Die oop waters én teater met vierde Oppiwater Kunstefees

Ooms met Tobie Cronjé en Gerben Kamper

Ooms met Tobie Cronjé en Gerben Kamper

Wat kan ʼn hart nou meer begeer as die oop waters en teater? RSG en Lefra-produksies bied binnekort die vierde Oppiwater Kunstefees aan en bring van die beste verhoogproduksies aan boord die luukse MSC Sinfonia-reisboot tussen 30 April en 5 Mei.

Dié kunstefees is ʼn “reisfees” met meer as 20 verskillende produksies waarvan elkeen in die verskeie teaters en venues op die MSC Sinfonia na die planke gebring gaan word.

Die kunstefees-geselskap vertrek vanaf Kaapstad en besoek Namibië se mooie Lüderitz en Walvisbaai.

Magdaleen Kruger, RSG-stasiebestuurder, sê hierdie “Oppiwater”-kunsskippie bring ʼn unieke bootvaart vir luisteraars. “RSG is daarvoor bekend dat ons die kunste ondersteun en ontwikkel en die Oppiwater Kunstefees se sukses spreek boekdele hiervan,” het sy gesê.

Frans Swart, besturende direkteur van Lefra-produksies, sê die span is gereed vir dié uitdaging. “Om meer as 20 produksies op ʼn boot in vyf dae aan te bied is nogal vir ons ʼn groot uitdaging, maar ʼn baie lekker een. Dis vir ons lekker as ons sien hoe gaste die Oppiwater Kunstefees geniet. Almal bespreek produksies, drink ʼn mengeldrankie op die dek, geniet ʼn vyfgangete in die restaurant en hol dan weer na die volgende produksie toe.”

Feesgangers kan na die volgende produksies uitsien:

  • As drome vlerke kry met Hennie Smit en Arina de Witt
  • Blou-blou met Erik Holm
  • Bonjour monsieur Brel met Jannie du Toit, Susan Mouton en Coenraad Rall
  • Christo en Cobus met Christo Snyman en Cobus Snyman
  • Die eggo van jou oë met Jannie du Toit
  • Blou-blou met Erik Holm (Foto: Verskaf)

    Blou-blou met Erik Holm (Foto: Verskaf)

    Die jaloersbokkies met Jawaaiher Pietersen, Nedine Blom en Ashur Pietersen

  • Die wyn, die vrou, die lied met Johan Rademan, Christo Snyman en Hennie Retief met volle Wynproe deur Van Loveren-wynkelder
  • Fiela se kind deur Dalene Matthee, verwerk deur Suzanne van Wwijk en regie deur Frans Swart
  • Kom kook met Martelize met Martelize Brink
  • My passie vir Jesus met John Jacobs
  • Ooms met Tobie Cronjé en Gerben Kamper
  • Op die eerste een met Pieter Smith
  • Refentse met Refentse
  • RSG-radiodrama met Johan Rademan as regisseur
  • Soen my, druk my met Alwyn Oberholster
  • Stout (baie stout) met Derrich Gardner
  • Wegvaartpartytjie met verskeie kunstenaars
  • Oppiwater-ontploffing met verskeie kunstenaars
  • RSG regstreekse buite-uitsendings vanaf die dek
  • Ontmoet die kunstenaars met verskeie kunstenaars

Bespreek nou vir die Oppiwater Kunstefees by 0860 114 411 of www.oppiwater.co.za.

Vir meer inligting, bel Lefra-produksies by 011 815 3000 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.