Die top-10 skoonheidstendense vir 2019

(Foto: Christin Hume/Unsplash)

Die skoonheidstendense vir 2019 lê klem op jou identiteit en jou uitlewing daarvan.

Pinterest het onlangs ʼn lys van die 10 grootste skoonheidsgiere in hul “The 100”- lys bekendgemaak. Hier is die grootste skoonheidsgiere vir die jaar wat voorlê.

  1. Olie: Dit is die onverwagse sterproduk in die skoonheidsindustrie. Dit maak die vel sagter, hare sagter en laat lippe glans.
  2. Getinte lippe: ʼn deurskynende of mat tint is maklik en goedkoop om te gebruik en laat jou lipstiffie se kleur uitkom.

    (Foto: Pixabay)

  3. Meer natuurlike skakerings: Grimeerreekse word nou gemaak met ʼn baie groter variasie van onderlaagkleure.
  4. Rollers: Die geliefde skoonheidsroller wat oor die gesig gerol word.
  5. Nat en wilde hare: Hare wat teruggekam is en golwende hare met ʼn nat voorkoms is baie in die mode.
  6. Groter en groter wimpers: Wenkbroue is steeds die hoofaandagtrekker op die gesig, maar lang, dik wimpers begin in 2019 al meer prominent raak.

    (Foto: Tanja Heffner/Unsplash)

  7. Alles-in-een-kopies: Mense wil nie meer op en af tussen winkelrakke loop om hul grimering te soek nie. Hulle soek nou na pakkette wat alles insluit.
  8. Totsiens aan die bob: Mense met ʼn bob-haarstyl of selfs ʼn lob (lang bob), verkies nou om eerder hulle hare kort te knip in ʼn pixi-styl of om hul lang lokke te laat uitgroei.
  9. Grafiese naels: Geometriese en negatiewe spasie naels is ʼn pret manier om jou persoonlikheid uit te beeld.
  10. Helder oë: Neon oogomlyner onder die oog trek aandag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.