Dís hoekom jy moet RSVP, dring ma aan

Mahlon Layne (Foto: Peanutlayne.com)

Mahlon Layne (Foto: Peanutlayne.com)

ʼn Ma het haar tot sosiale media gewend om die noodsaak van ʼn RSVP te verduidelik nadat haar seun “verpletter was” omdat niemand vir sy verjaardagpartytjie opgedaag het nie.

Kristen Layne, die ma van die negejarige Mahlon, se inskrywing het verlede week soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei waarin sy die noodsaak van bevestiging van ʼn uitnodiging na ʼn partytjie benadruk het.

RSVP, die afkorting vir die Frans “répondez s’il vous plaît” wat beteken “antwoord asseblief”, beteken juis dit: Dat jy moet bevestig of jy ʼn uitnodiging aanvaar of van die hand wys.

Mahlon is vanjaar in gr. 3 en vir die eerste keer op skool aangesien hy tot dusver tuisonderrig gekry het.

“Hy het nog nooit vantevore ʼn verjaardagpartytjie gehad wat vriende bygewoon het nie,” het Kristen geskryf. “Omdat dit vanjaar sy eerste jaar op skool was, wou ons dit vir hom spesiaal maak deur nie net familie te nooi nie. Dit het hom nooit gepla dat daar voorheen net familie was nie, maar met sy agtste verjaardag het hy gevra waarom hy nie soos ander kinders op TV maatjies het nie.”

Mahlon Layne (Foto: Peanutlayne.com)

Mahlon Layne (Foto: Peanutlayne.com)

Kristen het haar voorgeneem om sy negende verjaardagpartytjie onvergeetlik te maak met mooi uitnodigings en ʼn Diary of ʼn Wimpy Kid-tema, ʼn boek geskryf deur Jeff Kiney.

Dié uitnodiging is aan al sy vriende en klasmaats by die skool gerig.

Hoewel sy nie ʼn enkele RSVP ontvang het nie, het haar man haar die vorige aand gerusgestel dat dié soort kennisgewing lank reeds “uit die mode is”.

“Hy het gesê niemand RSVP in elk geval meer nie, so toe gaan ons maar voort. Mahlon was die volgende dag voor sonopkoms wakker. Hy het al die tafels reggeskuif en die ballonne gehang; ek het hom nog nooit so gelukkig gesien nie. Hy het gesê ‘my vriende is oor ʼn paar uur hier! Dis die gelukkigste dag van my lewe, mamma.’”

Niemand het vir die partytjie opgedaag nie. “Woorde kan nie die emosies beskryf wat ek gevoel het nie. Selfs my man en my pa van byna 70 was in trane. Ek het myself vinnig verskoon om in die badkamer te gaan huil, en daarna vriende en familie genooi om die dag te red. Ons het daardie dag alles in ons vermoë gedoen om dit die beste moontlike kinderpartytjie te maak.

“Daar is net ʼn paar keer in my lewe wat ek my groot en manlike man in trane sien uitbars het, en hierdie was een daarvan. Ek is nie kwaad vir die kinders wat nie opgedaag het nie, maar teleurgesteld in die ouers wat my nie kon laat weet dat hulle nie kom nie. Natuurlik kon ouers aanvoer dat hy nog nuut in die skool is en hulle nog nie gemaklik met ons as ouers is nie, maar hulle kon ten minste laat weet het.”

Kristen het voortgegaan om ouers te smeek om wel te RSVP vir partytjies. Die gesin is intussen oorval met geskenke vir die negejarige.

Die inskrywing is meer as 100 000 op sosiale media gedeel.

Lees die oorspronklike brief hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Rina Pretorius ·

Ek weet presier hoe julle gevoel het, dit het met my dogter ook gebeur toe sy 4 jaar oud geword het en niemand opgedaag het nie, sy het die pad dopgehou wanneer haar maatjies sal opdaag, net een verskil, my familie is almal ver weg so niemand kon kom nie,. Ek het net daar ‘n besluit gemaak dat ek nooit weer ‘n kinder partytjie sal hou nie, ek het elke jaar my kinders uitgevat erens heen sodat hulle die spesiale dag kon vier

Stem saam ·

Presies dieselfde het met my seuntjie gebeur en my hart gebreek – hy wil nie meer partytjies hou nie want hy is bang niemand daag weer op nie. Ek vat ook nou eerder my kinders uit iewers heen. Ek wens mense wil leer om net te antwoord – al kom julle nie, dit bly net goeie maniere!!

