Dis nie die prys van die ring wat saak maak nie…

Ariel Desiree McRae spog met haar trouringe op Facebook

Ariel Desiree McRae spog met haar trouringe op Facebook

ʼn Bruid se foto’s op Facebook van haar “goedkoop” trouringe word wyd op sosiale media gedeel, veral oor die boodskap wat sy daardeur wou oordra.

Ariel Desiree McRae van Tennessee in die VSA het ʼn foto op sosiale media gepubliseer van die twee ringe, ter waarde van $130 (ongeveer R1 800) wat sy by haar man, Quinn, gekry het.

“My man het nie baie nie, nie een van ons het baie nie. Ons raap en skraap maar om die rekeninge te betaal en kos in ons maag te kry,” het sy geskryf.

Die paartjie het geld gespaar om twee bypassende sterling-ringe te koop.

“Dit is wat op my ringvinger is, en daarom is ek so dol daaroor,” voeg sy by.

Ariel het verduidelik ʼn verkoopspersoon by die winkel het egter opgemerk: “Kan julle glo sommige mans koop dié ringe as verloofringe? Hoe pateties.”

Quinn was dadelik teleurgesteld oor die vrou se opmerking, maar Ariel het vinnig reageer: “Ek sou met hierdie man getrou het al was dit ʼn 25 c-lekkergoedmasjienringetjie.”

Ariel se plasing op Facebook het soos ʼn veldbrand versprei en toe persone in die kommentaar die vrou se opmerking bevraagteken, het sy bygevoeg: “Ek wil net iets sê vir almal wat dink dis vals wat die vrou gesê het. Sy het ook gesê haar kêrel het reeds $30 000 gespaar vir haar ringe, en hy het nou maar eers begin.”

Ariel en Quinn is in die hof getroud. “Hier is ek. In die hof getroud met my $130-ringe en die liefde van my lewe langs my. Ek is gelukkiger as wat ek my ooit kon verbeel.”


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lorett Brittnell

Dis sommer bog. Het 26jr gelede getrou sonder ‘n verloofring, net ‘n troupand en is vandag nogsteeds met my man getroud en bling nogsteeds nie.

Chanty

Ek stem. Dit gaan nie oor die ring nie.. Dit gaan oor wat binne in daardie man se hart is en hoe hy sy vrou op sy hande dra… en haar met opregte liefde oorlaai.. geld en bling bling bring nie die geluk in n huis soos wat ware liefde, opregtheid en vertroue doen nie.. well done julle 2 tjies.. mag jul nog 100de gelukkige jare saam he!!!

Annie

My ring was R8000 en ek sou my man even getrou het al was dit net n plastiek ringetjie of even n ring van ogies draad. Want ons liefde vir mekaar is al wat vir my saak maak nie hoeveel hy kan uitgee op juwele nie

Annatjie Kruger

R169 vir twee ringe 52 jaar terug was baie duur. Toe ek 41 jaar gelede begin werk het was my salaris R175 per maand. Dit beteken dat daardie ringe amper my hele maand se salaris was. Moontlik sou die ringe selfs duurder wees teen daardie tyd. Ek was 8 jaar oud toe C.Simpson getroud is en ek reken dat teen daardie tyd was my pa se salaris (hopelik) in die omgewing van R169. En as ‘n mens dink dat Ariel en haar man se ringe R1800 gekos het is dit tog ook nie sooooo goedkoop nie. Ek weet daar is… Lees meer »

Sarel Strydom

Vir hulle gan dit nie om maatriale dinge nie,dit is duidelik. Jammer dat sommige mense soveel aandag gee aan materiele dinge soos die duurste ringe, duurste uitrustings en die deftigste onthale.