Die heffings by Celebration-aftreeoord is baie bekostigbaar in vergelyking met ander opsies in die mark,” sê Gerrit Brandow, direkteur verantwoordelik vir die Celebration-projek. “Die skaalvoordeel van nagenoeg 1 000 eenhede in die landgoed, dra daartoe by dat die individuele eienaar minder tot die gedeelde kostes hoef by te dra.”

Foto: Celebration-aftreeoord

Brandow verduidelik verder: “Ons het reeds toekomstige stygings of onvoorsiene uitgawes in ag geneem deur ʼn reserwefonds van 3,5% van die netto verkoopprys in te bou, waartoe die eienaar bydra net wanneer daar ʼn verandering van eienaarskap plaasvind.”

Die oord beskik ook oor die mees gevorderde sekuriteitseienskappe soos:

  • 4 m geëlektrifiseerde grensmuur;
  • bewegingsensors;
  • sekuriteitswagte wat 24 uur per dag patrolleer; en
  • ʼn sekuriteitskantoor met ʼn CCTV-sisteem en meer.

Weereens, danksy die skaalvoordeel word die beste sekuriteit teen ʼn fraksie van wat dit sou kos om dit by ʼn enkele woning te installeer, beskikbaar gestel. Vir verdere gemoedsrus ontvang elke inwoner ook ʼn mobiele paniekknoppie wat hulle in geval van nood in direkte verbinding met die sekuriteitskantoor en verswaktesorgeenheid bring.

Afgesien van bekostigbare heffings en die mees gevorderde sekuriteit, het Central Developments Eiendomsgroep ook ʼn baie gunstige ooreenkoms met Vodacom beding om optiesevesel-internetverbindings (FTTH) aan alle inwoners van Celebration beskikbaar te stel.  Inwoners sal baat by ʼn gratis interne kommunikasienetwerk, sowel as vinnige, bekostigbare en betroubare internet wat aangepas kan word om in hul behoeftes te voorsien.

Foto: Celebration-aftreeoord

Dit mag dalk te goed klink om waar te wees, maar Central Developments sê dit is moontlik om aan inwoners en beleggers die bekostigbare tarief te bied weens twee redes:

  • Die middelman word uitgeskakel – van die breek van grond, tot die oorhandiging van alle verkoopte eenhede aan die bestuursmaatskappy, doen Central Developments eiendomsgroep alles inhuis.
  • Skaalvoordeel – met ʼn gemiddeld van sowat 35 projekte wat op enige gegewe tyd deur die ontwikkelaar gedoen word, is dit duidelik hoe dit vir hulle moontlik is om die kompeterende pryse te kan bied.

Of jy steeds werk, of een van die gelukkiges is wat die vrugte van jou arbeid kan geniet deur na eksotiese plekke te toer, gaan jy sukkel om op enige ander plek dieselfde leefstyl en gemoedsrus te kan bekostig teen dieselfde prys as by Celebration-aftreeoord.

Celebration-aftreeoord se skouhuisdorp is vanaf 8 Januarie 2018 weer sewe dae per week van 09:00 tot 17:00 oop en is beslis ʼn besoek werd. Of besoek www.retirenow.co.za vir verdere inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.