Lize ·

Dankie Basson, ek het gedink iets is nie lekker aan hierdie verhaal nie. Die ma is ‘milking it for what is it worth’.

Amanda ·

Sy verneder haar kind. Nou gaan hy geenaatjies hê noe + gespot word!

Jana ·

Dit is verskriklik. ek sien dit so baie. Ek besit ‘n partytjie venue . En dis verskriklik as mense betaal vir sekere hoeveelheid kinders en hulle daag nie op nie. Dus ‘n groot venue so ‘n ppartytjie met min mense lyk altyd tragies en ek voel so sleg vir hul part. En selfs vir my eie kinders as dit met hul eie partytjie gebeur. Mense dink nie.

Lisa ·

Siestog, dis verskriklik!! Kry hom sommer uit my hart uit jammer!!!!

Marie Van Graan ·

Enige persoon wat opgevoed is en goeie maniere het moet RSVP. Dit is so belangrik. Ek se altyd persone moet “confirm “…..Enige afsprakie moet jy bevestig en verskoning aanbied as jy dit nie kan bywoon nie. Ook betyds opdaag vir alles.

MCS ·

Vandag se kinder partytjies is net n kompitisie tussen ouers om tesien wie die beste, mooiste en duurste partytie kan”gooi!” Kinders wat gaste is,is ook so bederf en trek hul neuse op vir alles. Ons hou al vir n paar jaar nie meer partytjies , my kinders kies waarheen hulle wil gaan en ons maak n naweek daarvan . Ons kuier net met beste vriende en familie wat in die dorp bly op die dag as dit in die week val!

Bertus ·

Ek stem 100% saam. Stuur koek en kos skool toe, dan gooi hul mekaar, of gooi dit weg. As niemand Laat weet het nie…dan kom niemand nie. Spandeer daardie geld van n maats partytjie op die kind…op n spesiale dag met familie en ware vriende….

JM ·

Dis sommer pleinweg slegte maniere om nie te RSVP nie, en net aan te neem die ander persoon gaan weet jy kom nie. Ons kla almal oor ongeskikte kinders, maar kan nou duidelik sien by wie hulle dit geleer het .. die ouers. So jammer oor jou kind se teleurstelling, kinders is so mal oor verjaardagpartytjies, so dit kon net die ouers se vooroordeel wees. Skaam julle, moenie dink dit gaan nooit met jou kind gebeur nie. Ek is baie bly oor die geskenke, hoop net ‘n klomp maatjies verras hom wel en kom kuier eendag ‘n bietjie by hom. Want geen ouer of grootouer, hoe lief ons ookal ons kinders het, kan opmaak vir dit wat hulle in hulle maatjies kry nie.

Heleen ·

Ek stem 100% saam.
Ek dink dit is uiters ongeskik en ongemanierd van iemand om nie vir ‘n uitnodiging te RSVP nie. Hoe moet die persoon/e wat ‘n funksie reel weet vir hoeveel mense om reg te maak as die uitgenooides nie RSVP nie.??

Jip ·

Ja dit het met my kind ook gebeur maar al het nie op gejaag nie ek as enkel ma het soveel geld spandeer omdat my kind baie sieklik was en baie operasie al moes onder gaan het.En omdat hy ook n spesial party wou he het ek besluit om groot te gaan wors braai en eet goed snack koeke tertjies ens en niemand het op gedaag nie.En my kind was in stukkies mamma het hy gese dit seker omdat nie in n normale skool is nie

Roeline ·

Self het dit ook met my gebeur. maar die ergste ooit wat my gebeur het toe ek 21 ste partytjie gehou en nie een het opgedraag nie. hulle het my gelaat weet hul gaan kom maar die dag op my verjaarsdagpartytjie het niemand opgedaag nie. dit was erg.

