Die ‘Medihelp Bike & Tekkie Challenge’ is weer in Kuilsrivier

Fanie-Nell-as-Ninja-Turtle-Large.jpg

Medihelp Bike & Tekkie Challenge 2014: Fanie Nell as ‘n Ninja Turtle

[promosie-artikel]

Die jaarlikse Medihelp Bike & Tekkie Challenge vind vanjaar op Saterdag 5 September 2015 soos gewoonlik by die Jan Kriel-skool in Kuilsrivier in die Wes-Kaap plaas.

Laasjaar se Medihelp Bike & Tekkie Challenge het ’n bergfietswedren bo en behalwe die gewilde padwedlope aangebied en was ’n yslike sukses, maar vanjaar beloof om selfs groter en beter te wees.

Hierdie prettige geleentheid is ideaal vir die hele gesin en is net die regte manier om die lente te verwelkom. Die Medihelp Bike & Tekkie Challenge bevorder nie net deelnemers se goeie gesondheid nie, maar ondersteun ook ’n verdienstelike saak deur fondse in te samel wat ’n verskil maak in die lewens van kinders met spesiale opvoedkundige behoeftes wat die Jan Kriel-skool bywoon.

Lede van Medihelp se MultiSport-klub kan vanjaar gratis vir die wedlope inskryf.  Medihelp se hoofbeampte, Heyn van Rooyen, sê die borgskap van die geleentheid is in ooreenstemming met die skema se strategie om ’n gesonde leefstyl aan te moedig.

“Die Bike & Tekkie Challenge bevorder ’n gesonde leefstyl en gaan daaroor om gehaltetyd saam met geliefdes in die vars lug deur te bring, terwyl julle die lewe voluit leef.”

Die geleentheid sluit ’n 10 km-padwedloop en ’n 5 km-pretdraf in. Die 4Paws-wedloop oor 5 km is perfek vir drawwers en hul vierpotige vriende. Daar is ook ’n Nappy- en Kiddies-wedloop vir die heel jongste lede van die gesin.

Twee bergfietswedrenne oor ±20 km en ±47 km word aangebied. Die roetes strek deur die pragtige Bottelaryheuwels-bewaargebied en Zevenwacht Landgoed.

Alle fondse wat ingesamel word, sal gebruik word vir sportontwikkeling van Jan Kriel-skool se kinders. Die skool se sportgeriewe sal ook verbeter word, aangesien kinders in verskeie sportsoorte uitblink, insluitend sport vir gestremdes.

Een só ’n fasiliteit is die ten volle funksionele Brent’s Place gimnasium, wat laasjaar amptelik geopen is en die allernuutste toerusting het, soos gewigte, roei-apparaat en fietse. By Jan Kriel- skool sal sport altyd ’n fundamentele deel van terapie wees, aangesien dit elke kind help om sy of haar volle potensiaal te bereik.

Wedloopbesonderhede

Datum: 5 September 2015
Plek:    Jan Kriel-skool, Kuilsrivier

Bergfietswedloop ±20 km Moegboom:  07:00 (afsnytyd 2 uur 30 minute)
Bergfietswedloop ±47 km Vastrap:  07:00 (afsnytyd 4 uur 30 minute)
10 km Battle of the Sexes*:  08:00 (afsnytyd 2 ure)
5 km & 4Paws: 08:15
Kiddies run: 09:30
Nappy run: 09:45

* Vroue kry ’n voorsprong; mans se presiese wegspringtyd word op die dag bepaal

Vir meer inligting oor die Medihelp Bike & Tekkie Challenge, en hoe om in te skryf, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.