Deur 85 lande op ʼn motorfiets

ʼn Wêreldwye motorfietsaflos het verlede week in Skotland begin, is onderweg na Suid-Afrika en sal in die Verenigde Arabiese Emirate klaarmaak. Een aflosstokkie, met almal wat deelneem oor die hele wêreld se name daarop, word per motorfiets saamgery.

Rialette van Niekerk, Women Riders World Relay (WRWR) se ambassadeur in Suid-Afrika, het gesê dié stokkie gaan vir haar gepos word van Brasilië af en dít gaan saam waar hulle ook al ry.

Die WRWR is ʼn aflos slegs vir vroue wat deur deelnemers van 85 lande waaronder Ierland, Spanje, Switserland, Swede, Turkye, Pakistan, Indië, Singapoer, Australië, Meksiko, Peru, Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Kenia afgelê word.

Die aflos het in Februarie 2019 begin en sal in Januarie 2020 tot ʼn einde kom. Suid-Afrika sal in Januarie die aflosstokkie ontvang en met hul been van die aflos begin.

“Ons ry vanaf Johannesburg tot by die Nakop-grens tussen Suid-Afrika en Namibië. Dit sal ons agt dae neem en ons sal 3 878 km aflê. Daar sal ek die stokkie oorgee aan die ambassadeur van Namibië,” het Van Niekerk gesê.

“Daar is wêreldwyd 17 000 vroue wat deelneem. In Suid-Afrika is daar ook al meer as 100 van ons wat die pad gaan aandurf,” het sy gesê.

Rialette van Niekerk (Foto: Verskaf)

Volgens Van Niekerk is mans welkom om saam te ry, maar hulle mag nie die aflosstokkie teken nie.

“Die projek is begin deur Hayley Bell van die Verenigde Koninkryk. Ons wil net vrouemotorfietsryers so ʼn bietjie normaliseer. As ons in ʼn winkel instap, kyk mense ons snaaks aan, want ‘hoekom wil ʼn vrou nou ʼn motorfiets koop?’. Die klere wat vroue op motorfietse moet dra, is ook eintlik vir mans gemaak (of dis die stereotiepe pienk klere); hoekom kan ons nie mooi en ʼn verskeidenheid klere kry nie? Daar is baie vroue wat hou van motorfiets ry, so ons wil saamstaan en dit bekend maak,” het sy gesê.

Die Suid-Afrikaanse deel van die aflos sal ongeveer 500 km per dag behels. Van Niekerk het gesê mense wat betrokke wil raak, maar nie die hele roete saam wil ry nie, kan steeds deelneem.

“Daar is baie mense wat net ʼn deel van die roete gaan ry. Hulle hoef nie die hele agt dae lank saam te ry nie. Jy kan self kom en gaan soos jy wil; jy kan kies of jy net een been van die aflos wil saamry en of jy ʼn sekere aantal kilometers wil ry. Die keuse is joune,” het sy gesê.

Vir meer inligting oor dié aflos, besoek die Facebook-blad of webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

WoMEN ·

Wie se idee was die sterotipe pienk motorfiets by die berig se foto?

Andre Stander ·

Eers BEE, nou WRWR… Almal diskrimineer teen ons

:*-/

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Waar bank jy André ?

..vra net.

.
.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.