Ella ·

Dis amper nog erger as ‘n persoon laat weet hy woon die geleentheid by, en dan nie opdaag nie! Dis onkoste bly dieselfde, of die gaste die kos eet of nie?

nannie ·

Ek stem saam dat ouers baie nalatig is en geen resep het vir die ouers van die verjaarsdagmaatjie nie. Hulle daag daar op dan bring hulle die boetjie / sussie / nefie / niggie en sommer die ander vriend saam. Dan is daar nou nie genoeg lekkergoed pakkies ens nie dan hoor jy stories agterna by die skool dat daar nie genoeg goed was nie, maar daar word nie vertel dat hulle ekstra kinders saam gebring het en dit nie genome is aan die ouers van die verjaarsdagmaatjie nie. Of mamma bring haar vriendin saam en hulle sit die hele partytjie eenkant en bespreek almal wat daar is. Het my les vroeg geleer en hulle kinders nie weer genooi nie.

Elize De Clercq ·

Jinne nou is ek sommer in trane! Laat dit nou maar vir almal ‘n les wees : Indien mense nie voor ‘n sekere datum RSVP nie en wel net opdaag dan kan hulle maar omdraai by die deur en die ouers moet maar aan hulle ongelukkige kind verduidelik dat hul as ouer nie hul plig as ouer nagekom het nie!

Michelle van der Nest ·

My seuntjie het in die 2de kwartaal van die jaar by ‘n nuwe skool begin. Met sy 10de verjaarsdag in September het hy sy klasmaats genooi. Saam met hom sou hulle darem 6 gewees het. Hy wou ‘n Spur partytjie gehad het. Al die reëlings was getref. Al 5 die kinders se ouers het bevestig hulle kom. Die oggend van die partytjie het 3 kinders se ouers laat weet hulle kan nie meer kom nie. My seuntjie maak maar moeilik maats. En hy het baie onder die seuns deurgeloop. Maar daar was tye wat hulle lekker gespeel het. Ek sal altyd voel hierdie was so bietjie van ‘n afgespreekte saamsweerdery. 2 seuntjie, boeties, het darem nog opgedaag. Maar ons moes die Spur partytjie kanselleer. Hulle was te min en ons het vir 10 bespreek en nog voorsiening gemaak vir ouers wat wou saamkom. Die seuns het toe maar by ons huis kom kuier. My seuntjie het toe ‘n lekker dag gehad. Maar was die oggend so ongelukkig dat hy net gesê het kanselleer alles, hy wil niemand sien nie. Ek en sy Pa het self die koek gebak. Ure lank baie moeite gedoen. Hy was so trots op sy koek. Wou graag hê almal moet dit sien. En toe die 2 maats vir hom sing om sy kersies uit te blaas, was hy in trane. Dit was nie ‘n lekker gevoel vir ‘n Mamma se hart nie.

Adele ·

Ek dink dit is pateties verby! Dit is net goeie maniere om te RSVP, ouers doen baie moeite met partytjies en dit is verskriklik dat die verjaarsdag maaitjie niemand het wat op daag nie, ouers wat nie RSVP nie moet wakker word want hulle sal nie daarvan hou as dit met hulle kind gebeur nie. Net my opinie.

Zelda ·

Dit het met my seun ook gebeur toe hy ook so 4 of 5 jr oud was. Min het ons geweet dat nog n maatjie se verjaarsdag ook op die selfde dag was. Ons het ook vinnig vriende gebel met ook kinders van selfde ouderdom. Hulle kon darm die partytjie red. Ons het besluit van my seun 9jr oud is. Ons sal elke jaar iets gaan doen wat hy wil. Dan mag hy 1 maatjie saam nooi. En so ver werk dit soos n bom

Mimu ·

Dis omdat daar nie meer ‘n samehorigheid/ gemeenskapsgevoel is nie. Mense lewe verby mekaar.

“The world is a village” maar ons is so ver van mekaar af dit is nie snaaks nie.

Sy moes haar uitnodiging op Facebook gesit het, dalk sou meer mense dan reageer het >.<

Se net ·

Dit is verskriklik!!! Ek het net een vraag…..hoekom moet jy nou n foto van die arme kind op sosiale media sit en hom nog verder verneder?? Jy kan mos jou storie vertel sonder om sy foto op te sit… arme kind

Leonie ·

Dit is baie erg. Die arme kind. Mense is wreed en ouers haal baie geld uit vir partytjies. My dogter is 13 en van 2 jaar terug af het sy ook besluit sy hou gladnie meer partytjies nie want niemand is regtig haar vriendin nie. Dis net so hartseer. Wat nou gebeur is almal in die klas word genooi behalwe sy. Ek kry haar verskriklik jammer want dan vra sy wat het sy gedoen en hoekom haat almal haar. Ek deel die seun se pyn en sy ouers sin. Op my oorlede broer se 21st het niemand ook opgedaag nie. Dis hartverskeurend. Toemaar boeta jy sal nog jou regte ware vriende kry.

