David Kramer skryf oor sy rooi velskoene

Foto: Facebook/ David Kramer

Foto: Facebook/ David Kramer

Die sanger en liedjieskrywer David Kramer is nie net bekend vir sy hartroerende musiek nie, maar ook vir die rooi vellies wat hy gereeld dra. David het die storie agter dié bekende skoene op Facebook gedeel.

Mense onthou my tot vandag toe vir die rooi velskoene wat ek dra. As ek hulle nie dra nie, sal mense my stop en vra hoekom ek nie my rooi vellies aan het nie. Dit is my handelsmerk vir die afgelope 33 jaar.

Laat ek julle vertel hoe ek my rooi vellies gekry het.

Toe ek in 1974 terugkeer na Worcester nadat ek aan die Leeds-universiteit gegradueer het, het ek vir Boet van der Hoven ontmoet. Hy het kuns gegee by die Hugo Naude-kunssentrum toe ek ʼn student was. Ons het vriende geword en ʼn paar jaar later, in die vroeë 1980’s, terwyl ek die vroeë sukses van my musiek geniet het, het ek ʼn konsert in Oudtshoorn aangebied – waar Boet en sy vrou, Sarah, destyds gewoon het. 

Foto: Facebook/ David Kramer

Boet van der Hoven. Foto: Facebook/ David Kramer

Boet het ʼn paar rooi velskoene, met sole wat van ʼn kar se band gemaak is, in ʼn plaaslike winkel gekry en vir my present gegee. Ek was so bly ek het vir hom ʼn bedankingsbrief geskryf met hierdie vers:

“Tjikkeling, tjikkeling, tjikkely
Een vir ʼn geel pampoen
Twee vir ‘n rooi velskoen
Hoe lekker kry ek nou”

Hierdie vers het later die koor van een van my groot treffers geword: “Stanley en die koei” wat geskoei is op een van Abraham de Vries se stories, “Die koei en die tand”. 

Boet is in 2003 oorlede, maar as ek my velskoene dra, dink ek aan hom.

Dankie, Boet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ANDRE ·

Het ook n paar van daai rooi velskoene van hom. Het dit jaaare terug by my ma present gekry. My dogter kry elke keer stuipe as ek dit dorp toe aantrek , seker maar die mooi rooigeit wat dit veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.