CY Mark nie sommer elke hierjy se mark nie

Die organiseerders van die mark (Foto: Facebook via CY Market)

Die organiseerders van die mark (Foto: Facebook via CY Market)

Die Kaapse CY Mark, wat daarop fokus om plaaslike vroue te bemagtig en terselfdertyd niewinsgewende organisasies die geleentheid bied om terug te ploeg in die samelewing, word tussen 20 en 25 September net buite Durbanville in die Wes-Kaap gehou.

Dié mark word vanjaar vir die sewende agtereenvolgende jaar aangebied.

Ansomari Schoeman, die stigter, sê die mark probeer jaarliks om jong vroue se lewe te verander. “Ons glo daarin om vroue te inspireer om te droom en te skep. Hulle moet bietjie van hulself in hul produkte sit,” het sy gesê.

Vanjaar se “Laslap Moi”-tema moedig vroue aan om iets unieks te maak wat die “mooi in hul lewe” uitbeeld.

Uitstallers word ook sorgvuldig uitgesoek. Van die uitstallers wat te sien gaan wees, is die niewinsgewende organisasie Blossom, asook Kaapstad se vereniging vir blindes. Blossom belê jaarliks in die lewe van jong vroue, veral dié van minderbevoorregte gemeenskappe, deur geleenthede te skep om verder te leer. Kaapstad se vereniging vir blindes is gestig in 1929 en doen ontwikkelingswerk onder blindes.

Mans word egter nie uitgesluit nie! Verskeie stalletjies, soos onder meer die Grizzly Beard Co., gaan te sien wees.

Die gewilde Afrikaanse sanger Andriette Norman gaan ook haar dekorreeks uitstal.

Die CY Mark vind plaas op die Meerendal-wynplaas. Toegang kos R40 vir volwassenes, pensioentrekkers kry afslag en toegang is gratis vir kinders onder 14. Hekke open daagliks om 09:00.

Besoek die CY Mark se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.