Amanda ·

Leonie -Raad van n juffrou en ma: word deel van die groep deur kinders van wie sy hou een een oor te nooi vir iets waarvoor hulle nie sal nee sê nie. Soos om jump toe te gaan of n gewilde sanger life te sien. So dring mens n groep binne een op n slag.

Mickey ·

Ek weet presies hoe dit voel. My kind is in die middel van die jaar na n nuwe skool en sy wou bitter graag haar maats nooi vir n partytjie, uit die 8 kinders het net een laat weet sy kom, die res het by die skool vir haar gese almal kom… Die dag van die partytjie daag net 1 kind toe op. My kind se hart was stukkend…. Ouers moet besef tog,,,,

charlene ·

My dogtertjie is nou 5, en dis vir my as ma, een van my vrese maar dan besef ek, sy het `n “sussie” en `n “boetoe” Haar “bloed niggie en neffie” soos sy jou sal vertel! Ek is darm ook geseen, sy het `n paar maikies maar 2 spesiale maikies en die 2 se mamma’s is net so amazing mense, weet van RSVP, en opdaag en is glad nie styf nie. Ek is maar een van daai mammas wat maar sal RSVP al is dit nou maar oud soos baie sal sê en as ek sê ek gaan daar wees, dan is ek daar. Dit gaan nie oor die ouers nie maar oor `n kind se hart wat so broos is. Jammer vir die mamma wat haar kind so moes sien, maar dankbaar vir die familie wat sy kon bel om die dag te red. Ek nooi maar altyd familie, ja om seker te maak daar is maikies maar omdat familie altyd nodig is en mekaar moet ondersteun. Ek is baie dankbaar vir my familie en my skoon-familie.

riana ·

sluit aan by die Voortrekkers dan sal jy nooit weer sonder n maatjie wees.

Lee ·

Ek voel baie sleg vir die seuntjie, maar kon die ma nie maar net die mense n week of 2 voor die partytjie gebel het en te hoor wie kom en wie nie? Sy kon toe dan al sien dat niemand ge rsvp het nie. N dag voor die partytjie moes sy mos al besef het dat niemand gaan opdaag nie. nou plaas sy n foto van die kind en verneder hom verder.

ekke ·

Nonsens,
in die ou dae het ‘n onpersoonlike uitnodiging soos RSVP nie bestaan nie. Almal het die moeite gedoen om jou persoonlik te bel en uit te nooi wat in elk geval baie meer spesiaal as ‘n whatsap of iets dergliks is. Ag, net my beskeie ou opinietjie. Groetnis

ekwilweet ·

Kon dit nie beter gesê het- Ekke. Presies. Die arme kind het dalk nooit eers die uitnodigings uitgedeel nie. As ek hy was sou ek ook nie. Hys nuut in n skool en skaam… en die ma het sekerlik die uitnodigings vir hom gegee om vir sy “maats” te gee.

zoom zoom ·

Ek het gedink RSVP staan vir reel self vir parkeering dit is hoekom ek nie parties bywoon nie

ekwilweet ·

Die arme kind. Sy ma is sy grootste probleem. Kom ons begin by die kind se naam… Mahlon… daar begin die spottery. Dan tuisonderig… die kinders in sy klas wonder seker wat fout is met hom… hoekom kon hy nie al van die begin af in n skool gewees het nie… het hy broers en susters- nee- so hoe kan die ma vir haar kind n partytjie reel voor hy nog nie kans gehad het om te sosialiseer met ander kinders sy ouderdom. Dan plaas sy als nog op sosiale media. As ek n kind was skaam ek my dood… word n groot rebel as n tiener.. verander my belaglike naam en trek by die huis uit. Dan reel ek wilde partytjies waar die tema van my partytjie nie “the wimpy kid is”.

Grietjie ·

Genugtig – wat se swak kommentaar om te lewer…die kind se naam is ‘n probleem??? Regtig??? Kry ‘n lewe…jy is erg agterlik…

Grietjie ·

Niks maak my so warm onder die kraag soos onopgevoede mense nie en dan dra hulle nog hierdie hondswak maniere oor na hulle kinders soos 2 v die ma’s hierbo. Ek reel baie funksies, dis kos soms tot R500 per kop en òf die mense RSVP en daag nié op nie of mense daag op wat nie geRSVP het nie.

Ek het besef RSVP is te ‘n groot begrip vir die gemiddelde Suid Afrikaner…nou maak ek wragtig ‘n JA en ‘n NEE blokkie…ons spandeer dae op die foon om die RSVP’s op te volg wat mense nié antwoord nie & toe skel ‘n msn my nou die dag uit omdat ek te dikvellig is, om nie die boodskap te kry dat hy nie na ‘n funksie toe kom nadat hy NIE geRSVP het nie. Terloops hierdie A inkomste groepe MENERE…maar nou ja geld koop ook nie klas nie.

Baie jammer vir hierdie seuntjie…maak nie saak hoe oud mens is nie, dis bitter erg as mense nie opdaag sonder taal of tyding nie…

CQ ·

Jammer maar my mening is….
1. Ouers maak n TE groot issue van kinderpartytjies…. om partyplanners te reel…? Vir n KINDERPARTY??
2. As niemand RSVP nie dan SMS jy die ouers en VRA!!
3. Jy neem nie Jannie JammerBal fotos van jou hartseer kind ALLEEN by die partytjietafel nie!!
4. My kinders nooi NET 2 OF 3 maats wat hulle graag WIL nooi. Dis hulle dag en ek gaan hulle nie dwing om hele dorp te nooi nie…. ekt ieg nie genoeg geld nie….
5. My kinders word GELEER dat ander maats jou dalk nie nooi nie omdat hulle ouers dit nie kan bekostig nie. (Ons leer ons kinders dat partyjies kos geld. Persente kos geld. Goed val nie uit die hemel uit nie……)
En ook dat miskien hou die maatjie nie van jou nie. Dis sy/ haar volste reg om jou nie te nooi nie – dis deel van grootword. Deel vd lewe.

Johanna ·

CQ Jy slaan die spyker op Di kop. Ouers spaar daai duur partytji geld vir julle kinners s studies!!

Bertus ·

Dankie…dis 100% waar. Ek stem. Daar word teveel geld oo partytjies gemors, maak die kind se dag spesiaal met sy ouers en familie. Res is net ondankbaar….

Uvonka ·

CQ, ek stem 100% saam met jou. Kinderpartytjies het af-show geleenthede geword in my opinie. LMGA, Jannie Jammerbal, hilarious!!!!!

Believe ·

Belaglik waarheen ons samelewing op pad is. Wat is volgende hoofnuus? Man in trane toe seun nie opdaag vir sy eerste onderhoud nie! Dit is wat ons ons kinders leer. Niemand het tyd vir kinderpartytjies nie. Kom oor dit fokus eerder waaroor verjaarsdag eintlik gaan en herinner eerder julle kinders aan God wat hulle gemaak het en dat jy ‘n doel op aarde het eerder as balonne opblaas en kyk wie koop duurste geskenk!! Hierdie artikel is net om die blad vol te maak shocking maroela!!! Shocking!!

Mad ·

stem. ek dink ook hierdie mamma is aandag-verslaaf op sosiale media en verneder haar kind net meer deur dit te versprei.

Chris ·

Al raad wat ek het met mense wat nie die ordentlikheid het om jou te laat weet of hy/sy gaan opdaag nie is eenvoudig. Stuur vir die persoon ‘n rekening. Dit is die koste wat ek aangegaan het en jy was nie daar nie. Dit werk. Daag nie by ‘n doktersafspraak op nie en sien wat gebeur.

Jd ·

Selfs al word daar ge RSVP beteken dit nie hulle kom. In alle geval die hele storie lyk gestage

Ouvrou ·

Of jy kan dien wat ek gedoen het. Stap by die kinders d se klas in en sê julle het almal ‘n uitnodiging gekry. Ek wil teen vanaand weet wie kom. Teen 18h00 het ek al ‘n hele klomp olroepe van ma’s gekry! Die geheim is- klink soos ‘n juffrou (die juffrou was nie in haar klas nie en dit was die einde van die dag. Toe gryp ek die geleentheid)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.